Bladsy 2 van 1312310...Laaste »

Outeur Argief vir Moira KloppersBladsy 2 van 13

Teleurstelling

Teleurstellings is vir my moeilik om te verwerk. Die “hoekoms” kry my soms onder. Daardie hoekoms wat jou denke begin oorheers wanneer jy so naby aan daardie ding is wat jy so graag wil kry, maar dit dan net-net mis. Wanneer iemand anders voor jou bevorder word, wanneer jy die oproep kry wat laat weet dat jou werksaansoek nie suksesvol was nie. Wanneer niemand jou goeie werk raaksien nie. Wanneer die vooruitsig van ‘n babakamer maand vir maand leeg bly. Vir my is die grootste teleurstellings egter die wat met die mense in jou lewe verband hou.

Lees verder ‘Teleurstelling’

Tree Aan! is terug!

Solidariteit is na die eerste speelvak van Tree Aan! oorval deur oproepe van teleurgestelde lede. Teleurgesteld omdat hulle nie betyds kaartjies kon kry om die musiekspel in die staatsteater te beleef nie. Ek het gister egter goeie nuus gekry. Tree Aan! gaan in Oktober weer op die planke wees! Solidariteit-lede wat die kodewoord “soltree” gebruik wanneer hulle hul kaartjies bespreek, kry 10% afslag!

Lees verder ‘Tree Aan! is terug!’

Te veel vir ‘n nugter maag

My ontbyt was vanoggend skaars afgesluk, of ‘n artikel in die Beeld trek aandag. Mnr. Malema het weer ‘n paar juweeltjies kwytgeraak.

‘Ek eet en woon in kapitalisme, maar ek baklei vir ons mense teen armoede. Ek sal nie jammer sê vir die lewe wat ek lei nie.”

en later sê hy oor die omstrede multimiljoenrandse huis wat die nuutste storm om sy kop laat uitbars het:

“ ’n Huis wat soveel kos om te bou, bestaan net in die verbeelding van verregse, kleingeestige en obsessiewe wit mense wat dink swart mense kan nie en moenie hul eie huise bou nie,”

Lees verder ‘Te veel vir ‘n nugter maag’

Die lewe is te kort

Ek het die afgelope week net weer besef dat die lewe bitter kort is en dat nie een van ons weet wanneer God ons werk op die aarde as afgehandel ag nie. Ons het baie planne en drome, maar as dit jou tyd is, is dit jou tyd. My ma is een van die groep Suid-Afrikaners wat die afgelope drie weke in Mosambiek op ‘n uitreik was. Gisteroggend het ‘n tragedie die groep getref oppad terug na Suid-Afrika. Ek het die oproep vroegoggend gekry en my yskoud geskrik. Toe ek die foon neersit is ek deur ‘n vloedgolf van teenstrydige emosies oorweldig terwyl my bene vir omtrent vyf minute te jellie was om op te staan.
Lees verder ‘Die lewe is te kort’

Vodacom se rooi heel gepas

Vodacom se korporatiewe kleurverandering vanaf blou na rooi is heel gepas nadat Vodacom-klante die afgelope twee weke rooi sien oor groot netwerkprobleme. Die probleme het begin opduik op die Rica-sperdatum en aanvanklik het almal gedink die netwerkprobleme het iets daarmee te make. Later het Vodacom bekendgemaak dat die sabotasie van belangrike netwerklyne moontlik tot die probleme gelei het.

Lees verder ‘Vodacom se rooi heel gepas’

Malema moet leer uit Mandela-aanhaling

Ek lees vandag ‘n aanhaling van Nelson Mandela.

“It is never my custom to use words lightly. If twenty-seven years in prison have done anything to us, it was to use the silence of solitude to make us understand how precious words are and how real speech is in its impact on the way people live and die.”

Meer as ooit is dit vir my duidelik dat Julius Malema beslis nie ‘n navolger van Mandela is nie. Hy ken duidelik nie vir Mandela nie. Hier sê Mandela dat ‘n mens nooit die krag wat jou woorde het mag onderskat nie. Woorde het ‘n invloed oor hoe mense leef en sterf! Malema se “Skiet die Boer”-lied staan lynreg teenoor dit wat Mandela in die aanhaling probeer sê nie waar nie? Of Dalk verklap dit juis iets oor Malema. Dat hy juis verstaan hoe kragtig woorde is en daarom die woorde in sy gewraakte liedjie letterlik bedoel?

Bladsy 2 van 1312310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube