Bladsy 1 van 4123...Laaste »

Argief vir die 'Algemeen' Kategorie

Rusteloos

Ek hou niks daarvan om rusteloos te voel nie. Tussen die boom en die bas – of nog beter gestel: Tussen die duiwel en die diep blou see.

Sondag was só ʼn dag vir my.

Soekend, dwalend, ongedurig.
Lees verder ‘Rusteloos’

Volgens die resep

Vanoggend kry ek ʼn resep per e-pos. Sommer net.

Sommige mense hou mos daarvan om resepte uit te deel. “Jy móét hierdie resep probeer!” is baie keer die woorde wat daarmee gepaard gaan.

Partykeer verras ʼn resep jou en ander kere kom dit nie heeltemal uit soos jy gehoop het nie. Baie resepte lyk lekkerder as wat hulle is (veral in tydskrifte). Soms flop die resep omdat al die bestanddele of stappe nie bygevoeg is nie.

Is dit nie maar so met ons lewens ook nie? Ander mense deel graag resepte uit oor hoe jy jou lewe moet lei of jou kinders moet groot maak. Hulle wil jou voorsê – want hulle weet mos watter resep werk. Lees verder ‘Volgens die resep’

Trou is nie perdekoop nie

Ek is nou al ʼn jaar en ʼn paar dae getroud. (Ja-ja, dit is nie baie lank nie, ek weet.)

Dit is wonderlik om jou lewe met jou ander helfte te deel. Dit is wonderlik om ʼn maat te vind wat in alle opsigte reg is vir jou. Dit is ʼn voorreg waarvoor mens nie genoeg kan dankie sê nie.

Lees verder ‘Trou is nie perdekoop nie’

Oorwinnaar of verloorder

Ek hou baie van die realiteitsreeks, Survivor. Dit is interessant om te sien hoe elke speler die spel benader en waartoe party mense in staat is. Daar is veral in die nuutste reeks een ou wat van die begin af baie goed gespeel het. Hy het almal belieg en gemanipuleer.

Ja, dit is net ʼn speletjie… maar baie mense doen presies dieselfde dinge in die regte lewe.

Hulle steek mekaar in die rug. Hulle lieg blatant. Hulle manipuleer mense soos wat dit hulle pas. Lees verder ‘Oorwinnaar of verloorder’

Die waarheid maak seer

Ek wens mense wil sê wat hulle bedoel en bedoel wat hulle sê.

Is dit te moeilik?  Is dit te veel gevra?

Wanneer mense voorgee om iets te wees wat hulle nie is nie, kan dit my soms verstom.  Veral as hierdie mense maak of hulle soos jy voel, al voel hulle glad nie dieselfde nie.

Lees verder ‘Die waarheid maak seer’

Teleurstellings

Wanneer ons teleurstelling ervaar, kan dit ons soms so afgehaal laat voel. Ons voel platgeslaan en sukkel om weer koers te kry.

Ons tob daaroor.

As dinge uitwerk, kla ons tog nie? As dinge egter nie in ons guns uitwerk nie, wil ons altyd weet:  Waarom nie? Lees verder ‘Teleurstellings’

Bladsy 1 van 4123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube