Bladsy 3 van 13« Eerste...23410...Laaste »

Outeur Argief vir Moira KloppersBladsy 3 van 13

Nuwe stemme op Solidariteit Radio

Die Solidariteit Radio-span het drie lede bygekry wat elke Dinsdag, Donderdag en Vrydag splinternuwe programme tussen 12:00 en 13:00 aanbied. Moira-Marie Kloppers het met Alexia Vosloo, Xander de Kock en Eugene Brink oor hulle nuwe rolle by Solidariteit Radio gesels.

Lees verder ‘Nuwe stemme op Solidariteit Radio’

Wanneer (HOE?) roep ‘n mens halt?

Ek sukkel met grense. Grense in die sin dat ek sukkel om ‘n sekere drie-letter-woord in die Afrikaanse taal te sê. Die woord “NEE”. Ek voel soms ek moet by by die AA aansluit. Maar nie ‘n AA vir alkoholverslawing nie, ‘n AA waar ‘n mens mooitjies opstaan en sê: “My naam is Moira en ek is ‘n “People Pleaser”.

Lees verder ‘Wanneer (HOE?) roep ‘n mens halt?’

Aanhouer wen: Dowe student én tolk kwalifiseer by Sol-Tech

Paul van Deventer – Besturende Direkteur (links) wens Charl geluk. Regs is Philip Minnaar – Waarnemende Hoof van Sol-Tech.

Aanhouer wen: Dowe student én tolk kwalifiseer by Sol-Tech
Dit was ʼn groot uitdaging – nie net vir Charl de Beer, Sol-Tech se eerste dowe student nie, maar ook vir Sol-Tech, wat glad nie voorbereid was om vir gehoorgestremdes klas te gee nie. Maar, met die hulp van sy “tutor-tolk”, soos hy sy vriendin Leana van Rensburg noem, het albei verlede jaar as elektrisiëns gekwalifiseer.

Kyk Stube video van toe hul  derdejaar was.

Lees verder ‘Aanhouer wen: Dowe student én tolk kwalifiseer by Sol-Tech’

Sol-Tech: Stappie vir stappie

Die bekende Amerikaanse skrywer, Mark Twain, het gesê die geheim van vooruitgang is om te begin. En om te begin, moet ʼn mens die reusetaak wat voor jou lê in klein, uitvoerbare dele verdeel en dan dadelik met die eerste taak wegspring. Moira-Marie Kloppers het met Sol-Tech se besturende direkteur, Paul van Deventer, oor die kollege se hoogtepunte en drome gesels.
“Rome is nie in een dag gebou nie, maar word vandag as ʼn bastion beskou. ʼn Nalatenskap. Só is ons ook besig om stappie vir stappie ʼn nalatenskap, ʼn stukkie erfenis vir die volgende generasie in Suid-Afrika met Sol-Tech te bou  So sê Paul van Deventer, Sol-Tech se uitvoerende hoof. “Elke jaar is ons nog ʼn stappie nader aan die droom wat ons jare gelede al vir onsself uitgestippel het,” voeg hy by. Van Deventer se oë blink wanneer hy meer oor dié droom vertel. “Ons droom is om eindelik ʼn holistiese instansie te wees wat, behalwe vir uitgebreide tegniese opleiding in verskeie ambagte, ook lewensvaardighede aan studente oordra en hulle as volwassenes vir die wêreld van werk toerus,” verduidelik hy.

Lees verder ‘Sol-Tech: Stappie vir stappie’

Sol-Tech-studente wêreldwyd aan die werk

Terwyl die meeste studente gedurende die somervakansie spore maak na verskillende gewilde vakansieplekke, is Sol-Tech se studente wêreldwyd hard aan die werk as deel van die praktiese opleiding wat hulle by dié tegniese kollege kry.
Lees verder ‘Sol-Tech-studente wêreldwyd aan die werk’

Nog ʼn bietjie slaap, nog ʼn bietjie sluimer

Slaapversteurings soos insomnia, angstigheid, depressie, spanning, laat nagte as gevolg van werkvereistes of nagskofwerk. Alles veroorsaak moegheid in die oortreffende trap, of uitputting. Moegheid en uitputting as gevolg van te min slaap lei nie net tot laer produktiwiteit by die werk nie, maar kan selfs tot hallusinasies, psigose, verlaagde immuniteit, duiseligheid en aggressiewe gedrag lei.
Lees verder ‘Nog ʼn bietjie slaap, nog ʼn bietjie sluimer’

Bladsy 3 van 13« Eerste...23410...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube