Gepubliseer .
ʼn Groot volume handel vind tussen Japan, die wêreld se derde grootste ekonomie, en Suid-Afrika plaas. Die onlangse groot natuurrampe in dié land kan dus ook ʼn invloed op die Suid-Afrikaanse ekonomie hê.
Japan was in 2010 Suid-Afrika se vierde grootste handelsvennoot, ná China, Duitsland en die VSA. Japan voer hoofsaaklik voertuie, masjinerie, optiese toerusting en plastiekware na Suid-Afrika uit. Op ons beurt voer Suid-Afrika hoofsaaklik edelmetale, edelstene, basismetale, minerale, voertuie en hout na Japan uit.
Lees verder ‘SA se handel met Japan’
Gepubliseer .
Die afgelope tyd word die skep van “work opportunities” dikwels bespreek. Die regering kondig gedurig teikens aan dat hulle ʼn sekere aantal werksgeleenthede wil skep teen ʼn sekere datum. Lesers sal moontlik onthou dat die regering in die middel van 2009 aangekondig het dat hulle ʼn teiken van 500 000 werksgeleenthede gestel het, en toe vroeg in 2010 aangekondig het dat die teiken wel by benadering bereik is. Daar was groot skeptisisme daaroor, veral omdat die amptelike werkloosheidskoers, ten spyte van hierdie 500 000 werksgeleenthede, aanhou styg het.
Lees verder ‘EPWP – werksgeleenthede en werk?’
Gepubliseer .
Saam met die onlangse begrotingstoespraak is die jongste gedetailleerde statistiek aangaande die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se invordering van belastinggeld ook bekendgemaak. In dié stel syfers word die oorsprong van die geld wat die Suid-Afrikaanse regering bestee, noukeurig uiteengesit. Alle soorte belasting word gespesifiseer, maar in hierdie artikel word slegs die persoonlike inkomstebelasting van belastingbetalers wat reeds vir die 2009/10-belastingjaar aangeslaan is (sowat 69% van die totaal), bespreek.
Van al die geld wat die nasionale regering in 2009/10 ingekry het, was 98,5% belastinginkomste. Meer as ʼn derde hiervan was persoonlike inkomstebelasting – dit is die grootste enkele bron van belastinginkomste vir die regering, met BTW en maatskappybelasting wat daarop volg.
Lees verder ’30% betaal 80% belasting’
Gepubliseer .
In Januarie se inflasiesyfers wat onlangs vrygestel is, het die kollig vir die eerste keer in ʼn lang tyd weer na voedselinflasie se kant geskuif. Deur die loop van 2010 was die gemiddelde jaar-tot-jaar voedselinflasie sowat 1,4%, maar in Januarie het dit meer as verdubbel tot 3,1%. Dit is weliswaar nog nie ʼn kommerwekkende syfer nie, maar die potensiaal bestaan dat dit in die komende maande verder sal versnel.
In ʼn vorige artikel is dit duidelik gemaak dat kospryse, ten spyte van lae inflasie oor die afgelope jaar, steeds op ʼn hoë vlak is teenoor ʼn paar jaar gelede.
Lees verder ‘Voedselinflasie tel weer spoed op’
Gepubliseer .
Motorpryse het tydens 2010 merkbaar stadiger gestyg as in die vorige jaar. Solidariteit monitor ʼn “mandjie” van basiese gesinsmotors se pryse, waarvan die prysveranderings oor die jare goed ooreengestem het met die verteenwoordigende TransUnion-indeks van motorpryse (wat ongelukkig nie meer gepubliseer word nie). Volgens Solidariteit se mandjie het gewone gesinsmotors se pryse tydens 2009 met ongeveer 13,9% gestyg, maar in 2010 slegs met 3,9%. As dit nie vir Opel se bekendstelling van die (duurder) nuwe Astra was nie, sou pryse slegs met 0,4% gestyg het.
Lees verder ‘Motorpryse trap bietjie rem’
Gepubliseer .
Statistiek Suid-Afrika (Stats SA) het vandeesweek die jongste werkloosheidsyfers bekendgemaak. Werkloosheid het in die derde kwartaal van 2010 van 25,3% tot 24,0% in die vierde kwartaal van 2010 gedaal.
Dit klink na goeie nuus, en dit is ook so, maar daar is wel ʼn paar negatiewe aspekte wat agter hierdie daling in werkloosheid skuil.
Lees verder ‘Te veel jongmense doen steeds niks’