Bladsy 1 van 1312310...Laaste »

Outeur Argief vir Moira Kloppers

Belydenis van ‘n “control freak”

Ek moet bely dat ek dikwels ‘n kleingelowige is. Ja, ek sukkel dikwels (meestal) verskriklik om te “let go and let God”. Ek is ‘n “control freak”en die gevolg daarvan is dat ek dikwels nie meer weet watter kant toe nie, omdat ek my die hele tyd bekommer oor dinge waaroor ek geen beheer het nie. My man het al spottenderwys opgemerk dat “bekommer” my voltydse stokperdjie is. As ek nie regtig iets het waaroor ek my kan bekommer nie, is ek bekommerd dat ek iets belangriks vergeet het. Vanoggend lees ek weer Psalm 127 en vers 2 staan toe beskuldigend, soos ‘n paal bo water uit. “Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.” En ek, die koningin van  “control freaks” moet erken en bely dat ek my kop die afgelope maande telkens in skaampte moes laat sak.

Lees verder ‘Belydenis van ‘n “control freak”’

Waar kom al die aggressie vandaan?

Hierdie week het ‘n paar artikels in die koerante vir my uitgestaan. In elke geval is dit tieners wat in die verskriklikste geweldsmisdade betrokke was. Die hofsaak van ‘n meisie en haar broer wat hulle ouers vermoor het is hervat en in nog ‘n geval is ‘n jong meisie is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal nadat vier jongmense (drie van hulle is tieners) haar in ‘n oënskynlike satanistiese ritueel aan die brand gesteek het. Waar kom al die aggressie vandaan? Verskeie studies probeer antwoorde bied: Een so studie wat in die VSA gedoen is beweer dat tieners wat baie gaskoeldrank drink meer geneig is tot geweld terwyl nog ‘n artikel die gevloekery op TV blameer. Hoewel ek nou nie ‘n studie onderneem het om dit te bewys nie, is ek meer geneig om aan te voer dat kinders se aggressie as gevolg van ‘n gebrek aan opvoeding en betrokkenheid by die huis veroorsaak word. Lees verder ‘Waar kom al die aggressie vandaan?’

Hoe gemaak met monsters soos die?

Ek lees gister met afgryse die berig op die voorblad van die Beeld.  Die opskrif het my reeds aan die bewe gehad van ontsteltenis. “15j. ná sy baba met ‘two step’ vergiftig” lui dit. Ek lees die eerste paragraaf en gaan sit. “‘n Ma uit ‘n welgestelde woonbuurg in Pretoria het gif met haar baba se pap gemeng nadat die drie maande oue meisietjie nie die melk met gif in wou drink nie,” Dan volg die res van die tragiese verhaal en ek besef hierdie vrou is ‘n monster. Ek is seker daar is een of ander hartseer verhaal wat bygedra het dat sy is wie sy is, maar die feit is sy is nou ‘n monster. Haar eie twee broers het haar by die polisie aangegee: “Hulle het haar in ‘n motor gedwing, weerskante van haar gesit sodat sy nie kan uitspring nie en na die polisie gevat” lees ek verder. Die verskriklikheid van die storie het gemaak dat ek gistraand amper nie kon slaap nie. Lees verder ‘Hoe gemaak met monsters soos die?’

“Ag, dit sal in elk geval nie help nie”…

Ek hou vanoggend die peiling op Beeld se tuisblad (www.beeld.com) met belangstelling dop. Die vraag? Moet die maksimum spoedgrens op Suid-Afrika se paaie van 120km/h na 100km/h verlaag word? Aanvanklik loer ek net vinnig deur die alternatiewe en stem dan half ingedagte, maar toe die uitslag verskyn, laat die mense se “negatiwiteit” (?) my regop sit.

Waarom? Want die uitslag lees as volg:

Lees verder ‘“Ag, dit sal in elk geval nie help nie”…’

Want die slegte kom vanself

Hoop op en hou vas aan die goeie, want die slegte kom vanself

Dit is my oupa se wyse woorde. En dit is waar. Dit is so maklik om net die negatiewe en slegte in die lewe raak te sien. En dit is eintlik maar net ‘n gewoonte. ‘n Slegte een. Wanneer ‘n mens die televisie aanskakel, word die nuus oorheers deur slegte nuus. Goeie nuus haal nooit die nuus nie. En so het ons aangeleer om in ons eie lewens ook net die slegte dinge in ons lewens “nuuswaardigheid” te gee. G’n wonder elke tweede man op straat ly aan depressie nie!

Om waarlik ‘n gebalanseerde, positiewe mens te wees, moet ‘n mens ‘n punt daarvan maak om die positiewe dinge in jou lewe; die dinge waarvoor jy dankbaar kan wees; die dinge waarop jy kan hoop en waaraan jy kan vashou, meer nuuswaardigheid in jou lewe te gee as die negatiewe.

Lees verder ‘Want die slegte kom vanself’

Skuldgevoel se voet

En toe word ons verlede Donderdag deel van die misdaadstatistiek in Gauteng. Buite ons huisie, in ‘n “veiligheidskompleks” slaan booswigte in die middel van die nag ons motor se agterste ruit uit, klim deur die stukkende venster, ruk die radio half uit, krap die GPS uit sy wegsteekplek uit en vlug met my skootrekenaar.

Ja, ek het my skootrekenaar in my motor vergeet. Die eerste en enigste keer. En in Klopjag se woorde: Ek sal nie langer jammer sê nie. Want sedert die betrokke voorval moet ek net heeltyd aan almal verduidelik waarom ek “so nalatig was” om my skootrekenaar in my motor te los; waarom die voertuig nie in die garage was nie en “het julle dan niks gehoor nie?”.

Die punt is: Ek hoef nie en sal nie jammer te sê vir ander se sondes nie.

Lees verder ‘Skuldgevoel se voet’

Bladsy 1 van 1312310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube