Bladsy 3 van 129« Eerste...23410...Laaste »

Outeur Argief vir Reint DykemaBladsy 3 van 129

Almal is boos behalwe Malema

 

Noudat Julius Malema en sy trawante in die ANC-Jeugliga op die agtervoet is weens Malema se “geheime trust” het hul besluit om ‘n mediaverklaring uit te reik. Hierin word Malema se ellende toegedig aan Naspers, die Ruperts en ook AfriForum. Ek kan verstaan dat hul nie lief is vir AfriForum wat die “Stop Malema” veldtog voer, vir Malema hof toe gesleep het vir haatspraak en ‘n klag by die SAPD ingedien oor Malema se korrupsie bedrywighede.

  Lees verder ‘Almal is boos behalwe Malema’

Was jy daar?

Vandag het ek ‘n foto geneem van ‘n “rat pack” houtboks se deksel wat generaal Arnaldo Ochoa van Kuba aan generaal Jannie Geldenhuys gestuur het. Die foto maak deel uit in een van die stories in die boek: “Ons was daar. ‘n Boek met die herinneringe van die wenners van die oorlog om Suider-Afrika”wat saamgestel word deur generaal Geldenhuys en wat uitgegee gaan word deur Kraal. Wat vir my werk in die foto is die skrif wat vermeng met die kleur van die hout. Enkele maande na die gebaar is generaal Arnaldo Ochoa dan ook in Kuba deur Fidel Castro tereggestel weens sy aandeel in die Kubaanse oorlogspoging wat nie die mas opgekom het teen die SADF nie.

Natuurlik het die Kubane dan hul eie spin gesit op die teregstelling.

Lees verder ‘Was jy daar?’

Hoekom staak werkers?

Solidariteitlede wat deelneem aan die steenkoolstaking van 2007

 

Stakings is nou in  die orde van die dag in Suid-Afrika. Hierdie periode van jaar word selfs die “stakingsseisoen” genoem. Net sodra die een staking beëindig word klop die volgende een aan die deur.   Lees verder ‘Hoekom staak werkers?’

Hoe groot is jou droom?

 

Elke persoon het sy eie droom en doelwitte in die lewe. Net so het organisasies drome wat gewoonlik verwoord is in ʼn visie en missie. Vandag het ek weer besef drome kan bereik word toe ek die volgende prestasie van die atleet Oscar Pistorius lees: “Oscar “Blade Runner” Pistorius will be permitted to run the 400m in both the Olympics and World Championships as he clocked 45.07 seconds in Ligano, Italy last night, 0.18 seconds inside the required qualifying time. With that, he becomes the second-fastest 400m runner in South Africa this year (behind LJ van Zyl). His time would have put him fifth if he had run the 2008 Olympics 400m final in Beijing”.

  Lees verder ‘Hoe groot is jou droom?’

Algemene uitnodiging – Helpende Hand Kongres

 


Solidariteit Helpende Hand hou op 9 Augustus 2011 ʼn vrouekongres in Bloemfontein.
Tydens hierdie kongres gaan eretoekennings oorhandig word aan Afrikaner vroue wat gedurende die 20ste eeu ʼn uitmuntende bydrae tot die ontwikkeling van die Afrikanererfenis op kulturele, geestelike en maatskaplike vlak gelewer het.

Lees verder ‘Algemene uitnodiging – Helpende Hand Kongres’

White man you are on your own – Boitumelo Senokoane

Ek lees deur die toespraak van Boitumelo Senokoane wat in Beeld gepubliseer is onder: ‘Wittes se isolasie is hul eie skuld’ Hy is ‘n dosent in teologiese etiek by Unisa. Ek weet nie mooi wat dit beteken nadat ek deur sy toespraak is nie. Wat ek wel weet is dat ons nie op dieselfde papier is nie al bly ons albei in Suid-Afrika.

Luister na van sy aanhalings. Luister na AfriForum se reaksie.

  Lees verder ‘White man you are on your own – Boitumelo Senokoane’

Bladsy 3 van 129« Eerste...23410...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube