Outeur Argief vir Piet le Roux

Geen ander gode voor die staat se aangesig

Koos Malan bespreek sy Politokrasie by 'n FAK-simposium verlede week

Koos Malan laat sy lesers lus voel om hul ID-boekies te verbrand. Amper soos wat sommige vrouens vroeër bra’s verbrand het, of miskien meer soos wat mense hul pasboekies onder Apartheid verbrand het.

In Politokrasie: ʼn Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ʼn antwoord daarop sny Malan tot op die been van die staat as “jaloerse God” wat waak oor die lojaliteite van sy onderdane. Met die deeglikheid van die regsman wat hy is gaan hy te werk om velle van die gevestigde gebruike van ons oë te skil. Die siekte, diagnoseer hy, is ons paradigma van staatlikheid.

Lees verder ‘Geen ander gode voor die staat se aangesig’

Nasionalisering: Dit is ʼn ou storie

 

Julius Malema was nie die eerste staatsman om te wil nasionaliseer nie. Om die waarheid te sê, 200 jaar gelede het goewerneur Lord Charles Somerset (ook bekend vir sy verengelsingsbeleid) die Montagu-bank se geldeenheid genasionaliseer.

Lees verder ‘Nasionalisering: Dit is ʼn ou storie’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube