Bladsy 10 van 129« Eerste...9101120...Laaste »

Outeur Argief vir Reint DykemaBladsy 10 van 129

Motala-mediaverklaring: Solidariteit kap terug

 

Aurora gaan likwidasie-aansoek teenstaan

Die Pamodzi Ndlovu skag in Springs

Die vakbond Solidariteit het vandag op 14 aantygings en wanpersepsies wat deur die afgedankte Pamodzi-likwidateur, Enver Motala op 30 Mei in ʼn verweer-mediaverklaring bekendgemaak is, reageer. Solidariteit het ook ‘n brief aan die oorblywende Pamodzi-likwidateurs  gestuur.

Lees: Solidarity’s reaction on Enver Motala’s statement

Die Ndlovu skag nadat dit gestroop is deur Aurora.

  Lees verder ‘Motala-mediaverklaring: Solidariteit kap terug’

AfriForum Jeug stel tribunaal vir politieke leiers voor

 

ʼn Tribunaal moet politieke leiers monitor om rassistiese en verdelende uitsprake, onetiese gedrag en misbruik van publieke posisies te bekamp, het AfriForum Jeug vandag gesê in reaksie op die steun wat Stella Ndabeni, ANC-LP en lid van die ANC-jeugliga, in die parlement gewerf het vir die regulering van drukmedia in Suid-Afrika.

  Lees verder ‘AfriForum Jeug stel tribunaal vir politieke leiers voor’

Mushwana moet bedank as MRK-voorsitter en OB moet Oilgate herondersoek, vra AfriForum

 

 

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het gevra dat adv. Lawrence Mushwana as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) moet bedank na aanleiding van die appèlhof se verdoemende uitspraak dat die Openbare Beskermer (OB), destyds adv. Mushwana, se ondersoek na die Oilgate-skandaal so halfhartig en oppervlakkig was, dat dit daarop neerkom dat hy hoegenaamd geen ondersoek gedoen het nie.  Vyf appèlregters het saamgestem dat die OB se sogenaamde ondersoek ter syde gestel moet word, aangesien die aangeleenthede nie eens ondersoek is nie.  AfriForum sal ook die huidige OB, adv. Thuli Madonsela, vra om ʼn nuwe ondersoek na die Oilgate-saak te loods.

  Lees verder ‘Mushwana moet bedank as MRK-voorsitter en OB moet Oilgate herondersoek, vra AfriForum’

CMVO decides to fight new proposed Military Veteran Definition

At an emergency meeting held by the CMVO Executive committee in Pretoria this afternoon it was decided that the CMVO would challenge the new proposed definition of a Military Veteran in court if necessary. As this is in the national interest, other organisations were invited and it was decided that the civil rights group, AfriForum would assist the CMVO in any future legal challenge. It was also decided to mobilise public support through a petition and that letters would be written to the Ministry of Defence and Military Veterans and the Parliamentary Portfolio Committee in which it would be indicated that the proposed definition is unconstitutional.

Lees verder ‘CMVO decides to fight new proposed Military Veteran Definition’

Grondwetlikheid van Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting moet ondersoek word

 

AfriForum het vandag in ʼn skrywe aan Cecil Burgess, voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee wat die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting oorweeg, versoek dat die wetsontwerp terug verwys word na die departement van staatsveiligheid. Dié departement sal volgens AfriForum eers alle ongrondwetlike bepalings uit die betrokke wetsontwerp moet verwyder voordat daar voortgegaan kan word met die proses om dit in die parlement deur te voer.

Lees verder ‘Grondwetlikheid van Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting moet ondersoek word’

Julius Malema sal weer gekies word as ANCYL president

 

 

Op 16 Junie hou die ANC-Jeugliga (ANCYL) ʼn verkiesing vir ʼn nuwe president. In die media is hieroor al ‘n groot bohaai gemaak dat die huidige president naamlik Julius Malema dalk uitgeskop gaan word. Hiervan sal egter dadels van kom. Die uitdager Lebogang Maile se volgelinge glo hy het ‘n kans teen Malema.

  Lees verder ‘Julius Malema sal weer gekies word as ANCYL president’

Bladsy 10 van 129« Eerste...9101120...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube