Gepubliseer .
Ons almal ken Nicolas Chamfort se aanhaling, “Die mees verspilde dag is wanneer ons nie een keer gelag het nie.”
Iemand het eenkeer vir Henriëtta Gryfenberg gevra waarom sy altyd vir haar eie grappe lag. Sy het geantwoord: “Want dis die eerste keer dat ek dit ook hoor!”
Die lekkerste lag is die een wat sommer so in jou keel opborrel dat dit uitbars soos ʼn damwal wat breek. Sommer so ʼn onverwagse lag.
Navorsing beweer dat “ʼn lag ʼn dag die dokter laat wag”!
Lees verder ‘Komaan, lag ‘n bietjie!’
Gepubliseer .
Ek sal graag ter see begrawe wil word. My familie en vriende kan ʼn piekniekmandjie pak, en op die oewer van ʼn rivier of op die strand uitspan. Hulle kan stories oor my vertel, my grappies herhaal en dan my liggaam op ʼn vlot op die water laat vaar. Met ʼn vuurpyl kan hulle seker maak dat my oorskot tot niet sal gaan.
My swaer reken dit klink na vet pret, hy’s net besorg wie handig genoeg gaan wees om die pyl te lanseer.
Lees verder ‘‘n Koppelteken lank’
Gepubliseer .
As dogtertjie was ek altyd verstom oor my ma se skoenerak. Daar was rooies en bruines en swartes en groenes en beiges. Daar was vales en blinkes en party het oop tone gehad en party het hoë hakke gehad. Sommiges was sommer net vir slons by die huis, en ander het sy aangetrek wanneer hulle na ʼn grênd funksie toe gegaan het. Party het sy nooit eers gedra nie. Sy was nog nie Imelda Marcos nie, maar daar was altyd baie.
Ek kan onthou dat my Pa nooit met my Ma se skoenrekening beïndruk was nie, maar steeds het sy nie ophou koop nie…
Lees verder ‘Te veel goeters?’
Gepubliseer .
Mense sê dat optimistiese mense na ʼn halwe glas water kyk en dink dat die glas half vol is.
Ek was altyd onder die indruk dat die grootste verskil tussen optimistiese en pessimistiese mense slegs hul lewensbeskouing was. Maar ek het onlangs uitgevind dat daar ook ʼn groot verskil is hoe hulle geld spandeer.
Lees verder ‘Voor jy weet of die henne van die haan hou’
Gepubliseer .
Ek sien president Zuma het ʼn nuwe presidensiële woordvoerder aangestel.
Dit moet darem lekker wees as iemand namens jou kan praat. Dink net – jy hoef nooit weer ʼn ongemaklike gesprek met iemand te hê nie. Jy hoef nie meer verskonings uit te dink as jy dalk ʼn uitnodiging vir een of ander rede van die hand wil wys nie.
Lees verder ‘Ek wil ook ‘n woordvoerder hê!’
Gepubliseer .
“Do one thing every day that scares you.”
Hierdie woorde van Eleanor Roosenvelt het my al verskeie kere aangemoedig. Dit herinner my om elke dag seker te maak ek ‘leef’ – dat ek nie net besig is om te ‘bestaan’ nie. William Wallace het gesê: “Alle mense gaan dood, maar nie alle mense leef nie.”
Mense is alewig op soek na ʼn kuur om jonk te bly – kyk maar na Riaan Cruywagen of wyle Chris Barnard. Ek het die kuur gevind!
Lees verder ‘Alewig jonk’