Daar word vandag behoorlik gegons oor die DA wat gisteraand ʼn standbeeld van Hendrik Verwoerd, die argitek van apartheid, verwyder het van die munisipale kantore in Midvaal. Die Vryheidsfront Plus het vanoggend ʼn verklaring uitgereik waarin hy die DA sterk gekritiseer het en daarvan beskuldig het dat dit ʼn verkiesingsfoefie was om swart mense se stemme te wen in die komende munisipale verkiesing. Die Vryheidsfrontgaan verder deur te sê die DA is geen vriend van die Afrikaner nie.
Lees verder ‘DA verwyder Hendrik Verwoerd standbeeld. Verkiesingsfoefie of versoeningsgebaar?’
