Bladsy 2 van 2312310...Laaste »

Outeur Argief vir Jaco KleynhansBladsy 2 van 23

Spanje wen sokker, Nederland sterker op talle ander terreine

ʼn Studie deur die Legatum-instituut het bewys dat Nederland een van die Europese lande is wat baie sterker uit die internasionale resessie uitgekom het. Spanje het dalk die Sokkerwêreldbeker gewen, maar op talle terreine het hulle ernstige probleme.

Volgens dié studie vergelyk die twee lande goed op die gebiede van demokratiese instellings, persoonlike vryheid en onderwys. Die gehalte van gesondheidsorg is op ʼn hoë vlak in beide lande, met Nederland wat ʼn kort kop voor is. Lees verder ‘Spanje wen sokker, Nederland sterker op talle ander terreine’

Het die Britte net groot geskrik?

Brittanje is in groot moeilikheid. Soos Griekeland, Spanje, Portugal en nog ʼn paar ander Europese lande waar linkse regerings ook die afgelope dekade of wat regeringspandering sodanig laat toeneem het dat die lande se begrotingstekorte krisisafmetings begin aanneem het, moet die Britse regering nou op groot skaal spandering verlaag en selfs belasting verhoog.

Die nuwe koalisieregering in Brittanje, wat die Konserwatiewe Party en die Liberaal Demokrate insluit, het onlangs ʼn noodbegroting ingedien waarvolgens regeringspandering met miljarde ponde gesny word. Deel van die begroting is ook die verhoging van sommige belastings. Lees verder ‘Het die Britte net groot geskrik?’

Regeringsoorname, die ateïstiese manier

Australia's Kevin Rudd and Julia Gillard

Deelnemers op ʼn Australiese webblad vir ateïste het die afgelope week of wat behoorlik gejuig oor die nuus dat Julia Gillard nie net Australië se eerste vroulike eerste minister is nie, maar ook die land se eerste ateïstiese eerste minister.

Gillard se woordvoerder het ʼn vraag oor die nuwe eerste minister se geloofsoortuigings geantwoord deur Gillard as “non religious” (nie-gelowig) te beskryf.

Gillard sal egter nie net in die geskiedenis onthou word as die eerste vroulike of eerste ateïstiese Australiese eerste minister nie, maar ook vir die slinkse manier waarop sy haar voorganger, Kevin Rudd, uit die kussings gelig het. Lees verder ‘Regeringsoorname, die ateïstiese manier’

Sorry for this ugly English

Sorry but today I need to write this little letter in my simple English. I’m so worried that I may get legal action against me for not writing my blogs in the universal language of English.

Se dinges!!!

Van wanneer af doen mens dinge in Engels net omdat jy bang is om hofsake teen jou te kry indien jy dit nie so doen nie. Die Universiteit van Stellenbosch het homself as ‘n bangbroek, lafhartige instelling bewys toe sy rektor,  Prof. Russel Botman, gister gesê het dat die US kursusse ook in Engels aanbied omdat hulle bang is om hofsake teen hulle te kry. Lees verder ‘Sorry for this ugly English’

Beweging uit die kerk en na regs

Europa bly ʼn interessante kontinent. Die beste oorlogstories kom uit Europa, asook baie van die beste uitvindings en ekonomiese suksesse van die laaste eeu. Dit is egter asof die meeste Europeërs met ʼn identiteitskrisis sit. Mense uit Afrika en die Midde-Ooste stroom Europese lande binne en is besig om die gesig van Europa te verander. Europeërs ding al moeiliker ekonomies mee met China, Indië en ander ontluikende ekonomieë. Boonop moet Europese lande ook rekening hou met ʼn baie lae bevolkingsaanwas en verouderende bevolking en daarom raak dit al hoe moeiliker om die welsynstaat waarvoor hulle tog so bekend is in stand te hou.

Nog ʼn tendens wat homself die afgelope tyd in Europa afspeel, is die konstante afname in mense wat hulself Christene noem en die selfs groter afname in die aantal mense wat gereeld kerkdienste bywoon. Lees verder ‘Beweging uit die kerk en na regs’

Baie waar brief in Volksblad

Die volgende baie waar brief het vroeër hierdie week in Volksblad verskyn. My standpunt is ook dat jy maar kan gaan sokker en rugby kyk, maar moenie van ons wonderlike Afrikanerkultuurskatte vergeet en dit afskeep nie. Gaan besoek ook ‘n slag ‘n museum of maak ‘n skenking aan ‘n monumentfonds.

Sport: Waardes nou windskeef
deur Hennie en Susan Bredenkamp

Met die aanbreek van die Wêreld- beker-sokkertoernooi en nog ’n heerlike rugbynaweek voor die deur tref dit my dat prioriteite en waardestelsel van ons ou volkie darem nou neig om heel skeef te wil trek.

Met die geblêr van duisende vuvuzelas voor bollende wange, reënbooggeverfde gesigte en lywe, behoringde beneusringde manne en professionele ontwerpte klerasie van geesdriftige ondersteuners is die land in ’n euforie van feestelike sportmalheid vasgevang. Meer as ooit tevore. Lees verder ‘Baie waar brief in Volksblad’

Bladsy 2 van 2312310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube