Solidariteit Blog » Moira Kloppers

Lonmin-onmin spruit uit hierdie onding
Chaoties: Ordeloos, verward, woes, deurmekaar

Dit is in ‘n neutedop wat die onmin by Lonmin veroorsaak het. Chaos. Twee vakbonde wat voorheen al by twee ander myne slaags geraak het, het by Lonmin weer teenoor mekaar stelling ingeneem. En toe word die beskaafde bokskryt wat kollektiewe bedinging veronderstel is om te wees, eensklaps ‘n slagveld. ‘n Groepie werknemers (vermoedelik Amcu-lede), voormalige werknemers van Lonmin (wat waarskynlik nog ‘n appeltjie met die werkgewer sou wou skil, maar nie meer kan nie) en werklose gemeenskapslede begin op ‘n koppie (die berg) buite Lonmin se hekke betoog. ‘n Onwettige staking. Geen kennis aan die werkgewer, geen eise aan die werkgewer, geen genade vir dié wat met hulle normale werk wil voortgaan nie. Uiteindelik word tien mense vermoor en talle beseer – onder hulle, drie lede van Solidariteit.

Die polisie was aanvanklik traag om te reageer en het aangedui dat hulle nie die skagte kan beveilig nie – die mynsekuriteit moet dit doen. Tot hulle makkers met pangas doodgekap is. Toe is hulle met mag en mening ontplooi. Teen dié tyd het die betogers toegeneem tot bykans 3 000 wat elke dag op die koppie  gaan sit het en bedrywighede by die myn het byna tot stilstand gekom omdat die oorblywende werksmag uit vrees weggebly het van die werk. Die betogers was met tradisionele wapens soos spiese en knopkieries asook pangas gewapen en dreunsang op die ritme van die gekap van pangas teen mekaar het die spanning by die minuut laat toeneem.

Intussen het die stakers geweier om die sogenaamde loongeskil te bespreek. Hulle het aan die media hulle eise oorgedra – hulle soek R12 500 per maand of die staking gaan voort. Geen eis is egter aan die werkgewer gegee nie en dit is hierdie feit, tesame met vals berigte dat Lonmin se rotsbooroperateurs slegs R4000 maand verdien (terwyl dit inderwaarheid tussen R10 000 en R11 000 is) wat bewys dat die staking slegs ‘n rookskerm vir ‘n veel dieper geskil is. ‘n Magstryd.

Op 16 Augustus het die skote geklap. Toe die stof gaan lê was 34 betogers dood en 78 ersnstig beseer. Nog 259 is in hegtenis geneem. Skokgolwe.

Die bespiegelings oor wie die eerste skoot afgevuur het duur steeds voort en ondersoekspanne uit elke oord probeer uitvind na wie die vinger gewys moet word.

Intussen lyk dit of dieselfde strategie reeds by ander platinummyne gevolg begin word. Almal se oë is op die Lonmin-onmin, want die manier waarop hierdie krisis opgelos word, gaan die raamwerk word vir die hele res van die bedryf of gaan die sneller wees vir nog hope geweld in die bedryf in die nabye toekoms.

Wat is nodig? Volgens my moet die betrokke vakbonde wat in die magstryd gewikkel is, soos beskwaafde volwassenes gesels en nie toegelaat word om op te hou met gesprekke tot daar tot ‘n gelyk gekom is nie.

Mammaloos op agt
Hy is net agt jaar oud. In graad 2. Sy mamma het hom gisteroggend nog by die skool afgelaai, maar daardie middag was hy mammaloos. Want sien, drie rowers het besluit die min wat sy mamma in haar motor gehad het, was te veel na hulle sin. Hulle wou dit vir hulself hê en hulle was bereid om te moor om dit te kry. Dit was presies wat hulle gedoen het en nou is hy mammaloos.

Mammaloos wanneer hy laerskool voltooi.

Mammaloos wanneer hy hoërskool toe moet gaan.

Mammaloos wanneer hy raad soek om sy eerste meisie te beïndruk.

Mammaloos wanneer hy dalk op die leerlingraad verkies word.

Mammaloos op sportdae, prysuitdelings en skoolkonserte.

Mammaloos wanneer sy koshuiskamer op universiteit ingerig moet word

… op sy troudag

… met die geboorte van sy eerste kind, haar kleinkind

Dit is verskriklik om te dink dat dit in Suid-Afrika lewensgevaarlik geword het om jou kind skool toe te vat. Wat sal dit vat om ‘n blywende verskil te maak? Wat is nodig om die kringloop van diepgewortelde haat te verbreek? ‘n Haat wat aan die een kant mense dryf om hierdie misdade te pleeg en aan die ander kant dikwels net so ‘n groot haat in die slagoffers se geliefdes laat posvat? Sal dit altyd ‘n onblusbare vuur bly?

Loopbaan of baba? Nee! Loopbaan EN baba!
“Vroue in Suid-Afrika stel al minder daarin belang om met families te begin, en fokus veel meer op hul loopbane en die aankoop van eiendom,” lui die inleidingsin van ‘n artikel getiteld “SA vroue kies loopbane bo babas” op Nuus24 vandag.

‘n Loopbaan OF ‘n baba? Waarom word daar in hierdie artikel voorgehou dat ‘n vrou die een of die ander moet kies? Waarom nie Loopbaan EN baba nie? Boonop maak hierdie artikel sommer lukraak hierdie afleiding op grond van ‘n groter hoeveelheid huislenings wat aan vroue toegeken word.

‘n Vrou kan ‘n suksesvolle loopbaan hê EN steeds kinders grootmaak en ‘n vrou vir haar man wees . Die vrou wat in Spreuke 31 beskryf word is ‘n pragtige voorbeeld hiervan. In die betrokke artikel word die groter hoeveelheid verbandlenings wat aan vroue toegeken word toegeskryf aan “die feit dat toenemend meer vroue kies om nie die tradisionele rolle van moederskap aan te neem tot hul middel of laat dertigs nie. Hulle kies dan ook om die arbeidsmark weer te betree nadat hulle hul kinders grootgemaak het…”

So asof werkende ma’s hulle kinders verlaat vir hulle loopbane! Ek bewonder tuisbly-ma’s en werkende ma’s. ‘n Ma se hande staan vir niks verkeerd nie. En bowenal glo ek vas dat niks in hierdie wêreld ‘n ma se liefde vir haar kinders of ‘n vrou se behoefte aan ‘n kind kan uitdoof of die plek daarvan kan inneem nie.

Om aan te voer dat vroue wat ‘n huis koop voordat hulle kinders het, die huis bo ‘n kind kies, is absurd. Hulle koop ‘n huis. Nes ‘n man ‘n huis kan koop. ‘n Vrou wat weer die arbeidsmark betree nadat sy ‘n kind gehad het, is niks minder van ‘n ouer as ‘n pa wat werk nie. Buitendien kan bitter min gesinne dit bekostig om met ‘n enkelinkomste ‘n bestaan te maak.

Dus: Liewe joernalis wat hierdie onnadenkende woorde gebraak het, sluk dit en soek ‘n beter verklaring vir die toename in huislenings aan vroue. Met babas het dit NIKS te doen nie!!!

Hiervoor sal ek honger bly
Ek is lief vir kosmaak en onthaal, maar volgende week, 26 en 27 Julie om presies te wees, gaan ek ver uit die kombuis bly. Om die waarheid te sê, ek gaan honger bly. Nie om maerder te word nie (hoewel ek dit sou verwelkom), maar om my steun vir ‘n baie goeie saak te wys.

Ek gaan aan Solidariteit Helpende Hand se massa-eetstaking deelneem. Die eerste massa-eetstaking in 2011 het met behulp van sosiale media ’n bedrag van R65 000 binne agt ure ingesamel. Die eetstaking help mense om met minderbevoorregte kleuters se nood te identifiseer. Die idee is dat jy die geld wat jy sou spandeer het op kos vir daardie dag aan Helpende Hand skenk. Dit word dan aangewend om voedingskemas in behoeftige kleuterskole op die been te kry.

Sosiale media (Facebook/Twitter/SMS’e) word gebruik om die projek te bemark en mense aan te moedig en uit te daag om aan die eetstaking deel te neem en om bydraes vir die Kosblikkieprojek te maak.

Hoe werk dit?

Neem deel aan die eetstaking op 26 en/of 27 Julie (enige tydperk van 24 uur op daardie twee dae).

Skenk die geld wat jy sou spandeer het op kos vir die dag (of jou snoepiegeld, uiteetgeld, fliekgeld, Loftus-geld of sjokoladegeld) vir die Kosblikkieprojek.

Gebruik die eetstaking-logo as jou profielfoto op Facebook en daag jou Facebook-vriende/Twitter-volgelinge uit om ook bydraes vir die projek te maak. (Jy kan sommer nou reeds begin!)

SMS “Kosblik” na 38657 en skenk R10 of maak ’n skenking:

Helpende Hand

FNB Centurion – takkode: 250655

Rekeningnommer:  6233 14455 03

Verwysing: Eetstaking

Krieketheld het die einde nie só gesien nie
Mark Boucher

Die Protea-paaltjiewagterveteraan, Mark Boucher, se uittrede uit krieket ná ŉ fratsongeluk waarin sy linkeroog ernstig beseer is, was ŉ hartseer einde aan ŉ blink krieketloopbaan. Boucher (35) moes ŉ noodoperasie van twee en ŉ half ure ondergaan nadat ŉ paaltjie wat Imran Tahir laat spat het om Gemaal Hussain terug te stuur na die kleedkamer, hom Maandag in die linkeroog getref het in die wedstryd teen Somerset in Taunton. ŉ Soortgelyke fratsongeluk het in 1990 ŉ einde aan Paul Downtown, ŉ paaltjiewagter vir Engeland, se krieketloopbaan gebring.

Boucher het in sy bykans vyftien jaar as Protea-paaltjiewagter 998 spelers met sy vangskote teruggestuur kleedkamers toe. In die 147 toetswedstryde wat hy gespeel het, het hy ŉ rekord opgestel as die eerste paaltjiewagter wat met 500 vangskote in toetswedstryde kon spog. Boucher het ook in 295 eendagwedstryde gespeel.

Dit is nog nie duidelik of Boucher se oog volkome sal herstel nie. Hy bly egter positief en het sy aanhangers op Twitter vir hulle ondersteuning bedank: “Ur support for me has brought me to my knees! I can’t thank u all enough. Gonna b a tough time 4 me regarding my eye but I will pull through. Retirement had 2 be called bit early, but thanks 2 EVERYONE 4 all the good times and tough ties! U have all contributed and I’m truly blessed!”

Die Proteas gaan Boucher se vinnige hande agter die paaltjies beslis mis!

‘n Klap in die gesig vir wit mense met gestremdhede
Indien die jongste voorgestelde wysigings aan die Wet op Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging ingestel word, gaan wit mense met gestremdhede finaal uit alle regstellendeaksie-prosesse geskop word. Hierdie wysiging is ‘n klap in die gesig vir wit mense met gestremdhede. Wit mense met gestremdhede loop onder net soveel stereotipes, diskriminasie en sommer net ‘n alledaagse gesukkel deur as swart mense met gestremdhede. Dit is verregaande dat ras nou amper as bykomende “disability” teen wit mense met gestremdhede gevoeg word en blatant op ‘n rassistiese manier gebruik word om wittes uit te sluit. Die uitsluiting van wittes uit bemagtiging maak van Suid-Afrika se bemagtigingsproses ŉ suiwer rasseproses en nie ŉ bona fide teendiskriminasieproses nie.

Solidariteit het vandag in ŉ voorlegging aan die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, gevra dat wit mense met gestremdhede ingesluit word in alle vorme van bemagtiging wat ten doel het om onbillike diskriminasie aan te pak. Solidariteit wil die neiging om wit mense met gestremdhede al meer uit bemagtiging te sluit, stuit en het derhalwe aangedring dat dié groep by alle definisies in wetgewing wat bemagtiging reguleer, ingesluit moet word.

Wit mense met gestremdhede is op die oomblik wel deel van die definisie van die aangewese groep in die Wet op Gelyke Indiensneming wat regstellende aksie reguleer, maar is reeds nie meer deel van die definisie van die aangewese groep in die BBSEB-wet nie. Volgens die nuwe wysigings dra die definisie in die BBSEB-wet meer gewig en dit sal geld indien daar enige spanning tussen die twee wette se definisies van die aangewese groep ontstaan.

In praktyk beteken dit dat indien ŉ maatskappy ŉ werklose wit persoon met ŉ gestremdheid in diens neem, die maatskappy nie punte vir sy swartbemagtigingstelkaart sal kry nie. Indien die maatskappy eerder ŉ welvarende, nie-gestremde swart persoon in diens neem, sal dit ingevolge die BBSEB-wet punte vir die aanstelling verdien. Indien ŉ wit persoon met ŉ gestremdheid die maatskappy ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming hof toe vat, sal die BBSEB-wet se definisie van die aangewese groep, wat wit mense met gestremdhede uitsluit, geld.

Hierdie voorgestelde wysiging van die BBSEB-wet volg ŉ regulasie van die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid wat wit mense met gestremdhede uit die definisie van die aangewese groep laat, wat in Desember 2011 aanvaar is. Ingevolge die betrokke regulasie sal die aangewese groep volgens die definisie daarvan in die BBSEB-wet bepaal word en dit sluit wit mense met gestremdhede uit. Die staat het wit mense met gestremdhede dus reeds in Desember verlede jaar uit bemagtigingswetgewing geskop.

Ek het ‘n serebraal-gestremde sussie wat onlangs ‘n werkie gekry het om bykomstighede vir poppe te verpak. Ek kry sommer trane in my oë wanneer ek dink hoe trots sy op dié werkie is. Hoewel sy skaars genoeg verdien om die brandstof na en van die werk af te regverdig, het sy steeds vir elkeen in ons familie ‘n klein kersgeskenkie gekoop. Vir haar bestaan daar nie iets soos “ras” nie. Vir haar is almal vriende. Wat is ek veronderstel om vir haar te sê wanneer die nuwe wet haar eendag direk raak?

As daar ooit ‘n wet was wat verregaande, skandelik, sommer net plein onaanvaarbaar rassisties is, dan is dit hierdie een.

Belydenis van ‘n “control freak”
Ek moet bely dat ek dikwels ‘n kleingelowige is. Ja, ek sukkel dikwels (meestal) verskriklik om te “let go and let God”. Ek is ‘n “control freak”en die gevolg daarvan is dat ek dikwels nie meer weet watter kant toe nie, omdat ek my die hele tyd bekommer oor dinge waaroor ek geen beheer het nie. My man het al spottenderwys opgemerk dat “bekommer” my voltydse stokperdjie is. As ek nie regtig iets het waaroor ek my kan bekommer nie, is ek bekommerd dat ek iets belangriks vergeet het. Vanoggend lees ek weer Psalm 127 en vers 2 staan toe beskuldigend, soos ‘n paal bo water uit. “Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.” En ek, die koningin van  “control freaks” moet erken en bely dat ek my kop die afgelope maande telkens in skaampte moes laat sak.

Waar ons die afgelope jaar geswoeg en gesweet en bekommer en gekla het, het God uit ‘n onverwagse (onmoontlike?) oord skielik uitkoms gegee. God het die onwaarskynlikste mens in ons lewens gebruik om goed te doen. En so kom die geleentheid toe, oornag, in ons slaap.

Ja, hier is dus nou my belydenis en voorneme vir 2012. Dat ek nie meer kosbare tyd, wat ek kan gebruik om my dankbaarheid aan God te bewys, aan bekommernisse gaan wy nie. Dit is ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe begin, ‘n nuwe, opwindende tyd uit God se hand wat op ons almal wag. En wanneer die beheermonster weer sy greep gaan kry, gaan ek fisies en geestelik, diep asemteue neem… “let go” (asem in), “let God” (asem uit)…

Sterkte vir die jaar.

Waar kom al die aggressie vandaan?
Hierdie week het ‘n paar artikels in die koerante vir my uitgestaan. In elke geval is dit tieners wat in die verskriklikste geweldsmisdade betrokke was. Die hofsaak van ‘n meisie en haar broer wat hulle ouers vermoor het is hervat en in nog ‘n geval is ‘n jong meisie is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal nadat vier jongmense (drie van hulle is tieners) haar in ‘n oënskynlike satanistiese ritueel aan die brand gesteek het. Waar kom al die aggressie vandaan? Verskeie studies probeer antwoorde bied: Een so studie wat in die VSA gedoen is beweer dat tieners wat baie gaskoeldrank drink meer geneig is tot geweld terwyl nog ‘n artikel die gevloekery op TV blameer. Hoewel ek nou nie ‘n studie onderneem het om dit te bewys nie, is ek meer geneig om aan te voer dat kinders se aggressie as gevolg van ‘n gebrek aan opvoeding en betrokkenheid by die huis veroorsaak word.Ek kon binne vyf minute aan ‘n hele rits redes vir hedendaagse tieners se rebelsheid en aggressie dink en ek is seker die lesers van die blog sal nog talle kan byvoeg:

Kinders wat in ouerhuise grootword waar Christelike waardes afwesig is, of net lippetaal bly, kweek kinders sonder ‘n kompas wat reg en verkeerd aandui.

Ekonomiese omstandighede wat druk, noodsaak in die meeste huisgesinne dat albei ouers moet werk. Dit opsigself veroorsaak nie aggressiewe kinders nie, maar ouers wat nie moeite doen om  nou betrokke te wees in hulle kinders se lewe nie, sukkel dikwels met kinders wat op negatiewe maniere hulle aandag probeer trek.

Ouers wat geen grense of reëls stel nie, of wat nie die reëls wat hulle stel konsekwent toepas nie, skep kinders wat glo dat hulle met enigiets kan wegkom.

Ouers wat nie saamstaan in hulle kinders se opvoeding nie veroorsaak dat kinders die een ouer teen die ander afspeel en vaardige manupileerders word.

Kinders wat nooit vir enigiets moet werk nie en alles kry wat hulle harte begeer (dikwels omdat ouers skuldig voel omdat hulle nie baie by die kind betrokke is nie), dink die wêreld skuld hulle iets. Wanneer hulle die teendeel ervaar, tree hulle aggressief op.

Kinders wat mishandel word en nooit hulp kry nie, probeer hulleself beskerm deur aggressiewe gedrag.

Kinders wat in enkel-ouerhuise grootword en verwerping deur minstens een ouer ervaar, tree dikwels aggressief op.

Ja, ek is seker dat ‘n oormaat suiker uit gaskoeldrank en die aggressiewe wêreld wat op TV, rekenaarspeletjies en die internet uitgebeeld word ook  bydraende faktore kan wees, maar ek glo dat tieners wat aggressief optree, eintlik maar net ‘n simptoom van ‘n groter probleem in die betrokke huisgesin is.

Hoe gemaak met monsters soos die?
Ek lees gister met afgryse die berig op die voorblad van die Beeld.  Die opskrif het my reeds aan die bewe gehad van ontsteltenis. “15j. ná sy baba met ‘two step’ vergiftig” lui dit. Ek lees die eerste paragraaf en gaan sit. “‘n Ma uit ‘n welgestelde woonbuurg in Pretoria het gif met haar baba se pap gemeng nadat die drie maande oue meisietjie nie die melk met gif in wou drink nie,” Dan volg die res van die tragiese verhaal en ek besef hierdie vrou is ‘n monster. Ek is seker daar is een of ander hartseer verhaal wat bygedra het dat sy is wie sy is, maar die feit is sy is nou ‘n monster. Haar eie twee broers het haar by die polisie aangegee: “Hulle het haar in ‘n motor gedwing, weerskante van haar gesit sodat sy nie kan uitspring nie en na die polisie gevat” lees ek verder. Die verskriklikheid van die storie het gemaak dat ek gistraand amper nie kon slaap nie.

Die eerste gedagte wat elke keer in my kop opkom is: Maar dit was ‘n onskuldige klein babatjie!

En dan… Hoe gebeur dit dat sulke mense in die eerste plek ‘n babatjie kry? Mense wat die wonderwerk van lewe as ‘n ongerief sien?

Hoe verklaar mens dit? Dan kom die volgende gedagtes soos ‘n vloedgolf. Het sy gely? Hoe verskriklik moet hierdie vrou wees as haar eie broers haar by die polisie gaan aangee? Watter ontnugtering wag daar op die vrou se ma wat steeds hoop dat daar ‘n kans is dat hierdie vrou gerehabiliteer sal word? Sal die familie ooit van hierdie verskriklike ontnugtering en trauma herstel?

En dan… (ek ril by die gedagte): Wat as die vrou weer swanger raak?

My eie, hormonale en broeis opinie: Hierdie vrou moet onmiddellik gesteriliseer word sodat sy nooit ooit weer so iets kan doen nie. Ek het simpatie met die vrou se sielkunde probleme – en ek is seker selfs meer as die gewone man op straat – maar geen siekte of versteuring of afwyking verskoon hierdie verskriklike gebeure nie.

Waar gaan alles eindig?

“Ag, dit sal in elk geval nie help nie”…
Ek hou vanoggend die peiling op Beeld se tuisblad (www.beeld.com) met belangstelling dop. Die vraag? Moet die maksimum spoedgrens op Suid-Afrika se paaie van 120km/h na 100km/h verlaag word? Aanvanklik loer ek net vinnig deur die alternatiewe en stem dan half ingedagte, maar toe die uitslag verskyn, laat die mense se “negatiwiteit” (?) my regop sit.

Waarom? Want die uitslag lees as volg:

Ja, te veel mense sterf op ons paaie: 684 stemme (7%)

Nee, dit gaan nie die probleem oplos nie: 8012 (78%)

Dit is ‘n goeie idee, maar niemand sal by die spoedgrens hou nie: 1570 (15%)

Waarom skiet ons alle idees sumier net af? Is dit nie die moeite werd om te probeer as dit selfs net een lewe kan red nie?

Ek moet bieg. Ek het nie eers ‘n studie gaan doen oor die praktiese en finansiële implikasies wat ‘n moontlike vermindering in die spoedbeperking kan inhou nie. Ek is seker daar is legio redes waarom dit ‘n uitdaging sal wees om so ‘n verlaging in te stel. En eindelik (of ons dit nou wil erken of nie) gaan dit (minstens aanvanklik) grootliks van die mense wat die nuwe spoedgrens moet afdwing afhang of dit ‘n verskil gaan maak of nie.

Ek is een van die 684 mense en ek verkies om aan te hou hoop dat daar iets is wat elkeen van ons kan doen om die slagting op ons paaie te keer. As ek tien minute later by my bestemming moet aankom, is dit ook reg. Wat is tien minute immers in ‘n leeftyd? Tien minute as dit iemand anders ‘n leeftyd kan gee?

Waarvoor het jy gestem?