Bladsy 1 van 3123

Outeur Argief vir Nicolien Welthagen

DANKIE REGERING!

Ons as Blanke minderheid beleef daagliks druk en bedreiging. Daar is onder andere politieke, ekonomiese, kulturele en emosionele druk wat ons moet verduur. Ek wonder gereeld wat ons elke dag hiermee doen, hoe ons dit hanteer en hoe ons toekoms lyk. Ek sien tekens van verskillende maniere hoe mense dit aanpak. Sommiges vlug, ander word slagoffers en ander baklei terug. Dit is alles natuurlike reaksies wat te wagte kan wees, maar wat my interesseer, is hoe ʼn groep onder druk, positief en kreatief kan reageer. Lees verder ‘DANKIE REGERING!’

Bakhand,“dis julle skuld!”– die toekoms in.

Eugene se skrywe oor of Apartheid steeds blameer kan word vir vandag se politieke, sosiale en ekonomiese probleme, http://www.solidariteit-blog.co.za/waarvoor-kan-apartheid-blameer-word-waarvoor-nie/ het my laat dink aan die regering se “blameer geneigdheid” en die sielkundige impak wat hulle doelstellings op die mense het.

Die Regering se Nasionale Ontwikkelingsplan is gefundeer in drie doelstellings, wat my as navorsing sielkundige se aandag vinnig getrek het. Dit gaan oor opheffing, armoedeverbreking en die skep van rykdom,  geleenthede en welvaart. Hiermee, as sulks, het ek natuurlik geen probleem nie. Die negatiewe impak is geleë in die “HOE”, en onderliggende boodskap wat oorgedra word. Lees verder ‘Bakhand,“dis julle skuld!”– die toekoms in.’

Hoekom vertrou mense nie die Regering en ander Instansies nie?

Die media het die afgelope tyd berig dat Suid-Afrikaners se vertroue in instansies besig is om af te neem (South African Social
Attitudes Survey (SASAS) 2011, 2012).

Vertroue is ʼn interessante, komplekse en multi-vlak, sosiaal-sielkundige begrip. Die geluk van ʼn volk hang baie af van die vertroue wat hulle in hulle regering en instansies kan stel. Oor die wêreld heen, is vertroue in mekaar en vertroue in regerings en instansies besig om te taan. ʼn Ontleding van die dieper betekenis van die begrip vertroue, dui dan op aspekte wat regerings en instansies kan aanspreek om vertroue te versterk.
In sosiaal- sielkundige kringe is daar bespiegelinge dat “wantroue” deesdae meer voordelig is vir ʼn groep of ʼn volk. Dis ʼn interessante ontleding vir ʼn ander keer.

Lees verder ‘Hoekom vertrou mense nie die Regering en ander Instansies nie?’

Verlei deur tegnologie

Ek is versot op die tegnologie om my! Ek sal nie kan lewe sonder my rekenaar, selfoon, tablet en mp4 nie!

Dink hoe vervelig sal die lewe wees. Ek het met die druk van ʼn knoppie toegang tot die wêreld en vriende, familie en kollegas, selfs instansies. Ek kan gesels, koop, leer, speel, werk – alles amper gelyk. Ek het hierdie week vir die eerste keer ook ʼn program aangeskaf waarmee ek kan skilder. Dit was een van die min dinge wat ek nog geniet het om te doen, sonder tegnologie. Maar ek het net te nuuskierig geword oor al die nuwe moontlikhede van so program. Tegnologie verryk my lewe!

Ons almal weet van waarskuwings Lees verder ‘Verlei deur tegnologie’

Wat is die slimste? – Intellek of Emosie

Gebeur dit in julle werkplek ook dat daar soms konflik onstaan tussen mense wat die emosionele kant van ʼn saak raaksien en verdedig, en ander wat suiwer vanuit ʼn intellektuele of feitlike uitgangspunt redeneer?

In ons samelewing, word intelligensie as baie belangrik geag . Ouers probeer selfs om ongebore babatjies slimmer te maak.

Verskeie studies bewys egter dat emosionele intelligensie ongeveer vier maal belangriker as Intelligensie is (die ou term is IK), veral waar dit langtermyn beroeps- en persoonlike sukses aangaan. Algemene geluk, balans en kwaliteit van lewe hang baie van ʼn persoon se emosionele intelligensie af. Is dit nie waar dat die LEWE, volg op emosies nie? Die intellektueles onder ons kry egter ‘n rilling vir al hierdie wollerige dinge waarmee die emosioneles hulleself besig hou. Lees verder ‘Wat is die slimste? – Intellek of Emosie’

Is daar hoop vir die toekoms?

Ek probeer om positief te wees, maar die artikel in die koerante oor belasting vir gegradueerdes het my gister so bietjie van stryk gebring.

Dit pla my, vanuit ‘n positiewe sielkunde uitgangspunt, wat al hierdie “stekies” wat ons gedurig van die regeerders van die land kry, aan ons hoop vir die toekoms doen!

Hoop is ʼn lewensenergie wat ons laat voortbeur en iets gee om voor te lewe. Hoop is meer as ydele wense en behoeftes. Dit is die geloof en vertroue dat ons weet dat dinge gaan verbeter, en daarom bly vasbyt. Dit is ʼn belangrike bestanddeel van wat nodig is om die lewe se uitdagings en probleme positief aan te pak. Net ʼn klein sweempie hoop, kan ons genoeg krag gee om optimisties te bly en ons probleme op te los – want waar daar hoop is, is daar ʼn weg!

Wanneer ons egter hoop verloor, wanneer daar konstante struikelblokke is, veral wanneer ons nie veel daaraan kan doen nie, kan ons begin wonder wat die doel van ʼn dolle gejaag na geluk is. Is dit nie so dat mens soms net te moeg is om teen die strome te probeer swem nie. Wat doen ons, as ons nie meer kan verwag om ʼn positiewe toekoms in hierdie land te hê nie? Wat as ons nie meer in beheer van ons eie toekoms voel nie? Wat as jy jou bes doen, hard werk om vir jouself ʼn goeie beroep en lewe te skep en dit waaroor jy gedink het jy het nog beheer, soos ʼn mat onder jou voete uitgeruk word . Wat doen ons as ons gedagtes en denke nie meer hoopvol is nie? Die prentjie lyk nie goed nie. Lees verder ‘Is daar hoop vir die toekoms?’

Bladsy 1 van 3123



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube