Bladsy 1 van 3123

Outeur Argief vir Marnia Verwey

Staatshospitale: Is daar verbetering?

Ons het onlangs ʼn projek aangepak om meer uit te vind oor wat werklik in staatshospitale gebeur. Ek het die afgelope week maar sleg geslaap nadat ek mense se verhale oor hulle ervarings in staatshospitale gehoor het. My hart is seer en my kop kan nie sin maak van hoe mense so min vir ander kan omgee nie. Lees verder ‘Staatshospitale: Is daar verbetering?’

Wat ‘n katte lewe…

Is jou interne horlosie al so opgewen dat jy elke dag nog voor jou wekker wakker is, of lê en “snooze” jy jou wekker tot op nommer 999? Volgens Makoto Akashi van die navorsingsinstituut van die Yamaguchi Universiteit in Japan, kan jou liggaam se interne horlosie verklaar word deur die hare op jou kop.

Klik hier om na die radio program te luister

Lees verder ‘Wat ‘n katte lewe…’

Steve Biko Akademiese Hospitaal 2

Deur: Marietjie van der Walt

Toe ek hoor dat daar gesoek word na vrywilligers om by die hospitaal te gaan uithelp, het ek nie twee keer gedink om my naam op te gee nie. Dit is immers vir n goeie doel.

Ek was opgewonde daaroor maar daar was ook n tikkie vrees in my. Jy hoor tog so baie van die stakers wat mense intimideer.

Lees verder ‘Steve Biko Akademiese Hospitaal 2′

Steve Biko Akademiese Hospitaal

Deur: Risha Oosthuizen

Ek kon nie gou genoeg ja sê nadat ek ʼn uitnodiging ontvang het om te gaan uit help by dié Hospitaal nie. Dit was vir my ʼn voorreg om te kan deel wees van so ʼn geleentheid om my medemens te kon help. Baie dankie ook aan my Werkgewer asook die Bedryfshoofde wat die geleentheid vir my moontlik gemaak het.

Lees verder ‘Steve Biko Akademiese Hospitaal’

Raar maar waar – Kan jy dit glo?

Op 4 Mei 1951 het sir Hugh Beaver, destyds die besturende direkteur van die Guinness-brouery, in ʼn argument betrokke geraak oor watter voël die vinnigste in Europa is. Ná ʼn ruk het hy besef dat dit onmoontlik is om dit te bepaal met die bronne wat hy tot sy beskikking gehad het. Hy het gevolglik besluit om ʼn boek saam te stel waarin hy sulke antwoorde aan mense kan verskaf. 

Lees verder ‘Raar maar waar – Kan jy dit glo?’

Die wêreld is vol vreemde mense!

Jerry Douthett, ʼn Australiër, het verlede week aan die pers gesê dat hy dankbaar is dat sy hond die helfte van sy toon geëet het terwyl hy bewusteloos was.

Die hond, Kiko, se aksie het daartoe gelei dat diabetes by Douthett gediagnoseer is. Douthett het die siekte waarskynlik reeds lank onder lede, maar dié hardekwas glo nie in dokters nie. Nou ontvang hy behandeling wat sy lewe moontlik kan red.

Lees verder ‘Die wêreld is vol vreemde mense!’

Bladsy 1 van 3123



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube