Bladsy 1 van 12912310...Laaste »

Outeur Argief vir Reint Dykema

Die ANC-pot van verdeeldheid kook oor

Resepte word uitgedeel

Neem een week se artikels waarin die ANC genoem word. Roer die brousel en stook dit verder met nog artikels en jy het: Die ANC pot van verdeeldheid.

  Lees verder ‘Die ANC-pot van verdeeldheid kook oor’

Nou vir die doodskoot vir die tolhekke

Bou of breek ?

Toe die tolhek bohaai begin het, het ek die volgende blog geskryf: Tolhekke kort ʼn dosis stille protes. My advies was soos volg: “Indien niemand die sogenaamde e-tag koop of registreer waarop die tolhekke funksioneer nie gaan daar ʼn probleem wees.” Dit is nou amper ʼn jaar verder en die Gauteng-tolhekke se wiele is besig om af te val. Die gebruik daarvan kan nie geïmplementeer word nie want skaars 5% van die padgebruikers het geregistreer met die sogenaamde “e-tag”. Dit is 213 000 motoriste uit ‘n geskatte 2.2 miljoen.

Lees verder ‘Nou vir die doodskoot vir die tolhekke’

Waarheen is studente oppad?

Philip Minnaar, die hoof (waarnemend) van Sol-Tech

 

Gister het ek die 2012 opening van Sol-Tech bygewoon. ʼn Geleentheid wat ek elke jaar bywoon en afneem. Ek het die bywonings gevolg waar dit gedoen is in werkswinkels wat nog nie voltooi is nie tot vanjaar in Hoërskool Tuine se skoolsaal. Vandag  in die nuus  is dat ʼn persoon dood is toe voornemende studente probeer registreer het by die universiteit van Johannesburg. Verlede jaar was die registrasie by die instansie ook chaoties.

Een van die beste raamwerke oor waarheen studente oppad is het ek dan  gister gehoor by Philip Minnaar die hoof (waarnemend) van Sol-Tech met die opening. Sonder om doekies om te draai het hy studente en ouers daarop gewys dat die regte keuses betyds gemaak moet word. Volgens Minnaar staan studente aan die begin van ʼn loopbaan. Dit is soos om ʼn lang reis te onderneem.

Lees verder ‘Waarheen is studente oppad?’

Garry Kasparov wen 26 – 0.

 

Dr Mathole Serofo Motshekga kyk na Garry Kasparov se volgende skuif. Langs Motshekga sit sy brein Kgaugele Mosetlhe en langs hom is Katlego Danke vir wie Mosetlhe ook “gedink” het.

Die hoogtepunt van Garry Kasparov se besoek aan Suid-Afrika was ‘n simultaan waarin hy deelgeneem het by die Sci Bono sentrum in Newton Johannesburg. Kasparov het teen 28 spelers gelyktydig gespeel. Hiervan het hy 26 spelle gewen en twee het gelykop geëindig. Een hiervan was teen Dr Mathole Serofo Motshekga , die ANC se hoofsweep in die parlement. Die spel en die van Katlego Danke, ‘n sepiester in Generations is in omstredenheid gedompel toe Garry Kasparov hulle uitgevang het dat hy eintlik teen  Kgaugelo Mosetlhe die 11de beste speler in Suid-Afrika gespeel het. Lees verder ‘Garry Kasparov wen 26 – 0.’

AfriForumkonsert 2011

Soos altyd was dit ʼn lekker dag by die Voortrekkermonument met AfriForum se jaarlikse musiekkonsert. Hier is my gunstelinge.

Lees verder ‘AfriForumkonsert 2011′

Garry Kasparov besoek Suid-Afrika

 

 

Skaak in Suid-Afrika gaan hernieude belangstelling geniet met die besoek van  Garry Kasparov aan die land oor die naweek. Kasparov word beskryf as die wêreld se beste skaakspeler. Hy is hier as gas van die “Moves for Life”  nie-winsgewende organisasie wat skaak bevorder onder die jeug in Suid-Afrika.

  Lees verder ‘Garry Kasparov besoek Suid-Afrika’

Bladsy 1 van 12912310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube