Outeur Argief vir Marietha Malan

Vir hierdie deur is geen sleutels nodig

“Hierso.” Rudolf oorhandig ’n motorsleutel aan ’n bruin leer-sleutelhouertjie aan my. Hy lyk ernstig en amptelik. Ek frons. Ek ken nie die sleutel nie.

“Wie se sleutel is dit, Rudolf?”

“Dis die kombi se sleutel.”

My hart maak ’n ekstra bokspring. “Die kombi s’n! Wat moet ek dáármee doen?”

“Ek weet nie,” sê Rudolf bedruk. “Oom Doepie het dit vir my gegee, en nou gee ek dit vir jou.”

Ek kyk na die sleutel. Dit is die sleutel van ’n kombi wat nooit weer sal ry nie. Die sleutel van ’n kombi wat verfrommel in die noorde van Mosambiek lê. ’n Kombi waarin twee mense hulle lewens verloor het.

Ek hang dit ernstig en amptelik aan die sleutelhaak in my kombuis. ’n Nou nuttelose artikel wat nie meer ’n voertuig nie, maar ’n stuk geskiedenis oopsluit.
Lees verder ‘Vir hierdie deur is geen sleutels nodig’




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube