Gepubliseer .
Hoeveel tyd en geld gaan nou nog deur bitter regeringsamptenare gemors word om ons geliefde Jakaranda-stad se naam te probeer verander?
SKANDE!
Hoeveel keer moet hulle (soos donkies!) hul koppe in die hof stamp? AfriForum sal tot die einde veg! Luister hier na mense se opinie oor die behoud van Pretoria se naam.
Gepubliseer .
“Moenie links kyk nie, Ma!”
Dis my tweedejaarseun se opdrag terwyl ons deur ʼn winkelsentrum stap. Natuurlik kyk ek links. Die plek wat hy nie wil hê ek moet sien nie, is…’n manshaarkapper.
Lees verder ‘Mopkop, kaalkop…uitgeskop? – Deur Marietha Malan’
Gepubliseer .
WWW of te wel, Wêreldwyd op Woensdag. Carina Roos is die aanbieder van hierdie splinternuwe program op Solidariteit Radio. Die eerste Wêreldwyd op Woensdag is op 6 Januarie uitgesaai en het sedertdien die stasie se gewildste program geword.
Soos die naam sê, “toer” die program elke week na verskeie wêrelddele, en ʼn wêreld van onderwerpe word bespreek. ʼn Program propvol wenke en dinge om te doen waarmee jy jou week kan opkikker. Luister elke Woensdag om 12:00.
Gepubliseer .
“I run away” (met ‘n sterk klem aan die begin van die “away”) En dan draai hy sy kop in ‘n rigting en skop driftig met dun beentjies tot hy, met groot moeite, eenkeer omrol op die mat. Hy kyk triomfantlik na my met ‘n groot wittand-glimlag.
So sien hierdie seuntjie toe hierdie vakansie die eerste keer die see. En sonder enige aarseling kyk hy my boetie ondeuend aan en begin sing: “Unda da seaaa, unda da seaaa!” En daar gaat hulle! Hy vertrou my ouboet ten volle in die onstuimige golwe en die gilletjies is beslis plesier!
Lees verder ‘“He very strong…like me!!!”’
Gepubliseer .
En daar moet ek sowaar weer hard op my tande byt hierdie vakansie!
Ons het hierdie vakansie heerlik in Natal vakansie gehou. Nege van ons. Twee fisies gestrem. Twee rolstoele. Op die eerste dag draai ons opgewonde by die parkeerterrein van die naaste strand in en ry in die rigting van die aangeduide parkeerplek vir mense met gestremdhede – net betyds om ‘n klomp jonges, perdfris en gesond, blitsig op die plek te sien stop. Hulle spring uit en draf strand toe. Nie ‘n kruppelstappie in sig nie. Dit kos ons toe om doer ver op die grasperk langs die parkeerarea te gaan stop, sodat ons die rolstoele makliker langs die motor in kan ry. Na ‘n groot gesteun en kreun om die rolstoele in die sandpaadjie wat na die parkeerterrein lei te stoot kom ons eindelik natgesweet op die strand aan.
Lees verder ‘Stupidity not a disability!’
Gepubliseer .
Die gelukkiges span reeds by hul gunsteling vakansieplekke uit terwyl ʼn paar bittereinders eers voor Kersnaweek die lang pad sal aanpak. Ander ry met Jan Tuisbly se karretjie. Waar jy jou ook al bevind dié Kersseisoen, Solidariteit Radio is daar om jou geselskap te hou.
Tussen Kersfees en die nuwe jaar, kyk die aanbieders van Mense op Maandag, DinsdagForum, Tossie Lochner, Suid-Afrika, Dirk op Donderdag, VakbondNuus, Vasvat op Vrydag en In Solidariteit, terug na die hoogtepunte van Solidariteit Radio in 2009.
Lees verder ‘Solidariteit Radio se stem nie stil oor Kersfees’