Bladsy 3 van 23« Eerste...23410...Laaste »

Outeur Argief vir Jaco KleynhansBladsy 3 van 23

Ons het baie om by die Amish te leer

Ek het groot bewondering vir die “Amish” (die Amiese Doopsgesindes) van Noord-Amerika. Dit is ongelooflik hoe hierdie groep van om en by 200 000 mense dit regkry om hul waardes en leefstyl te behou te midde van ʼn vinnig veranderende wêreld rondom hulle.

Daar lê soveel lesse in die Amiese leefwyse vir die res van ons opgesluit – beginsels soos om in harmonie met die omgewing te leef, selfonderhoudend te wees en nie Mammon en haar kredietkaarte te verafgod nie. Die vooropstelling van die tradisionele gesin en die beoefening van tradisies en kulturele aktiwiteite maak van die Amish vervulde en gelukkige mense. Lees verder ‘Ons het baie om by die Amish te leer’

Wie weet hoeveel is 13 triljoen?

Die Amerikaners weet van skuld maak. Sedert Barack Obama president van die VSA geword het, word die land se skuldlas selfs teen ‘n hoër tempo groter as toe George (Big Spender) Bush president was. Die Amerikaanse regering se skuldlas het sopas die $13 triljoen merk verbygesteek. Sjoe! Hoeveel is 13 triljoen? Wel om jou ‘n idee te gee: Dit is so 26 keer meer as wat die hele Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk is!

Die VSA se skuldlas neem tans teen meer as R4 miljard per dag toe en indien die skuld tussen die land se 308 miljoen inwoners verdeel word beteken dit dat elke Amerikaner meer as $42 ooo skuld. Die gemiddelde jaarlikse inkomste van Amerikaners is $46 000! Indien alle Amerikaners dus vir 11 maande land hul volle salarisse aan die staat skenk sal hulle dalk hulself uit die skuldlas kan bevry. Waarvan hulle egter dan gaan leef om nie eers te vra hoe hulle hul groot Chevy, Ford en Dodge-bakkies gaan betaal nie, bly natuurlik ‘n opevraag.

Israel het ʼn reg om homself teen terroriste te beskerm

Die internasionale media en ʼn hele paar wêreldleiers het behoorlik die kluts kwyt geraak nadat Israel vroeër hierdie week ʼn konvooi skepe wat kamstig noodvoorrade na die Gaza-strook wou neem, voorgekeer het. Wyd en syd is Israel se “gewelddadige” optrede veroordeel en is die lyding van die 1,5 miljoen Palestyne in die Gaza-strook herbeklemtoon. Hierdie media-instellings en politici het hulself egter nie behoorlik van die feite vergewis voordat hulle Israel se optrede veroordeel het nie. Lees verder ‘Israel het ʼn reg om homself teen terroriste te beskerm’

Minder sosialisme en minder beheer asb.

Werkloosheid styg, armoede neem toe, plakkershuise duik orals op – hoekom kan Suid-Afrika se ekonomie nie vir meer werksgeleenthede en beter welvaart sorg nie?

Volgens my is die antwoord eenvoudig: Te veel sosialisme en te veel beheer. Indien ‘n dorp misluk – laat hom misluk. Laat die mense self die probleme oplos. Indien belastingbetalers nie tevrede is met dienslewering nie laat hulle hul belasting weerhou en dit aanwend om self vir dienste te sorg. Lees verder ‘Minder sosialisme en minder beheer asb.’

Immigrasie wat werk

Talle eerstewêreldlande worstel tans met die probleem van immigrasie. In die onlangse Britse verkiesing was immigrasie een van die belangrikste besprekingspunte. In die meeste Europese lande en die VSA word anti-immigrasiepartye al hoe sterker en die anti-immigrasiestryder Geert Wilders gaan waarskynlik in volgende maand se Nederlandse verkiesing baie goed vaar.

Die deelstaat Arizona in die VSA het onlangs nuwe wetgewing goedgekeur waarvolgens die polisie in die staat mense mag versoek om bewys van burgerskap of verblyfreg te toon. Lees verder ‘Immigrasie wat werk’

Goeie artikel oor die sukses van die vrye mark

Coffee and a Lesson in Economics
by Gavin Ray

The other day I took a detour off the M1 north to get a take-away coffee from my favourite coffee shop in Melrose Arch. Melrose Arch is a large office/residential/retail development between Sandton and Rosebank in Johannesburg, and it models what essentially can be called a private suburb. Stunning architecture, beautifully tiled pavements and roads, elegant trees and lights, as well as universal wi-fi make Melrose Arch an amazing experience. In a city of malls, it is also almost unique because its stores open onto the street and its restaurants spill out onto the pavements. Lees verder ‘Goeie artikel oor die sukses van die vrye mark’

Bladsy 3 van 23« Eerste...23410...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube