Bladsy 1 van 1212310...Laaste »

Argief vir die 'Ekonomie' Kategorie

Laer belasting sal vermyding verlaag

Minister Pravin Gordhan het vandeesweek sy kommer daaroor uitgespreek dat talle maatskappye hul hoofkantore verskuif ter wille daarvan dat hulle minder belasting aan die Suid-Afrikaanse owerhede kan betaal, ten spyte daarvan dat baie van hul bedrywighede in Suid-Afrika plaasvind. Gordhan het gewaarsku dat die negatiewe boodskappe oor Suid-Afrika wat deur “opposisiepartye, analiste en die media” uitgestuur word, hierdie tendens van belastingvermyding versterk. Lees verder ‘Laer belasting sal vermyding verlaag’

Koolstofbelasting – mag mense nie self kies nie?

'n Optog teen koolstofbelasting in Australië

Die Nasionale Tesourie het op 2 Mei ʼn nuwe besprekingsdokument oor beoogde ‘koolstofbelasting’ wat in 2015 in werking sal tree, bekendgestel. Luidens die besprekingsdokument is die oogmerk van die koolstofbelasting om mense se toekomstige gedrag te beïnvloed en nie om meer geld vir die staatskas te in nie.

So ʼn stelling behoort ʼn mens onmiddellik snuf in die neus te gee. Dit is ietwat ongeloofwaardig vir ʼn belastinggaarder om te sê dat hy nie regtig belasting wil insamel nie… Tweedens behoort belasting neutraal te wees in die sin dat dit nie mense se keuses van wat om te verbruik, waarin om te belê, waar om te woon, hoe om te handel, ensovoorts, affekteer nie.
Lees verder ‘Koolstofbelasting – mag mense nie self kies nie?’

Belastingverligting slegs oëverblindery

(Hierdie artikel is ‘n uittreksel uit die Solidariteit Navorsingsinstituut se jongste Arbeidsmarkrapport. Lees die volledige Arbeidsmarkrapport by hierdie skakel.)

Soos al gebruiklik geraak het, het die minister van finansies, Pravin Gordhan, in sy nasionale begrotingstoespraak in Februarie aangekondig dat daar in die huidige belastingjaar belastingverligting vir persoonlike inkomstebelastingbetalers sal wees. Die presiese aanhaling is: “In the 2013/14 fiscal year, personal income tax relief of R7 billion is granted.”

Die grootste groep betalers van persoonlike inkomstebelasting is werknemers, vir wie so ʼn aankondiging op sigwaarde na ʼn welkome blaaskans kan lyk. Die term “belastingverligting” impliseer tog dat minder belasting betaal sal word. In werklikheid is dit oëverblindery. Lees verder ‘Belastingverligting slegs oëverblindery’

Indiensname nog nie terug by vorige vlakke nie

Die jongste syfers toon dat Suid-Afrika nog nie weer die vlakke van indiensname bereik het wat voor 2009 se resessie behaal is nie. Hoewel daar oor die afgelope drie jaar wel ʼn geleidelike toename in indiensname was, is daar steeds ʼn agterstand wat ingehaal moet word. Die groot probleem bly steeds struktureel van aard, soos dat die opleiding- en vaardigheidsvlakke van ʼn baie groot deel van Suid-Afrika se bevolking nie op ʼn goeie peil is nie, tesame met faktore soos die voortslepende onsekerheid oor die beskikbaarheid van voldoende elektrisiteit.
Lees verder ‘Indiensname nog nie terug by vorige vlakke nie’

Hoër prys bied blaaskans vir (sommige) platinummyne

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die prys van platinum het die afgelope ses maande vir die eerste keer sedert die begin van 2010 noemenswaardig gestyg – sowat 20%. Dit bied ʼn welkome blaaskans vir die bedryf in die algemeen en spesifiek vir sommige marginale myne. Die prys wat vir twee en ʼn half jaar (Januarie 2010 tot Augustus 2012) naastenby konstant op ongeveer R12 000 per ons was, het platinumprodusente onder groot druk geplaas.
Lees verder ‘Hoër prys bied blaaskans vir (sommige) platinummyne’

Brandstofpryse waarskynlik stabiel in April

Ten spyte van die hoër heffings op brandstof wat in Februarie se begrotingstoespraak deur Pravin Gordhan, die minister van finansies, aangekondig is, sal petrol- en dieselpryse waarskynlik met slegs enkele sente op 3 April styg of daal. Dit is te danke aan laer internasionale petroleumprodukpryse, wat die effek van die hoër heffings, asook die effek van die swakker rand, min of meer sal uitkanselleer.

Die departement van energie sal, soos gewoonlik, omstreeks 13:00 op die Vrydag voor die eerste Woensdag van die maand die finale aankondiging maak. Die situasie is vandeesmaand meer gekompliseerd as gewoonlik, aangesien drie verskillende heffings op brandstof verander sal word, en daar ook moontlik provinsiale verskille kan wees. Lees verder ‘Brandstofpryse waarskynlik stabiel in April’

Bladsy 1 van 1212310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube