Solidariteit Blog » Johan Nortje

Hoekom lieg hulle vir ons?
“Get your facts first, and then you can distort them as much as you please” – Mark Twain

Gedurende 2012 het die Hoogste Hof van Appèl verklaar dat die minister van binnelandse sake onredelik die visum van die Dalai Lama vertraag het, nadat vir die publiek vertel is dat een van die mees berese persone nie weet hoe om ŉ visumvorm ordentlik in te vul nie.

In sy boek Why leaders Lie gee professor in politieke wetenskap professor, John J. Mearsheimer, ŉ sistematiese ontleding oor hoekom leiers van state van leuens gebruik maak as ‘n instrument van staatkunde.  Staatshoofde en leiers van politieke partye wat ‘n gids nodig het om hulle te help jok, kan uiteindelik hierdie boek deel maak van hul leesstof, soos die DA se handleiding We are just not that into you en die ANC se Hitchhiker’s Guide to the NDP.

Mearsheimer illustreer deur middel van ‘n uitgebreide lys prominente historiese voorbeelde hoekom politici die waarheid verdraai, en ook gebruik maak van strategiese dekking en misleiding. Hoewel die fokus van die boek op internasionale betrekkinge is, veral state se buitelandse beleid, kan dit gebruik word as ŉ interessante verklaring van die inheemse politieke spel. In die begin van die tesis verduidelik Mearsheimer dat daar kategorieë is om die verskillende vorme van leuens te verduidelik en dat leuens partymaal nodig is om strategiese doelwitte te behaal – in teenstelling met selfsugtige leuens wat politikusse vertel om hulle beeld te beskerm, soos die Bill Clinton-voorval illustreer.

Daar is vyf vorme van leuens in die internasionale politiek. Die eerste soort is ‘interstate lying’. Dit is waar die staatshoof van byvoorbeeld land A jok vir die leier van land B.  Gedurende die Koue Oorlog het die VSA baie moeite gedoen om die Sowjet-Unie te probeer oortuig dat, indien daar ŉ militêre inval deur Sowjet-unie van Wes-Europa via die Oosblok sou wees, Uncle Sam nie sou huiwer om kernwapens te gebruik om Wes-Europa te verdedig nie. Henry Kissinger, ‘n voormalige sekretaris van die staat  en Robert McNamara sekretaris van Verdediging van 1961 tot 1968 het albei later herken dat hierdie retoriek slegs as ŉ afskrikmiddel deur hul verskeie administrasies  gebruik is om die Sowjet-Unie se invloed in te perk. ŉ Fassinerende opmerking wat deur Mearsheimer gemaak is, is dat hierdie soort leuens selde gebeur.

Die tweede vorm is bedreiging-spekking (“fear mongering”), met leiers wat leuens aan hul eie publiek vertel om sodoende ondersteuning vir ŉ beoogde doelwit te verkry. Voorbeelde hiervan is oudpres. George W. Bush van Amerika en Tony Blair, oudpremier van Groot-Brittanje, sowel as diktators soos Kim Jong Il van Noord-Korea en Slobodan Milošević, oudpresident van Serwië en Joegoslawië.

Die derde soort leuens is strategiese dekking. Wat beteken dat state inligting onderdruk. Dit word gewoonlik gebruik in die diens van ŉ staat se nasionale belang. Toe President John Kennedy van die VSA met Nikita Kruschev van die

Sowjet-Unie onderhandel het om die Jupiter-missiele uit Turkye te onttrek om die Kubaanse missielkrisis te beëindig, het die Kennedy-administrasie ontken dat só ŉ onderhandelingsproses ooit plaasgevind het: dus kon albei administrasies tyd koop en genoegsame politieke ruimte is gegee vir albei administrasies om die konflik vreedsaam op te los.

Die vierde soort leuen is die skepping van nasionalistiese mities. State vertel leuens oor hul verlede om gewoonlik ander akteurs in ŉ slegte lig te stel. ŉ Goeie voorbeeld is die politieke wanvoorstelling deur die Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma, tydens die ANC se eeufeesvieringe. Hy het Kuba geprys vir sy bydrae tot die skynbare militêre oorwinning teen die ou Suid-Afrikaanse weermag in die Slag van Cuito Cuanavale in Angola in

Die laaste vorm van lieg is wat  Mearsheimer noem liberale leuens. Volgens hom bestaan daar ‘n universele ontwikkelde liggaam van norme wat aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag van die staat voorskryf, gedurende oorlog sowel as tydens vreedsame periodes. Die meeste staatshoofde beweer dat hulle hierdie liberale norme aanvaar en  beklemtoon hul verbintenis tot die oppergesag van die reg. Tog vind leiers soms, dat hulle nasionale belang, hulle dwing om op te tree op ‘n wyse wat teenstrydig is met hierdie reëls.  ŉ Voorbeeld wat Mearsheimer voorgee is  universele reëls  waardeur state oorlog kan voer teen mekaar, soos vervat in die VN se wet van gewapende konflik.  Wanneer state hulself wangedra tydens ŉ oorlog,  soos byvoorbeeld menseregte skendings gedurende ŉ konflik, sal daardie state wat skuldig is aan die skendings, leuens versprei te regverdiging van hulle oortredings.

So volgende keer as jy vermoed ŉ politikus lieg,  probeer om die redes te identifiseer.

As lande 10111 skakel, kom dit slegs by ‘voicemail’ uit?
Die afgelope week het die Palestynse groep Hamas vuurpyle na Israel afgevuur. Verskeie organisasies se reaksie was om die aanval in die pers te veroordeel. Die staat van Israel het besluit om nie die persverklaring-roete te loop nie en het met F16 vegvliegtuie en ‘smart bombs’ reageer. Verskeie organisasies, insluitende Cosatu, het die Israelse teenaanval veroordeel. Een van die vrae wat hier gevra kan word, is: As lande in die moeilikheid beland, kan hulle die Verenigde Nasies vir hulp skakel, of speel Lady Gaga se ‘Poker Face’ terwyl hulle wag vir die eerste beskikbare operateur.

Daar is verskillende teorieë om die internasionale orde te ontleed. Metodes sluit onder andere realisme,  liberalisme, konstruktivisme, kritiese benaderings sowel as menseregte instellings in. Elkeen van hierdie denktradisies het hulle eie sterk punte en tekortkominge. Wanneer ek die internasionale order analiseer, vind ek myself keer op keer in die realisme-kamp (alhoewel hierdie benadering nie vir my gemoed goed is nie).

Vir realiste, soms ook strukturele realiste of neorealiste genoem, word die internasionale stelsel, soos beskryf deur Kenneth Waltz,  gekenmerk deur anargie. Dit beteken basies dat daar ŉ afwesigheid van ŉ sentrale owerheid is. State is soewerein, speel ŉ sentrale rol, outonoom van mekaar. State word met mekaar verbind deur kragdadige dwang of vrywillige toestemming aangesien geen inherente struktuur van samewerking bewerkstellig kan word nie. State sien politieke verskynsels soos hulle werklik daar uitsien, eerder as om hulle met morele parameters te bemoei.

Binne hierdie tradisie van politieke denke het die sogenoemde offensiewe realis John J. Mearsheimer, twee kernpunte uitgewys: eerste, as gevolg van die anargie van die internasionale stelsel moet state voortdurend hulle eie oorlewing teen invalle en besetting deur ander groepe of lande verseker. State se dringendste prioriteit is dus om die maksimum  militêre, ekonomiese en diplomatieke druk teen ander state uit te oefen sodat hulle altyd ŉ politieke magsbalans het.  Tweedens is state rasionele akteurs. Met ander woorde, gegewe die doel van oorlewing, sal state optree om die waarskynlikheid van voortgesette bestaan te beskerm. Dink maar net aan Saddam Hoesein wat vir 24 jaar aan bewind was voordat Uncle Sam uiteindelik besluit het dat dit moet end kry.

As gevolg van realiste se oorheersende klem op anargie en mag het hulle ŉ pessimiste uitkyk op internasionale reg en instellings soos die VN. Dit is nie te sê dat organisasies soos die VN en Europese Unie nie ŉ belangrike rol speel nie, inteendeel, maar dit moet in konteks gesien word. My argument is dat die VN en EU beste funksioneer met betrekking tot wat Joseph Nye beskryf het as  sagte krag. Sagte krag is die vermoë om die gedrag van ander rolspelers sonder direkte dwang te beïnvloed om die uitkomste te kry wat jy wil hê. Maniere waarop ‘n mens dit kan bereik is deur diplomatieke druk en samewerking op terreine van gemeenskaplike belang.

Maar die feit bly staan dat as die Sioniste gewag het vir die VN of enige ander internasionale liggaam  om die harde werk te doen, vermoed ek dat hulle nou nog sou gewag het.  Soos die Solidariteit Beweging al gesê het, selfhelp en eie verantwoordelikheid is ŉ werkbare oplossing.

Moenie Kameraadskap met Vriendskap verwar nie.
Aan die einde van die publikasie getiteld ‘Why Socialism’ uitgereik deur die Suid Afrikaanse Kommuniste Party, verskyn die verklaring “above all, life teaches workers, like no other social force, that an injury to one is an injury to all”. Hierdie aanhaling illustreer onberispelik die ideologiese  raamwerk waaruit dié party die wêreld waarneem.

ŉ Ander narratief wat die essensie van die sosialistiese geloofsbelydenis weerspieël, is dat hulle na hul bondgenoot as ‘comrade’ verwys. In sy boek Defying Hitler skryf Sebastian Haffner: “Comradeship always sets the cultural tone at the lowest possible level, accessible to everyone, which more and more looks like a primer on the disintegration of the early 21st century. It cannot tolerate discussion; in the chemical solution of comradeship, discussion immediately takes on the color of whining and grumbling. It becomes a mortal sin. Comradeship admits no thoughts, just mass feelings of the most primitive sort—these, on the other hand, are inescapable; to try and evade them is to put oneself beyond the pale.” Dus skep kameraadskap die illusie van ŉ ware verhouding tussen individue.

As gevolg hiervan maak ŉ persoon dus ŉ fout van interpretasie, om kameraadskap met ŉ vriendskaplike verhouding te verwar. Vriende deel ŉ emosionele, spirituele en intellektuele verwantskap teenoor mekaar. Ralph Waldo Emerson druk dit uit as “a friend is a person with whom I may be sincere. Before him I may think aloud”.  ŉ Vriend is soos ŉ innerlike spieël wat jou versigtig uitdaag om te ervaar en groei. Kortweg, ŉ vriend dwing jou as individu om heel te word. Kameraadskap laat nie hierdie groei plaasvind nie. Daar word geen verwagting op die self geplaas nie, geen refleksie, dus geen groei nie, en dit het ŉ impak op immobiliteit sowel as evolusie, want die persoon moet na die groep kyk vir leiding en idees.

Francis Fukuyama verduidelik in “The Future of History” dat daar, in reaksie tot die ekonomiese afswaai in 2008, juis weens die gebrek aan idees en kompetisie, nie ŉ vorm van linkse mobilisasie was nie, maar eerder ŉ halfhartige gekerm na die terugkeer van outydse sosiale demokrasie.”

Nie voordat hierdie wanpersepsie van kameraadskap, wat veronderstel is om vir ŉ persoon vriendskap en gemeenskap te verteenwoordig, na die lig gebring word nie, het ons nog lank nie die einde van optogte na kunsgalerye of retoriek teenoor ŉ denkbeeldige vyand gesien nie.