Bladsy 2 van 2312310...Laaste »

Outeur Argief vir Paul JoubertBladsy 2 van 23

Indiensname in die formele sektor – 2008 en nou

Met die #StopAbsa-veldtog wat die kollig op werkverliese plaas, is dit insiggewend om ondersoek in te stel na hoe die arbeidsmark tans daar uitsien vergeleke met 2008, voor die groot werksverliese wat met die resessie gepaard gegaan het.

Een goeie bron van inligting oor die formele arbeidsmark is Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnamesyfers (Quarterly Employment Statistics, of QES). Dit is ʼn opname wat onder werkgewers gedoen word en hoewel dit nie die hele arbeidsmark omvat nie, is die algemene tendense wat in die QES se data voorkom goeie aanduidings van wat in die arbeidsmark aangaan. Die jongste beskikbare syfers is vir die vierde kwartaal van 2011.
Lees verder ‘Indiensname in die formele sektor – 2008 en nou’

Insolvensies, likwidasies en skuldsake daal

Daar is verskeie aanwysers wat die hoeveelheid finansiële druk waaronder individue en maatskappye verkeer, aantoon.. Die drie aanwysers wat hier vertoon word – oor insolvensies, likwidasies en siviele sake oor skuld – het almal oor die afgelope maande verbetering getoon. Hoewel ekonomiese toestande in Suid-Afrika nog vêr van gesond is (mens sou kon argumenteer dat dit nog nooit werklik gesond was nie), is hierdie tendense tog positief.
Lees verder ‘Insolvensies, likwidasies en skuldsake daal’

Die direkte invloed van ʼn laer Eskomverhoging op VPI

Daar is onlangs aangekondig dat Eskom se elektrisiteitstariewe nie meer vanjaar met gemiddeld 25,9% sal styg nie, maar met sowat 16% sal styg. Dit is uit verskeie oorde verwelkom, hoewel talle mense steeds daarop gewys het dat 16% nogtans ʼn baie hoë styging is, veral omdat dit op etlike jare se uiters hoë stygings volg. Dit kan egter tog meebring dat die inflasiesyfer daal. Dit klink dalk vreemd dat ʼn prysstyging die inflasiesyfer kan laat daal, maar dit is tog moontlik.
Lees verder ‘Die direkte invloed van ʼn laer Eskomverhoging op VPI’

Tolgeldverligting en hoër brandstofheffing

In sy jongste begrotingstoespraak het minister Pravin Gordhan aangekondig dat R5,75 miljard uit die staatskas aan Sanral oorgedra gaan word, sodat die Gautengse tolgelde teen ʼn laer vlak ingestel kan word as wat aanvanklik beplan is. In dieselfde toespraak het hy egter ook aangekondig dat die algemene heffing op brandstof (met die heffing vir die Padongelukkefonds uitgesluit) in 2012 met 20c per liter sal styg. Hierdie ekstra 20c per liter geld vir beide petrol en diesel.

Hierdie syfers op sigself is nie baie betekenisvol nie – na afloop van ʼn bietjie ontleding kan meer betekenis daaraan gegee word. Lees verder ‘Tolgeldverligting en hoër brandstofheffing’

Groeiplan se teikens hoër gedwing

Die regering se “New Growth Path” wat in 2010 bekendgestel is, hou voor dat Suid-Afrika se ekonomiese uitset tot en met 2020 met 7% per jaar moet groei. Dit is ʼn ambisieuse teiken, synde dat sulke groei nog nooit op ʼn volgehoue basis in Suid-Afrika behaal is nie. Volgehoue groei in Suid-Afrika is histories nader aan ongeveer 3,5% per jaar. Of dit sommer skielik na 7% verdubbel kan word, kan met reg bevraagteken word.
Lees verder ‘Groeiplan se teikens hoër gedwing’

Die rand is nie die probleem nie

Daar word berig dat die ANC nou met die gedagte van ʼn superbelasting op mynbou speel. Hierdie idee is omstrede en kommerwekkend op sigself – ʼn soortgelyke idee het bygedra tot die val van ʼn eerste minister in Australië – maar dit wat die ANC beoog om met die ekstra belastinggeld te doen, verdien verdere ontleding.

Daar word voorgestel dat die geld in ʼn fonds gestort moet word wat ingespan sal word om die waarde van die rand kunsmatig te laat daal wanneer die regering voel dat die geldeenheid te sterk is. Wanneer buitelanders in Suid-Afrikaanse bates (wat aandele insluit) belê, beteken dit dat die vraag na die rand styg en dus styg die waarde van die rand. Die manier waarop die staat dit kan teenwerk, is deur die aanbod van rande vinniger uit te brei as wat die vraag styg. Dit verg egter baie diep geldsakke om enige hoop van sukses te hê en die gevaar bestaan ook dat spekulante die kans sal aangryp om ʼn vinnige profyt in ʼn tipe “chicken”-speletjie met die staat te maak.

Boonop bestaan daar ook geen sterk bewys daarvoor dat selfs indien die wisselkoers suksesvol en volhoubaar beheer kon word, dit noodwendig op ʼn netto basis positief sal wees vir die ekonomie of selfs vir spesifieke ekonomiese deelnemers nie. Lees verder ‘Die rand is nie die probleem nie’

Bladsy 2 van 2312310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube