Gepubliseer .
Hierdie artikel se doel is net om ’n klip in die bos te gooi oor sekere stellings wat dikwels oor Suid-Afrikaners se lae spaargeneigdheid gemaak word.
Dat Suid-Afrikaners nie juis tot spaar geneig is nie, word nie betwis nie. Die hele ekonomie se spaarkoers bly jaarliks maar in die omgewing van 16% van die bruto binnelandse produk. Hoewel hierdie vergelyking nie sonder probleme is nie, behoort dié syfer tog veel hoër – nader aan 25% – te wees. Dit is waar dit in die 1970’s was. Hierdie spaarkoers daal egter al sedert die vroeë 1980’s. Suid-Afrikaanse huishoudings (ondernemings uitgesluit) as geheel is al sedert 2006 besig om te ‘ontspaar’ – hul spaargeld word jaarliks minder in plaas van meer.
Daar is verskeie redes waarom mense geneig kan wees om nie te spaar nie. Lees verder ‘Hoeveel spaargeld is te min?’
Gepubliseer .
Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse arbeidsmagpeiling wat vandeesweek bekendgestel is, het die hoop op ’n volgehoue styging in totale indiensneming in Suid-Afrika verydel. Ná die skerp daling in 2009 tydens die resessie het vlakke van indiensneming, ten spyte van ’n oplewing in ekonomiese groei, vir twee jaar feitlik konstant gebly. In die derde kwartaal van 2011 was daar egter ’n rekordstyging, met nog ’n styging in die vierde kwartaal. In die eerste kwartaal van 2012 het die aantal werkende mense egter weer met 75 000 teruggesak.
Lees verder ‘Eerste kwartaal se werksyfers stel teleur’
Gepubliseer .

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se leidende aanwyser vir ekonomiese aktiwiteit het in Februarie die sywaartse tendens van byna twee jaar voortgesit. Die indekssyfer van 134,4 is slegs sowat 2% hoër as April 2010 se vlak van 131,8.
Die aanwyser is ʼn samestelling van 12 verskillende veranderlikes wat aandui wat waarskynlik in die toekoms met die Suid-Afrikaanse ekonomie sal gebeur. Lees verder ‘Leidende aanwyser beweeg steeds sywaarts’
Gepubliseer .
Petrolpryse bly ʼn omstrede kwessie. Talle algemene vrae hieroor is al hier in vorige artikels beantwoord. ʼn Besonder praktiese vraag wat egter nog nie beantwoord is nie, is: Hoeveel geld moet ek in my begroting opsy sit vir brandstof?
Aangesien fluktuasies in brandstofpryse hoofsaaklik deur veranderinge in die rand/dollar-wisselkoers en internasionale pryse van petroleumprodukte veroorsaak word, is dit moeilik om ʼn presiese antwoord op hierdie vraag te verskaf. Skattings, wat as ʼn begrotingshulpmiddel kan dien, kan egter in ʼn breë band gemaak word.
Lees verder ‘Begroot vir petrol van R9 tot R13 per liter’
Gepubliseer .
(Hierdie artikel is ʼn vervolging van verlede week se artikel wat hier beskikbaar is.)
Mense se onwilligheid om te glo dat kospryse gedaal het, spruit uit verskillende foute wat maklik begaan kan word.
Iemand wat tussen die winkelrakke loop en verwag om stygende pryse te sien, is daartoe geneig om slegs na die produkte met stygende pryse op te let. Die produkte waarvan die pryse dieselfde gebly of gedaal het, word dan maklik misgekyk. Die verwagting van stygende pryse word dan “bevestig” deur die waarneming, maar die waarneming word uit die staanspoor skeefgetrek deur die verwagting.
Lees verder ‘Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 2)’
Gepubliseer .
In die afgelope tyd was daar lesersbriewe in minstens twee van Suid-Afrika se groot dagblaaie oor wat die lesers as foutiewe beriggewing deur die koerante beskou het. Eers het iemand in Business Day (“Hard to stomach”, 26 Maart 2012) en daarna het ʼn leser in Beeld (“Skrywer sê kospryse daal: Hy jok mos!”, 27 Maart 2012) gekla.
Die kern van hierdie twee lesers se klagtes is dat die koerante, in hul berigte oor Februarie se inflasiesyfers, wat op 22 Maart vrygestel is, verkeerdelik berig het dat kospryse van Januarie tot Februarie gedaal het. Die leser van Business Day het aangevoer dat die koerant in plaas van “food prices drop” eerder moes gesê het “food-price inflation drops”. Die leser van Beeld is met “skok en afgryse” vervul oor die “onwaarheid” dat Beeld gesê het dat kospryse daal.
Lees verder ‘Kospryse het werklik in Februarie gedaal (deel 1)’