Gepubliseer .
Vrydag is Loslitdag. Vir baie is die dag nie veel meer as ‘n plakker nie. Vir my is dit ‘n dag waarop ek waarlik dankbaar kan wees vir die lyf wat ek het. Dit is nie ‘n volmaakte lyf nie, maar hy kan loop, sien, ruik, voel, hoor en proe. My lyf se vingers kan maklik tik, fyn knipwerk doen en maklik ’n pen vashou om te skryf. My lyf kan sit sonder om, om te tuimel en my nek hou my kop mooi regop. Ek kan tot my oë toemaak wanneer ek bid. Ek kan verstaanbaar praat sonder dat my mond begin kwyl.
In ons gesin is ‘n gebrek aan hierdie dinge doodnormaal. Ons het twee serebraal gestremdes in die huis. Pragtige mensies wat in lyfies vasgevang is wat nie wil saamwerk nie. Wat nie wil luister na hul breine se boodskappe nie. Gestremdes het baie ekstra behoeftes. ‘n Rolstoel van die regte grootte, dikwels met ekstra ondersteuning om die ruggie en nek regop te hou. Spesiale eetgerei, tafels en stoele. ‘n Aangepaste, rolstoel-vriendelike huis. Dinge wat geld kos. Hoekom sal ek dan nie my R10 met ‘n glimlag betaal nie?
Kyk die jaar anders na jou Loslitdag-kaartjie en sê dankie vir jou lyf – ontbrekings en al.
Gepubliseer .
Ek luister vanoggend soos gewoonlik 94.7 terwyl ek werk toe ry. Jeremy Mansfield gaan toe lekker gal af teenoor Julius Malema se nuutste rassisme uitlatings en ek spring toe amper om, om hom by die Highveld-ateljee op die skouer te gaan klop! Genoeg is genoeg! ”Oudpres. Nelson Mandela het sport gebruik om Suid-Afrikaners te versoen, nou gebruik die ANC dit om rassisme aan te blaas” so berig die Britse media, volgens Beeld b. 3. Beeld se lesers het net so lekker teen Malema uitgevaar. Lees verder ‘Die perd is al holrug gery Malema!’
Gepubliseer .
Waarom sou ek nou so iets kwytraak?
‘n Verteenwoodiger van Geopende Deure was die afgelope naweek by ons gemeente in Benoni. Geopende Deure is ’n organisasie wat Bybelverspreiding, evangelisasie en opleiding, in lande waar Christenskap onwettig is, doen. www.opendoors.org.za
Iets wat hy gesê het, het my diep getref. Ons kerke in Suid-Afrika is abnormaal. Abnormaal? Ja! Het jy geweet dat daar elke jaar bykans 100 miljoen Christene vervolg word omdat hulle in Jesus Christus glo? 100 Miljoen mense wat die Here in die geheim moet dien, saggies, ondergronds, tot Sy eer moet fluister in plaas van sing?
Lees verder ‘Kerke in Suid-Afrika abnormaal’
Gepubliseer .
Wie sou nou kon dink dat ʼn klub só vinnig kon groei? Solidariteit Radio se radio-klub is skaars ʼn week oud en daar is reeds meer as 300 intekenare! Die meeste natuurlik nog in Suid-Afrika, maar daar is ook al twee uit Malawi en een uit Kanada van alle plekke! Die doelwit vir volgende Vrydag? Wie weet. Dalk 600?
Lees verder ‘Radio Klub, Radio Klub, Radio Klub!’