Solidariteit Blog » Paul Joubert

Laer belasting sal vermyding verlaag
Minister Pravin Gordhan het vandeesweek sy kommer daaroor uitgespreek dat talle maatskappye hul hoofkantore verskuif ter wille daarvan dat hulle minder belasting aan die Suid-Afrikaanse owerhede kan betaal, ten spyte daarvan dat baie van hul bedrywighede in Suid-Afrika plaasvind. Gordhan het gewaarsku dat die negatiewe boodskappe oor Suid-Afrika wat deur “opposisiepartye, analiste en die media” uitgestuur word, hierdie tendens van belastingvermyding versterk.

Die minister dink blykbaar nie dat maatskappye eenvoudig hul belastingpligtigheid uit Suid-Afrika verskuif sodat hulle minder belasting sal hoef te betaal nie. Blykbaar is dit nie die rede nie, maar eerder die moedswillige opposisiepartye, analiste en die media wat negatief oor Suid-Afrika is.

Natuurlik is dit heeltemal reg van die minister om nie te wil hê dat mense slegs die negatiewe oor Suid-Afrika moet verkondig terwyl die positiewe verswyg word nie – ŉ gesonde balans tussen die twee is uiteraard goed. Om dit dan as die rede vir belastingvermyding voor te hou, gaan darem ŉ bietjie te ver.

Hoe hoër die belastinglas (of, streng gesproke, die netto belastinglas) is, hoe groter sal die voorkoms van belastingvermyding en belastingontduiking wees. Die manier om te keer dat maatskappye belasting vermy, is deur die belastinglas te verlaag – 20% van 100% van die wins is tog beter as 28% van 0% van die wins. Volgens die verhouding tussen belastingkoerse en belastinginkomste soos deur Arthur Laffer (en talle voorgangers) beskryf, is dit selfs moontlik dat die staat op die ou einde ŉ algeheel groter belastinginkomste sal kry indien belastingkoerse verlaag word.

Koolstofbelasting – mag mense nie self kies nie?
'n Optog teen koolstofbelasting in Australië

Die Nasionale Tesourie het op 2 Mei ŉ nuwe besprekingsdokument oor beoogde ‘koolstofbelasting’ wat in 2015 in werking sal tree, bekendgestel. Luidens die besprekingsdokument is die oogmerk van die koolstofbelasting om mense se toekomstige gedrag te beïnvloed en nie om meer geld vir die staatskas te in nie.

So ŉ stelling behoort ŉ mens onmiddellik snuf in die neus te gee. Dit is ietwat ongeloofwaardig vir ŉ belastinggaarder om te sê dat hy nie regtig belasting wil insamel nie… Tweedens behoort belasting neutraal te wees in die sin dat dit nie mense se keuses van wat om te verbruik, waarin om te belê, waar om te woon, hoe om te handel, ensovoorts, affekteer nie.

Belastings wat daarop gemik is om mense se gedrag (keuses) te verander, is selde suksesvol om die ‘ongewenste’ gedrag te verander. Wat meer dikwels gebeur wanneer ŉ regering besluit om gedrag wat volgens hulle ongewens is deur middel van ŉ spesifieke belasting te ontmoedig, is tweeledig:

Eerstens kan mense met die ongewenste gedrag voortgaan, maar duurder daarvoor betaal. Dit noop hulle dan om hul besteding elders in te kort. ŉ Belasting op ongesonde roomys kan dus veroorsaak dat mense minder vars vrugte koop, omdat hul besteding op roomys toeneem en die beskikbare fondse vir gesonde, vars vrugte afneem. Die belasting op die roomys maak nie dat mense skielik minder van roomys gaan hou nie.

Tweedens kan mense ook met die ongewenste gedrag voortgaan, maar maniere vind om dit weg te steek sodat die belastinggaarder nie daarvan te wete sal kom nie, hetsy deur (wettige) belastingvermyding of (onwettige) belastingontduiking. Beide is tydrowende oefeninge wat geen werklik produktiewe effek van groter menslike welvaart teweegbring nie.

Die Nasionale Tesourie weet baie goed dat belastings selde daarin slaag om mense se gedrag noemenswaardig soos beplan te verander, veral as die belastings nie baie swaar is nie (iets wat ook vir die koolstofbelasting voorgestel word). Dit laat die geloofwaardigheid van die stelling dat die idee nie is om meer geld vir die staatskas te in nie, verder taan.

Waarom is die regering in die eerste plek daarmee besig om sulke belastings te beplan? Dit berus daarop dat die amptenare van die regering voel dat hulle beter as al die ander mense weet wat goed is vir die mense, en die reg het om mense se beursies te skud om hulle te forseer om hul gedrag te verander. Die regeringsamptenare voel dat die menslike bydrae tot klimaatsverandering van so ŉ mate is dat dit ŉ wesentlike negatiewe impak op Suid-Afrikaners in die algemeen sal hê – meer negatief as die koste wat daaraan verbonde is vir Suid-Afrikaners om hul gedrag aan te pas om minder ‘koolstofinsentief’ te leef. Dit is alles goed en wel vir die regeringsamptenare om so te voel, maar waarom gaan dit dan eenvoudig oor daarin dat hulle elke individu se beursie na willekeur kan omkeer? Waarom bly dit nie net daarby dat die regeringsamptenare die tersaaklike inligting bekendmaak en dit dan aan individue en groepe oorlaat om besluite oor hul eie lewens te maak nie? Waar verskillende individue of groepe se belange in hierdie verband met mekaar bots, kan hulle dit onder mekaar uitklaar, of binne ŉ neutrale stel reëls arbitrasie soek.

Dit is een ding om goeie raad te gee, en goeie redes vir die raad te gee, maar ŉ gans ander ding om eenvoudig ŉ standpunt met mag op ŉ ander af te dwing. Een van die enigste menslike verhoudings wat normaalweg so werk, is dié van ouers en hul jong kinders. Tog behandel regerings, ook die Suid-Afrikaanse regering, die inwoners van die land dikwels soos kinders eerder as grootmense wat self die gevolge van hul keuses sal dra.

Foto verkry van: mugfaker via photopin cc

Belastingverligting slegs oëverblindery
(Hierdie artikel is ‘n uittreksel uit die Solidariteit Navorsingsinstituut se jongste Arbeidsmarkrapport. Lees die volledige Arbeidsmarkrapport by hierdie skakel.)

Soos al gebruiklik geraak het, het die minister van finansies, Pravin Gordhan, in sy nasionale begrotingstoespraak in Februarie aangekondig dat daar in die huidige belastingjaar belastingverligting vir persoonlike inkomstebelastingbetalers sal wees. Die presiese aanhaling is: “In the 2013/14 fiscal year, personal income tax relief of R7 billion is granted.”

Die grootste groep betalers van persoonlike inkomstebelasting is werknemers, vir wie so ŉ aankondiging op sigwaarde na ŉ welkome blaaskans kan lyk. Die term “belastingverligting” impliseer tog dat minder belasting betaal sal word. In werklikheid is dit oëverblindery. Die “verligting” wat gegee word, is slegs ŉ aanpassing om te vergoed vir die dalende waarde van geld – inflasie. Die bedrag van R7 miljard wat as “belastingverligting” voorgehou word, word bereken met die aanname dat belastingbetalers se belasbare inkomste konstant bly. Dit is egter vir ŉ baie groot aantal werknemers nie die geval nie, aangesien “lewenskoste”-verhogings van naastenby die VPI-inflasievlak oorwegend toegestaan word. Die aanpassings van belastingkerwe word juis gedoen om te keer dat mense wat inflasieverwante verhogings kry, nie proporsioneel tot hul inkomste meer belasting betaal nie, selfs al bly hul lewenstandaard konstant.

Ware belastingverligting sou dus beteken dat ŉ persoon wat ŉ inflasieverwante verhoging kry, proporsioneel tot sy inkomste minder belasting as in die vorige jaar moet betaal. Vir die meeste belastingbetalers wat noemenswaardige hoeveelhede belasting betaal, is dit egter nie die geval met die 2013/14-begroting nie. Die volgende tabel toon die belastingkerwe vir die 2012/13- en 2013/14-belastingjare.

2012/13-belastingjaar

2013/14-belastingjaar

Aanpassing

0% belasting

R0 – R63 556

R0 – R67 111

5,6%

18% belasting

R63 557 – R160 000

R67 112 – R165 600

3,5%

25% belasting

R160 001 – R250 000

R165 601 – R258 750

3,5%

30% belasting

R250 001 – R346 000

R258 751 – R358 110

3,5%

35% belasting

R346 001 – R484 000

R358 111 – R500 940

3,5%

38% belasting

R484 001 – R617 000

R500 941 – R638 600

3,5%

40% belasting

R617 001 +

R638 601 +

3,5%

Die gemiddelde VPI-inflasie vir 2012 was 5,6%. Dit is egter slegs die belastingdrempel wat met hierdie persentasie aangepas is. Al die ander belastingkerwe is slegs met 3,5% aangepas.

Die praktiese uitwerking hiervan kan met behulp van twee voorbeelde aangetoon word:

Voorbeeld 1

ŉ Werknemer wat in die 2012/13-belastingjaar belasbare inkomste van R150 000 verdien het, sou R15 560 aan inkomstebelasting betaal het – dit is 10,37% van sy belasbare inkomste.

Gestel hierdie werknemer kry dan ŉ 5,6%-verhoging vir die 2013/14-belastingjaar. Sy belasbare inkomste is nou R158 400 en daarop betaal hy R16 432 belasting. Dit is steeds 10,37% van sy belasbare inkomste. Aangesien al sy inkomste op die laagste kerf belas word, is die aanpassing vir hierdie werknemer wel voldoende kompensasie vir die feit dat die koopkrag van geld gedurende 2012 met ongeveer 5,6% gedaal het. Dit is egter geen ware verligting nie, slegs ŉ aanpassing vir VPI-inflasie.

Voorbeeld 2

ŉ Werknemer wat tydens 2012/13 dubbeld soveel as die werknemer in die vorige voorbeeld verdien het, se marginale belastingkoers was 30%. Hy sou R54 860 aan inkomstebelasting, 18,29% van sy belasbare inkomste, betaal het. Indien hy ook gedurende die 2013/14-belastingjaar ŉ 5,6%-verhoging ontvang,, sal sy inkomste tot R316 800 styg. Hierop word hy met R58 430 belas. Dit is 18,44% van sy belasbare inkomste. Ten spyte van die “belastingverligting” betaal hy dus  ŉ groter deel van sy inkomste aan die belastinggaarder oor as tydens die vorige jaar.

Werknemers se grootste enkele aftrekking

Die belastingverligting van R7 miljard is dus grootliks oëverblindery, aangesien die nagenoeg 3,3 miljoen mense wat noemenswaardige hoeveelhede inkomstebelasting betaal, in 2013 ŉ groter deel van hul inkomste aan inkomstebelasting sal afstaan as in 2012. Dit is nog voordat die effek van stygings in ander belastings, soos brandstofheffings, heffings op alkohol, invoertariewe en sogenaamde “groen belastings” in ag geneem word.

Inkomstebelasting is vir baie werknemers die grootste enkele aftrekking op hul weeklikse of maandelikse betaalstrokies. Verlede jaar se oproer in die mynbedryf is ten dele aangevuur deur die groot verskil tussen sommige mynwerkers se “cost to company” en “take home” -loon. Een van die grootste redes waarom hierdie verskil so groot is, is inkomstebelasting en ander regeringsheffings soos die vaardigheidsheffing. Tog is dit die werkgewer of skuldeisers wat die sondebokke gemaak word vir die “karige” bedrae wat werknemers op die ou end huis toe neem, terwyl Jan Taks skotvry daarvan afkom en vir die kulkuns van belastingverligting bedank word.

Indiensname nog nie terug by vorige vlakke nie
Die jongste syfers toon dat Suid-Afrika nog nie weer die vlakke van indiensname bereik het wat voor 2009 se resessie behaal is nie. Hoewel daar oor die afgelope drie jaar wel ŉ geleidelike toename in indiensname was, is daar steeds ŉ agterstand wat ingehaal moet word. Die groot probleem bly steeds struktureel van aard, soos dat die opleiding- en vaardigheidsvlakke van ŉ baie groot deel van Suid-Afrika se bevolking nie op ŉ goeie peil is nie, tesame met faktore soos die voortslepende onsekerheid oor die beskikbaarheid van voldoende elektrisiteit.

Die kwartaallikse indiensnamestatistiek (QES) van Statistieke Suid-Afrika het in die vierde kwartaal van 2008 ŉ hoogtepunt van 8 512 000 werkers in die formele sektor bereik. Die jongste vergelykbare syfer, vir die vierde kwartaal van 2012, is 8 461 000 – steeds 51 000 laer as die historiese hoogtepunt. Dit is wel ŉ groot verbetering vanaf die laagtepunt van 8 086 000 wat in die eerste kwartaal van 2010 aangeteken is.

Hierdie stadige toename ná ŉ drastiese daling is egter nie uniek aan Suid-Afrika nie. Byvoorbeeld, in die VSA staan indiensname tans op 143,3 miljoen mense teenoor ŉ hoogtepunt van 146,6 miljoen in November 2007. Tog is dit ŉ verbetering op die laagtepunt van 138,0 miljoen in Desember 2009.

Ongelukkig staan bevolkingsgroei intussen in beide die VSA en Suid-Afrika nie stil nie, wat ook verklaar waarom die werkloosheidskoers baie stadiger daal as wat indiensname weer toeneem.

Hoër prys bied blaaskans vir (sommige) platinummyne
Die prys van platinum het die afgelope ses maande vir die eerste keer sedert die begin van 2010 noemenswaardig gestyg – sowat 20%. Dit bied ŉ welkome blaaskans vir die bedryf in die algemeen en spesifiek vir sommige marginale myne. Die prys wat vir twee en ŉ half jaar (Januarie 2010 tot Augustus 2012) naastenby konstant op ongeveer R12 000 per ons was, het platinumprodusente onder groot druk geplaas.

Om dit in perspektief te plaas: Gestel ŉ platinummyn het in Januarie 2010 ŉ totale produksiekoste van R11 000 per ons gehad. Dit beteken dus dat die effektiewe winsgrens in daardie stadium sowat 9% was. Selfs al het die totale produksiekoste met slegs 5% per jaar gestyg (in werklikheid was die stygings vir die meeste produsente veel hoër), sou so ŉ myn teen die begin van 2012 teen ŉ verlies geproduseer het, aangesien produksiekoste dan R12 128 per ons sou wees. Indien nog ŉ jaar se 5%-styging daarby gevoeg word, styg dit tot R12 734.

Die huidige platinumprys van sowat R14 550 per ons is sowat 20% hoër as die prys wat van Januarie 2010 tot Augustus 2012 gegeld het. ŉ Produsent wat in 2010 teen ŉ 9%-winsgrens geproduseer het, en sedertdien stygings in produksiekoste van sowat 9% per jaar gehad het, sal nou naastenby gelykbreek.

Ongelukkig is een van die redes vir die hoër prys van die afgelope paar maande juis dat sommige platinummyne reeds gesluit het of dit ernstig oorweeg om te sluit. Die verwagte toekomstige groter skaarsheid van die metaal word dus reeds in die huidige markprys weerspieël.

Brandstofpryse waarskynlik stabiel in April
Ten spyte van die hoër heffings op brandstof wat in Februarie se begrotingstoespraak deur Pravin Gordhan, die minister van finansies, aangekondig is, sal petrol- en dieselpryse waarskynlik met slegs enkele sente op 3 April styg of daal. Dit is te danke aan laer internasionale petroleumprodukpryse, wat die effek van die hoër heffings, asook die effek van die swakker rand, min of meer sal uitkanselleer.

Die departement van energie sal, soos gewoonlik, omstreeks 13:00 op die Vrydag voor die eerste Woensdag van die maand die finale aankondiging maak. Die situasie is vandeesmaand meer gekompliseerd as gewoonlik, aangesien drie verskillende heffings op brandstof verander sal word, en daar ook moontlik provinsiale verskille kan wees.April is ook een van die maande wanneer die pryse van 95- en 93-oktaan petrol afsonderlik aangepas word. Tans lyk die vooruitsig, met alle faktore ingereken, tog marginaal positief, met die pryse van petrol en diesel wat moontlik met so 2c tot 5c kan daal.

Die feit dat die oorverhaling op petrol en diesel tans hoër is as die gemiddeld vir die maand, beteken ook dat indien die situasie tydens April voortduur, brandstofpryse in Mei verder kan daal. Motoriste moet egter steeds daarvan bewus wees dat die tendens op die langer termyn steeds opwaarts is – die kans dat brandstofpryse laer as R10 per liter of selfs R11 per liter op ŉ volgehoue basis weer gesien sal word, is bitter klein.

ŉ Ander kwessie waaroor navrae soms ontvang word, is waarom die prys van petrol in Botswana dan soveel laer as in Suid-Afrika is, terwyl sowat byna al Botswana se petrol vanuit Suid-Afrika ingevoer word. Die antwoord hierop is baie eenvoudig: die regering van Botswana hef nie soveel belasting op petrol as wat die Suid-Afrikaanse regering hef nie. Die prysverskil is egter ook nie so groot as wat dikwels geglo word nie.

Die prys van ŉ liter 93-oktaan petrol is tans P9,60 in Gaborone, die hoofstad van die land, net ŉ hanetreetjie anderkant die Suid-Afrikaanse grens. Dit kontrasteer met ŉ prys van R12,87 vir dieselfde liter 93-oktaan petrol in Gauteng. Nader aan die grens met Botswana is petrol ietwat duurder weens addisionele vervoerkoste.

Let ook daarop dat die Botswana-prys in pula, die land se geldeenheid, gegee word. Anders as die Namibiese dollar, die Swazi lilangeni en die Lesotho loti, verhandel die pula nie op ŉ een-tot-een basis met die rand nie. Een pula kan op die oomblik, teen ŉ tipiese handelsbankwisselkoers, sowat R1,15 koop. Dit beteken dat die prys van ŉ liter petrol in Gaborone sowat R11,04 is. Dit is slegs sowat R1,83 laer as die prys in Gauteng. Hierdie prysverskil, soos hierbo genoem, word daardeur verklaar dat die regering van Botswana laer brandstofheffings as die Suid-Afrikaanse regering hef.

– OPDATERING 27 Maart –

Die prysaankondiging is toe twee dae vroeg gemaak, weens die langnaweek. Dit, tesame met ‘n onverwagse styging van sowat 11c per liter in die leiheffing, het veroorsaak dat die verwagte daling van enkele sente omgeswaai het na stygings van enkele sente – sowat 7c tot 12c per liter (afhangende van die graad van die brandstof en die geografiese ligging).

Foto verkry van: Mark J P via photopin cc

Die kort antwoord of die regte een?
“Wil jy die kort antwoord of die regte antwoord hê? Ek kan vir jou die kort antwoord gee, maar dit gaan verkeerd wees!” Hierdie is ŉ stelling wat algemeen in die ekonomiese veld gebruik behoort te word, hoewel dit te dikwels geïgnoreer word. Deur ŉ baie komplekse probleem tot een, eenvoudige ‘antwoord’ te reduseer, kan die skyn gewek word dat die probleem opgelos is, terwyl dit eintlik glad nie die geval is nie.

Ekonomiese vrae is gewoonlik uiters kompleks, omdat dit met die handelinge van ŉ magdom verskillende individue te make het. Elkeen van die individue het unieke voorkeure en behoeftes, wat vir elke individu ook oor tyd verander. Individue is dikwels ook deel van groepe (meer as een gelyktydig), wat ook ŉ rol speel in hoe hul voorkeure en behoeftes voorkom en verander. Hoewel dit insiggewend kan wees om hierdie komplekse situasies tot eenvoudige modelle, indekse en gemiddeldes te reduseer, moet altyd in gedagte gehou word dat die werklikheid steeds kompleks bly. By elke antwoord op ŉ komplekse vraag moet ŉ geskikte balans tussen eenvoud en ooreenstemming met die werklikheid gevind word, sodat dit verstaanbaar, maar steeds van toepassing is.

Hierdie beginsel sluit aan by twee weke gelede se artikel oor die inflasiemandjie se samestelling, waarin gestaan het:

“Veranderinge in die VPI word dikwels as ŉ aanduiding van veranderinge in lewenskoste gebruik. Dit is egter dikwels nie op sigself so goeie aanduiding nie aangesien dit op ‘die gemiddelde verbruiker’ gebaseer is. Daar bestaan nie werklik so ŉ persoon nie – elke verbruiker se behoeftes en voorkeure verskil van ŉ ander s’n. Die gemiddeld is dus tegelykertyd almal se voorkeure en niemand s’n nie.”

Die persentasie VPI-inflasie is die kort antwoord op die vraag: “Maak my salarisverhoging op vir die styging in my lewenskoste?” Ongelukkig is dit ook grotendeels die verkeerde antwoord, omdat die verbruikersprysindeks (VPI) ŉ uiters komplekse kombinasie van faktore reduseer tot een enkele syfer waarin feitlik alle detail verlore gaan.

Mense wil egter graag ŉ eenvoudige antwoord op ŉ komplekse vraag hê, sodat besluitneming oor komplekse kwessies vergemaklik kan word. Dit kan baie gevaarlik wees, aangesien die besluit dan eintlik op grond van inligting wat so oorvereenvoudig is dat dit eintlik verkeerd is, gemaak word. Dan is daar groot konsternasie, want die besluit is tog op grond van koue, harde syfers gemaak. Juis dit is dan die probleem – die syfers was te hard en te koud en te ver verwyderd van die ewig-veranderende werklikheid van die persone wie se daaglikse optrede die syfers onderlê.

Soms moet die moeite dus maar gedoen word om eerder ŉ langer, maar beter, antwoord op ŉ probleem te probeer verstaan, as om slegs ŉ kort, eenvoudige, maar verkeerde antwoord te gebruik.

Dís hoe die VPI-inflasiemandjie verander het
Vorige VPI-mandjie. Kliek om te vergroot.

Nuwe VPI-mandjie. Kliek om te vergroot.

Een manier waarop gepoog word om die dalende waarde van geld (inflasie) te kwantifiseer, is deur die verbruikersprysindeks (VPI). Die VPI bestaan uit ŉ kombinasie, die sogenaamde “mandjie”, van pryse van goedere en dienste wat verbruikers in ŉ land aankoop. Aan elkeen van die pryse word ŉ gewig toegeken na gelang van hoe groot die gedeelte is wat dit van die gemiddelde verbruiker se jaarlikse uitgawes uitmaak. Die syfer wat in die algemeen as “die inflasiesyfer” bekendstaan, is dan die verskil tussen die vlak van hierdie indeks in ŉ spesifieke maand teenoor die vlak wat dit 12 maande gelede was.

Vergelykings van die vlak van die VPI is maar net een manier om te probeer vasstel hoeveel die waarde of die koopkrag van geld gedurende ŉ spesifieke tydperkafgeneem het (inflasie). Die groeiende geldvoorraad stoot nie slegs verbruikerspryse opwaarts nie, maar het ook ŉ invloed op batepryse, wat baie moeiliker is om te kwantifiseer omdat dit moeiliker is om inflasionêre prysstygings van werklike onderliggende stygings in waarde te onderskei.

Veranderinge in die VPI word dikwels as ŉ aanduiding van veranderinge in lewenskoste gebruik. Dit is egter dikwels nie op sigself so goeie aanduiding nie aangesien dit op “die gemiddelde verbruiker” gebaseer is. Daar bestaan nie werklik so ŉ persoon nie – elke verbruiker se behoeftes en voorkeure verskil van ŉ ander s’n. Die gemiddeld is dus tegelykertyd almal se voorkeure en niemand s’n nie. In ŉ uiters heterogene land soos Suid-Afrika is dit nog moeiliker as in baie ander lande omdat die voorkeure en lewensstyle van Suid-Afrikaners so verskillend is.

Dit wil egter ook nie sê dat die algemene idee dat verbruikersinflasie soos deur die VPI gemeet, altyd totaal belaglik verkeerd is nie. Een rede waarom daardie persepsie veroorsaak word, is deurdat mense slegs oplet na produkte waarvan die pryse die vinnigste styg, maar byvoorbeeld nie daaraan dink dat hul enkele grootste uitgawe, hul huispaaiement, in dieselfde tyd onveranderd gebly het nie. Hoewel dit nie werklik toepaslik is om ŉ VPI-styging, wat ŉ gemiddeld vir al die verbruikers van ŉ land is, vir slegs ŉ enkele verbruiker te gebruik nie, moet die enkele verbruiker darem wel ŉ gemiddelde van al sy uitgawes gebruik en nie slegs in die produkte met hoë prysstygings vaskyk nie.

Met die voorafgaande in gedagte, kan dit tog vir mense insiggewend wees om die vorige en die nuwe VPI-mandjie te vergelyk om te sien watter produkte en dienste nou ŉ groter of kleiner gewig in die mandjie dra en of dit nou nader aan hul eie bestedingspatroon is of nie. Van die kategorieë waarvan die gewigte beduidend toegeneem het, is voertuigbrandstof, elektrisiteit en mediese fondse. Die grootste afname was ten opsigte van aankope van gebruikte voertuie wat toegeskryf kan word aan ŉ verandering in die metode wat ingespan word om die werklike koste daarvan te bepaal.

Oneerlikheid nie deur vrye mark goedgepraat nie
Met die Europese perdevleis-skandaal en nou ook Suid-Afrika se eie vleisskandaal op almal se lippe, kry die vrye mark al weer slae. Wanneer oneerlike gedrag aan die lig kom, is daar altyd ŉ koor van stemme wat sê: “Ja nee, kyk net hoe sleg is die vrye mark, want dit veroorsaak hierdie soort oneerlike en bedrieglike gedrag en praat dit goed!”

Hierdie kritiek is egter misplaas. Oneerlikheid is nie ŉ noodsaaklike komponent van vrye handeling tussen mense nie – dit is juis ongewens. Dat oneerlikheid wel soms voorkom, is  wel ŉ feit. Dit kan selfs uit die vroegste opgetekende geskiedenis van die mensdom gesien word. Oor die jare het menslike samelewings verskillende maniere gevind om oneerlikheid aan die lig te bring, te voorkom en te straf.

Dit is ook so vir ŉ vrye mark – oneerlikheid is nie teoreties of prakties wenslik nie. Een van die voorvereistes vir ŉ suksesvolle vrye mark is juis dat daar ŉ stelsel moet wees waarvolgens dispute oor transaksies op ŉ onpartydige wyse opgelos kan word. Dit hoef nie noodwendig ŉ regstelsel te wees wat deur ŉ staat bedryf word nie – dit kan ook ŉ interne stel reëls binne ŉ spesifieke gemeenskap of groep mense wees, solank dit net nie arbitrêr toegepas word nie.

Die vrye mark skep die meeste welvaart waar daar groter gelykheid van inligting tussen partye tot ŉ transaksie is. Natuurlik wil beide partye gewoonlik probeer om meer inligting as die ander te hê. Die verkoper wil byvoorbeeld nie hê voornemende kopers moet weet dat sy produk eintlik van swak gehalte is nie. Die koper is moontlik weer daaroor besorg dat die verkoper nie moet besef dat die koper eintlik bereid sou wees om ook ŉ veel hoër prys vir die produk te betaal nie. Albei se neiging om inligting van die ander te weerhou, word egter in ŉ mate getemper deur die moontlikheid dat hulle in die toekoms weer sake sal doen. Die verkoper weet dat as hy sy kliënt wil behou, dit ŉ risiko is om oneerlik te wees want as die kliënt dit agterkom die verkoper se reputasie geskaad sal word. Die koper weet ook dat as hy oneerlik is en die verkoper dit agterkom, hy moontlik sal weier om verder te handel te dryf. Verder kan so ŉ swak reputasie in ŉ vrye samelewing ook wyd uitkring, wat nog ŉ groter afskrikmiddel is.

Dikwels is kopers en verkopers egter nie vreeslik besorg oor moontlike oneerlikheid of weerhouding van inligting nie, omdat die “koste” om vooraf te bepaal of gelykheid van inligting bestaan, groter as die moontlike koste van oneerlikheid is. ŉ Koper sal byvoorbeeld ŉ pak boerewors by ŉ nuwe slaghuis koop sonder om eers van die slagter te vereis om elke bestanddeel in die fynste besonderhede uit te spel, omdat hy bereid is om die wors te braai en as dit net na soja smaak, eenvoudig sy verliese te aanvaar en dan nie weer by daardie slaghuis boerewors te koop nie.

Dit is juis in ŉ samelewing wat nie vry is nie waar oneerlikheid geïnstitusionaliseer word. As die staat jou daaglikse brood verskaf, kan jy maar seker wees dat, as jy begin kla dat daar te veel semels en te min meel in die brood is, daar blitsvinnig teen jou opgetree sal word om te keer dat jy jou onpatriotiese kommentaar versprei. As jy in so samelewing oor die soja in die maalvleis kla, beland jy dalk self in die vleismeule…

Grafika verkry by: The Rocketeer via photopin cc

Staat oneerlik oor gewillige koper en verkoper
Met die 100-jarige herdenking van die sogenaamde 1913 Naturelle Grond Wet – een van die stukke wetgewing wat swart mense in Suid-Afrika se eiendomsreg ingeperk het – is die regering se grondhervormingsprogramme tans weer dikwels ter sprake. President Jacob Zuma het onder andere in sy staatsrede genoem dat die staat van plan is om die beginsel van “gewillige koper en gewillige verkoper” te skrap wanneer dit by grondhervorming kom. Die rede wat hiervoor aangevoer word, is dat die staat nie ŉ gewillige koper is nie, maar ŉ verpligte koper, en dat die staat as gevolg daarvan ver bokant markwaarde vir die eiendomme wat vir grondhervorming gekoop word, betaal. Dit is egter ŉ oneerlike stelling om te maak.

Hoewel heelwat ook oor die syfers gesê kan word, sal die detail daarvan nie hier bespreek word nie. Wat wel bespreek word, is die verskil tussen die “herstel” (restitution) van grond en die herverspreiding (redistribution) van grond. Albei val onder “grondhervorming” (land reform), maar die twee het verskillende kenmerke.

President Zuma is heeltemal reg as hy sê dat die staat by sake van “herstel” van grond dikwels nie ŉ gewillige koper is nie en dat die prys wat vir sulke grond betaal word, heel moontlik as gevolg daarvan hoër is as die prys wat die eiendom in die ope mark sou haal. By die “herstel” van grond handel dit oor die teruggee van ŉ spesifieke stuk grond aan ŉ spesifieke persoon of gemeenskap wat dit ontneem is tydens die vorige bedelings in Suid-Afrika. Die staat het in sulke gevalle drie opsies: die grondeiser kan ŉ monetêre bedrag aangebied word in plaas van die grond, of die grondeiser kan ŉ alternatiewe stuk grond aangebied word, of die staat is verplig om die spesifieke stuk grond aan te koop en aan die eiser oor te dra. Indien die grondeiser op laasgenoemde opsie aandring, is die staat inderdaad ŉ ”onwillige koper” en is in ŉ erg benadeelde posisie as dit by die onderhandeling oor die prys van die grond kom.

Volgens die staat self is feitlik alle grondherstelsake reeds afgehandel, hoewel landbou-organisasies sê dat die staat se definisie van “afgehandel” van hulle s’n verskil. Hoe dit ook al sy, die “herstel” van grond is eintlik net ŉ klein deeltjie van die staat se algehele grondhervormingsprogram.

Die groter deel van die grondhervormingsprogram bestaan uit die algemene ”herverdeling” van grond. Hier gaan dit daaroor dat die staat, selfs in gevalle waar geen legitieme grondeis ingestel is nie, graag swart mense se beheer oor veral landbougrond in Suid-Afrika wil vergroot. Dit gaan hier dus nie oor enige spesifieke stuk grond nie. Die staat is nie ŉ onwillige koper wanneer dit by die herverdeling van grond kom nie. Indien die staat een boer se plaas wil koop en die boer wil ŉ onredelike prys daarvoor hê, kan die staat eenvoudig, soos enige ander grondkoper, sê: “Nee dankie, ons gaan maak eerder vir jou buurman ŉ aanbod en as hy ook onredelik is, vra ons sy ander buurman.” Die enigste manier waarop die staat hier “te veel” vir grond kan betaal, is indien die staat se amptenare onbevoeg of korrup is.

Die staat gebruik tans ŉ klein brokkie waarheid oor die grondherstelproses om ŉ groot leuen oor die algehele grondhervormingsproses te verkoop. Moenie daardeur om die bos gelei word nie.