Solidariteit Blog » Jaco Kleynhans

Die internet bring groter ekonomiese vryheid en welvaart
Volgens statistieke wat die Amerikaanse navorsingsmaatskappy, Gallup, bekend gemaak het, is Swede, Singapoer, Hongkong, Switserland en Kanada tans die vyf lande met die hoogste internettoegang. In al vyf hierdie lande het tussen 86% en 88% van mense internettoegang by die huis.

Al vyf lande toon ook ŉ groot toename in entrepreneurskap en mense wat ekonomiese aktiwiteite vanaf die huis deur middel van die internet bedryf. Finland het onlangs so ver gegaan as om toegang tot die internet tot ŉ basiese reg vir al sy burgers te verklaar. Heelwat vooruitstrewende lande glo dat hoe meer mense goedkoop en vinnige internettoegang het, hoe meer mense die internet sal gebruik om hulself ekonomies te bemagtig, veral oor landsgrense heen.

Suid-Afrika is baie ver agter wat internettoegang betref en selfs Kenia bied sy burgers beter toegang tot die internet. Indien internettoegang in Suid-Afrika nie goedkoper en meer toeganklik gemaak word nie, sal entrepreneurskap in die nuwe internetekonomie ook nie bevorder kan word nie.

Ander internasionale nuus van die week:

Australië: Julia Gillard, Australië se eerste minister, wat so te sê ŉ staatsgreep uitgevoer het, sal nog ten minste vir ŉ paar dae moet wag voordat sy sal weet of haar slinkse oorname van die eersteministerskap suksesvol was. Die stemme word nog getel ná Saterdag se verkiesing en dit is tans ŉ kop-aan-kop-stryd, met Gillard se Arbeidersparty en die Groenparty wat saam bykans dieselfde hoeveelheid setels as die koalisie tussen die Liberale Party en die Nasionale Party behaal het.

Pakistan: Terwyl miljoene Pakistani’s steeds sonder behoorlike huisvesting na die onlangse vloede in dié land is, maak terroriste-organisasies van die geleentheid gebruik om gebiede in die noorde verder te destabiliseer. Drie bomontploffings vroeër die week het tot die dood van tientalle mense aanleiding gegee.

Gaza: Ten spyte van die persepsie dat die inwoners van die Gaza-strook deur Israel onderdruk word, het ŉ klein, maar luukse winkelsentrum, die Gaza Mall, onlangs in Gaza oopgemaak. Volgens Israel is dit ŉ teken dat die inwoners van Gaza nie onderdruk word en nie verhoed word om met ekonomiese aktiwiteite voort te gaan nie.

Die mag van die 30% aan jou linkerkant
“Arme president Obama” is deesdae ŉ algemene stelling wat in gesprekke tussen liberaliste in die VSA gemaak word. Obama is besig om ŉ baie ongewilde president te raak. Meer as 50% van Amerikaners is ontevrede met sy prestasie as president.

Met die verkiesing van Barack Obama as president van die VSA in 2008 is ŉ euforie oor ŉ nuwe era in Amerikaanse politiek geskep. Die probleem is dat die verwagting groter was as die vermoëns van ŉ slim politikus (Obama) met bitter min politieke ervaring.

Obama se verkiesingsveldtog het ook meer as R1 miljard gekos en liberale Amerikaners wat hierdie rekening deur groot skenkings aan sy veldtog betaal het, wou hul pond vleis hê. Dit is dié dat Obama standpunte ingeneem en wette deurgevoer het wat nie die steun van ŉ meerderheid van die Amerikaanse bevolking geniet nie.

Min het oorgebly van Obama se beloftes van ŉ nuwe politieke klimaat van verdraagsaamheid in Washington DC. Ten spyte van sy beloftes was daar ŉ groot toename in werkloosheid en ŉ nog groter toename in die land se begrotingstekort. Die rede: Dit kos geld en soms dom besluite wat die ekonomie nadelig raak indien jy jou vriende gelukkig wil hou.

Obama se grootskaalse hervorming en verlinksing van die VSA se gesondheidsorgstelsel, sy verhoging van enkele belastings, nuwe regulasies vir die finansiële sektor en enorme finansiële ‘inspuitings’ in die ekonomie, wat uiteindelik meer spandering op vriende se projekte as werklike werkskeppingspogings was, het alles tot ŉ afname in sy gewildheid gelei. In Januarie 2009 het byna 70% van Amerikaners Obama gesteun. Vandag staan dié syfer op sowat 40%.

Die afgelope week het Obama weereens die kant van die 30%-minderheid in die land gekies deur sy steun toe te sê aan die bou van ŉ moskee twee blokke vanaf die area waar die Wêreldhandelsentrum voor 9/11 gestaan het. Dít terwyl 70% van Amerikaners teen hierdie onsensitiewe projek gekant is.

Obama se kanse om oor twee jaar tot ŉ tweede termyn verkies te word, raak al skraler, maar ten minste is daar heelwat mense wat goeie opbrengste op hul skenkings aan sy 2008-verkiesingsveldtog sien.

Ander internasionale nuus van die week:

China: China is nou amptelik die tweede grootste ekonomie in die wêreld nadat hy Japan tydens die tweede kwartaal van 2010 verbygesteek het.

China: Wie het al van die stad Chongqing in China gehoor? Wel, volgens nuwe syfers wat bekend gemaak is, is Chongqing die nuwe gesig van wêreldstede. Meer as 32 miljoen mense woon reeds in Chongqing en sowat 1 500 mense trek daagliks na dié stad toe. Verstedeliking vind tans teen ŉ baie vinnige pas in China plaas en met die Weste wat reeds grootliks verstedelik het, is die fokus nou op verstedeliking in Oosterse lande.

Australië: Kiesers in dié land sal Saterdag stembus toe gaan in ŉ verkiesing wat sal bepaal of Julia Gillard se besluit om Kevin Rudd as eerste minister te ontsetel wel ŉ wyse besluit vir haar en haar Arbeidersparty was.

In Iran gooi hulle jou nog met klippe dood
Voorbeeld van hoe 'n vrou in Iran gestenig word

Baie mense sal vir jou lag as jy vir hulle sê dat die doodstraf in sommige gevalle in Iran nog toegepas word deur iemand letterlik met klippe dood te gooi. Die debat oor of die doodstraf wettig of onwettig moet wees, is een wat gedurig in talle lande regoor die wêreld gevoer word. Ek dink egter in lande waar die doodstraf wel wettig is, is dit meestal aanvaarde praktyk dat die doodstraf op ŉ “aanvaarbare” wyse toegepas word. Ek sou dink “‘aanvaarbaar”’ sluit die praktyk van steniging uit, maar in Iran is dit steeds ŉ gewilde manier om die doodstraf, veral vir buite-egtelike verhoudings, toe te pas.

Hoewel hierdie soort van doodsvonnis die afgelope paar jaar nie meer in die openbaar uitgevoer mag word nie, word dit nog gereeld in begraafplase uitgevoer en moet die regter wat die persoon skuldig bevind het in baie gevalle die eerste klip gooi. Mans word tot by hul heupe en vroue tot by hul borste in die grond begrawe en dan met klippe dood gegooi. Daar is tot reëls dat die klippe nie te klein of te groot mag wees nie. ŉ Steniging duur glo sowat ŉ uur.

Steniging is tans nog wettig in Iran, maar daar word glo wetswysigings oorweeg wat dit een of ander tyd onwettig sal verklaar. Iran het die tweede hoogste vlak van doodsvonnisopleggings in die wêreld. Hoewel steniging in meeste wêrelddele onwettig is, geniet die praktyk baie steun in Moslemlande. Meer as die helfte van Indonesië se inwoners steun volgens ŉ peiling steniging as straf vir buite-egtelike verhoudings.

Ander internasionale nuus van die week:

Brasilië: Dié land het asiel aangebied aan ŉ Iranse vrou, Sakineh Mohammadi Ashtiani, wat weens ŉ skuldigbevinding op owerspel ter dood veroordeel is. Iran het intussen Ashtiani se vonnis van steniging tydelik opgeskort, maar sy kan steeds gehang word.

Brittanje: ŉ Studie wat onder 100 akademici in Brittanje gedoen is, het bevind dat die beste Britse eerste minister ooit Clement Attlee, eerste graaf van Attlee (1945 – 1951) was. In die tweede plek is Margaret Thatcher, die ystervrou van Britse politiek tydens die tagtigerjare. Winston Churchill, seker die bekendste Britse eerste minister weens sy leierskap tydens die Tweede Wêreldoorlog, is in die sesde plek.

Israel: Spanning neem weer toe in Jerusalem nadat die Israelse regering toestemming gegee het vir die bou van 40 woonstelblokke in die oostelike deel van Jerusalem.

Gaan Kosovo die toon aangee vir meer onafhanklikheidsverklarings?
Die Internasionale Geregshof se uitspraak verlede week dat Kosovo se onafhanklikheidverklaring van Serwië wettig is, het baie separatistegroepe regoor die wêreld laat wonder of dit nou vir hulle makliker gaan wees om ook onafhanklike state te word.

In talle wêrelddele bly minderhede geografies gekonsentreerd in gebiede waar hulle dan die meerderheid uitmaak, soos in Kosovo, waar Albanese sowat 80% van die bevolking uitmaak. Dit laat dus die vraag ontstaan waarom nie meer volkere die roete volg wat Kosovo gevolg het nie.

Die antwoord lê daarin dat minderhede in die meeste gevalle weens federale regeringsvorme of deur onderhandelde skikkings heelwat outonomiteit in die geografiese gebiede waar hulle ŉ meerderheid is, geniet. Dink byvoorbeeld aan die Franse in Quebec, Kanada en die Baske en Kataloniërs in Spanje.

Wanneer ŉ minderheidsgroep in ŉ land egter deur geweld onderdruk word, sien ons dat nuwe state soos Eritrea in die noordooste van Afrika en natuurlik Kosovo ontstaan. Die vraag ontstaan dus: Moet ŉ volk eers as ŉ minderheid onderdruk word voordat hy homself in ŉ eie geografiese gebied onafhanklik kan verklaar? Oor Kosovo word die vraag ook tereg gevra: Wat van die 20% Serwiërs wat nou weer in Kosovo ŉ minderheid is?

Daar behoort geen twyfel daaroor te bestaan dat minderhede ŉ reg behoort te hê om waar hulle ŉ aansienlike meerderheid in ŉ bepaalde geografiese area uitmaak, ŉ groter mate van selfregering te mag hê nie. Dit word moontlik gemaak deur federale en konfederale regeringsvorme. Die probleem is egter dat in baie lande die onderdrukking en uitbuiting van minderhede vir die meerderheid van sodanige waarde is dat hulle om politieke redes alles moontlik sal doen om volle mag en beheer oor minderhede te behou.

Ander internasionale nuus van die week:

Brittanje: Die Liberaal-Demokrate, wat tans as ŉ minderheidsvennoot saam met die Konserwatiewe Party in Brittanje regeer, se steun is besig om skerp af te neem in peilings. Dit laat bespiegelinge ontstaan dat die party waarskynlik meer konflik met die konserwatiewes sal moet skep ten einde sy liberale steunbasis te heraktiveer en sodoende ŉ groot loesing in die volgende verkiesing te voorkom. Dit kan die koalisieregering in Brittanje, wat goed weggespring het en deur hervorming reeds baie steun van Britte het, destabiliseer.

Derdewêreldlande: Nuwe statistieke van die Wêreldgesondheidsorganisasie toon dat twee uit elke drie kindersterftes in Derdewêreldlande deur longontsteking en diarree veroorsaak word. Terwyl inentings ŉ groot afname in kindersterftes weens masels, pokke en polio veroorsaak het, bring ŉ tekort aan befondsing en swak lewensomstandighede mee dat baie kinders steeds nie toegang tot inentings het nie en weens maklik behandelbare toestande soos diarree sterf.

China: Die Chinese het besluit om twee gesogte reuse pandas aan Japan te skenk in ŉ poging om verhoudinge tussen die twee lande te verbeter.

Koerante: Laat mense asb weer formele briewe skryf
Mense weet nie meer hoe om briewe te skryf nie. Ek onthou nog hoe ons in die vak Afrikaans op skool geleer het om ‘n formele brief te skryf. Indien jy ‘n brief aan die redakteur van ‘n koerant wou skryf was daar weer ‘n ander formaat.

En toe kom die tegnologie. Vandag lewer mense kommentaar in kort kriptiese frases op Facebook, Twitter en webbladsye sonder dat hul gaan sit en behoorlik dink wat dit is wat hulle wil sê. En ek dink dit is presies waar die probleem inkom. Mense dink nie meer voordat hulle goed sê nie. Hulle lewer net kommentaar op ondeurdagte maniere en baie keer agter die tegnologie-gordyn wat help dat jy gesigloos kan optree.

Die tegnologie-era het duidelik ook ‘n invloed gehad op die soort van kommentaar wat mense op artikels in koerante en veral op nuuswebbladsye lewer. Vandag is daar meer sms’e (die meeste in swak taal en swak smaak) in Beeld as goed deurdinkte briewe. Die briewe wat wel geplaas word is gedurig anonieme mense of persone met vreemde skuilname wat erens ‘n vinnige gesiglose e-possie vir die koerant geskryf het.

As ons dalk weer die ou tradisie van bryfskryf in sy goeie formele formaat begin gebruik kan mense dalk weer dieper dink oor wat hulle alles kwytraak. My Afrikaans-onderwyseres het altyd gesê dat al die adresse en datums en goed wat jy eers bo-aan ‘n brief moet skryf juis daar is om jou tyd te gee om af te koel oor dit waaroor jy kommentaar wil lewer sodat wanneer jy by die inhoud van jou brief kom jy ‘n gebalanseerde en goed beredeneerde brief kan skryf.

Ek dink koerante moet eis dat briefskrywers weer van die formele formaat gebruik maak en dat hulle hul volledige besonderhede insluitende ‘n adres en kontaknommer moet insluit sodat die persoon se werklike identiteit geverifieer kan word. Dieselfde moet vir sms-kolomme geld.

Tegnologie is ‘n wonderlike ding en dit vergemaklik tweerigtingkommunikasie sonder twyfel. Dit is egter nie ‘n verskoning om ‘n platform vir lafaards en luiaards wat net oppervlakkige, gesiglose kommentaar op elke liewe ding wil lewer, te skep nie. Persoonlike vryheid insluitende vryheid van spraak, het sy perke en in baie gevalle eindig jou vryheid waar myne begin. Indien jy dus op ‘n gesiglose wyse op my vryheid indruis word ek benadeel sonder dat jy die gevolge vir jou dade dra.

Is Afrika stil-stil besig om op te staan?
Ek het in hierdie rubriek al baie oor Afrika se eindelose probleme gepraat. Die Weste se pogings om Afrika met maatskaplike en finansiële hulp by te staan, het nog net gehelp om verdere verval te stuit, eerder as om vooruitgang te inisieer.

Tog, as jy goed genoeg kyk, sal jy sien dat al hoe meer positiewe data oor Afrika die lig sien. Die Global Peace Index het Afrika die afgelope vier jaar aangewys as die kontinent waar vrede die vinnigste toeneem. Dit is natuurlik omdat Afrika vanaf ŉ baie lae basis (ŉ oorlogs- en geweldsgeteisterde posisie) meer vreedsaam word, maar dit is steeds ŉ baie positiewe teken.

Kindersterftes in Afrika het in die afgelope tien jaar gemiddeld jaarliks met 2% afgeneem. Tydens die ekonomiese resessie van 2008 het die totale ekonomie van die Afrika-kontinent met 2% gegroei, ten spyte van negatiewe groei in die meeste Eerstewêreldlande. In 2006 het die Amerikaanse peilingagentskap Gallup bevind dat Afrika die kontinent met die mees optimistiese inwoners is. Optimisme is ŉ goeie dryfveer van innovasie en ontwikkeling.

Verlede jaar het CNN bevind dat Rwanda tans Afrika se grootste suksesstorie is weens die manier waarop die land na ŉ menseslagting kon hergroepeer en politieke en ekonomiese stabiliteit daarstel. Rwanda se hoofstad Kigali het ook ŉ toekenning vir omgewingsvriendelikheid gekry. Dit is voorwaar vooruitgang.

Lande soos Angola, Mosambiek en Rwanda kom almal uit onlangse oorloë en toon tans uitstekende ekonomiese groei, terwyl stabiliteit in Noord-Afrika gehandhaaf word ten spyte van lae vlakke van demokrasie. Afrika het steeds baie probleme, maar daar is verseker rede om optimisties te wees.

Ander internasionale nuus van die week:

Duitsland: Die Duitse ekonomie is op ŉ pad van goeie herstel met ŉ skerp toename in uitvoere en ŉ afname in werkloosheid. Die werkloosheidsyfer in Duitsland sal binnekort laer as in 1991 wees en ekonomiese data toon dat Duitsland besig is om weer die grootste uitvoerder in die wêreld te word.

Afghanistan: Generaal David Petraeus, die nuutaangestelde hoof van die Amerikaanse en Navo-magte in Afghanistan, het ŉ hoërisikoplan aangekondig in ŉ poging om die geweld in dié land te stuit. Die plan behels die verskaffing van wapens aan veiligheidsgroepe in klein dorpe sodat hierdie gemeenskappe self teen die Taliban kan veg. Petraeas is daarvoor bekend dat hy dieselfde soort strategie suksesvol in Irak toegepas het.

Colombië: Wanneer jy aan dié land dink, dink jy aan dwelmhandel, geweld, die hoogste moordsyfer in die wêreld en ŉ mislukte staat. Die land het egter die afgelope paar jaar ŉ groot afname in geweldsmisdaad en sterk ekonomiese groei getoon. Colombië se aandelemark het gedurende die eerste ses maande van 2010 met 15% gestyg en dit lyk of die regering toenemend daarin slaag om die probleem van dwelmhandel uit te roei.

Spanje wen sokker, Nederland sterker op talle ander terreine
ŉ Studie deur die Legatum-instituut het bewys dat Nederland een van die Europese lande is wat baie sterker uit die internasionale resessie uitgekom het. Spanje het dalk die Sokkerwêreldbeker gewen, maar op talle terreine het hulle ernstige probleme.

Volgens dié studie vergelyk die twee lande goed op die gebiede van demokratiese instellings, persoonlike vryheid en onderwys. Die gehalte van gesondheidsorg is op ŉ hoë vlak in beide lande, met Nederland wat ŉ kort kop voor is. Nederland presteer egter heelwat beter in die areas van veiligheid, entrepreneurskap, goeie regering en maatskaplike kapitaal. Dit is veral die Nederlandse ekonomie wat lyk of hy sy kop vinniger begin optel ná die resessie, terwyl Spanje se staatskuld die land se burgers groot hoofbrekens veroorsaak.

Ander internasionale nuus van die week:

Indië: Dié land is deur die Amerikaners versoek om sy sanksies teen Iran strenger toe te pas. Indië is in ŉ sterk posisie om deur middel van sanksies Iran te dwing om van sy moontlike planne om kernbomme te bou af te sien.

Brittanje: Die Britse eerste minister, David Cameron, en sy adjunk, Nick Clegg, onderskeidelik ook die leiers van die Konserwatiewe Party en die Liberaal Demokrate, het ŉ omvattende plan aangekondig waarvolgens hulle die Britse regering wil desentraliseer deur instellings op nasionale regeringsvlak te sluit en daardie instellings se magte na die plaaslike regeringsvlak af te wentel.

Turkye: ŉ Oorlog dreig al meer in die suid-oostelike deel van Turkye waar Koerdiese separatiste vanjaar al 80 Turkse soldate vermoor het.

Het die Britte net groot geskrik?
Brittanje is in groot moeilikheid. Soos Griekeland, Spanje, Portugal en nog ŉ paar ander Europese lande waar linkse regerings ook die afgelope dekade of wat regeringspandering sodanig laat toeneem het dat die lande se begrotingstekorte krisisafmetings begin aanneem het, moet die Britse regering nou op groot skaal spandering verlaag en selfs belasting verhoog.

Die nuwe koalisieregering in Brittanje, wat die Konserwatiewe Party en die Liberaal Demokrate insluit, het onlangs ŉ noodbegroting ingedien waarvolgens regeringspandering met miljarde ponde gesny word. Deel van die begroting is ook die verhoging van sommige belastings.

Baie mense het gewaarsku dat die Britse bevolking in opstand hierteen sou kom. Peilings toon egter die teenoorgestelde. David Cameron, die land se eerste minister en leier van die Konserwatiewe Party geniet tans groot steun, met 34% meer Britte wat sy leierskap goedkeur as dié wat dit afkeur. Steun vir die Konserwatiewe Party het sedert die verkiesing vroeër vanjaar vanaf 36% tot 42% toegeneem.

Die krisisbegroting wat aangekondig is, het geen wenners nie. Niemand kry belastingverligting of groter spandering vir hul eie behoeftes nie. Tog is die groter wenner van hierdie begroting die langtermyngesondheid van die Britse ekonomie en ten spyte daarvan dat ŉ meerderheid Britte ŉ meer linkse, sosiaal-demokratiese bestel voorstaan, het ŉ meerderheid van Britte ook besef dat streng fiskale beheer nou noodsaaklik is. Gevolglik toon alle peilings dat ŉ meerderheid van Britte ten gunste van besnoeiing van regeringsuitgawes is. In sommige gevalle moet staatsdepartemente hul begrotings met tot 25% sny! Die enigste deel van die begroting waarteen ŉ meerderheid gekant is, is juis stukkie linkse doepa waarvolgens verkoopsbelasting met 2,5% verhoog is.

Was die afgelope 13 jaar van Arbeidersregerings genoeg vir Britte om te besef dat die sosiale demokrasie, en veral die groot regering wat alles vir almal probeer wees, nie volhoubaar is nie en dat ŉ kleiner regering en laissez-faire ekonomiese beleid die antwoord is? Of het die Britte maar net groot geskrik en vir ŉ Griekse inploffing gevrees? Net die tyd en toekomstige verkiesingsuitslae sal ons leer.

Ander internasionale nuus van die week:

Irak: ŉ Omvattende proses is tans aan die gang om die onderwyskurrikulum in Irakse skole te hersien. Die proses sal teen 2012 afgehandel wees. Die New York Times berig dat sektariese verskille meebring dat dele van die land se geskiedenis uit geskiedenisboeke gelaat gaan word ten einde te voorkom dat geweld tussen verskillende groepe weens verskille in die interpretasie van sommige gebeure weer opvlam. Die presidentskap van Saddam Hoesein sal waarskynlik ook uit die geskiedenisboeke weggelaat word.

VSA: Die gevolge van die BP-olielekkasie in die Golf van Mexiko het die afgelope week baie sigbaar geraak toe olie op die strande van Texas, Louisiana, Alabama, Mississippi en Florida begin uitspoel het.

Israel: ŉ Menseregtegroep in dié land het die afgelope week beweer dat tot soveel as 42% van die grond aan die Wesoewer deur Israeliese nedersettings beset word. Die meeste van die grond is glo van Palestyne ontneem.

Regeringsoorname, die ateïstiese manier
Australia's Kevin Rudd and Julia Gillard

Deelnemers op ŉ Australiese webblad vir ateïste het die afgelope week of wat behoorlik gejuig oor die nuus dat Julia Gillard nie net Australië se eerste vroulike eerste minister is nie, maar ook die land se eerste ateïstiese eerste minister.

Gillard se woordvoerder het ŉ vraag oor die nuwe eerste minister se geloofsoortuigings geantwoord deur Gillard as “non religious” (nie-gelowig) te beskryf.

Gillard sal egter nie net in die geskiedenis onthou word as die eerste vroulike of eerste ateïstiese Australiese eerste minister nie, maar ook vir die slinkse manier waarop sy haar voorganger, Kevin Rudd, uit die kussings gelig het.

Gillard, wat in Desember 2007 adjunk eerste minister geword het nadat Kevin Rudd, leier van die Arbeidersparty, die verkiesing gewen het, het die afgelope paar maande op geslepe wyse steun vir haar regeringsoorname onder parlementslede van die Arbeidersparty gewerf. Die oomblik toe Rudd in die moeilikheid beland met een of twee slegte besluite, het sy ŉ gaping gesien en deur middel van groot steun onder parlementslede daarin geslaag om Rudd te dwing om te bedank. Dus, sonder ŉ nasionale verkiesing of dat die Australiese burgers ŉ sê gehad het, word Gillard toe eerste minister van die land op 24 Junie.

Gillard beskou haar grootste politieke held as Nye Bevan, ŉ verlinkse Britse politikus, wat die sosialistiese mantel tydens die vyftigerjare in Brittanje gedra het. Bevan het baie van sy politieke lesse, veral in terme van die staat se beheer oor die ekonomie, by Wladimir Lenin, die vader van Russiese Marxisme, geleer.

Dat die aanwys van Julia Gillard as Australië se eerste minister veelseggend is, is nie te betwyfel nie. Dit sê baie oor die agteruitgang van Christenskap in die Westerse wêreld, die feit dat sosialisme steeds ŉ stewige voet in die Australiese deur het en ook die toenemende rol van vroulike politici, veral in linkse politiek, in die Westerse wêreld. Behalwe dat Gillard ŉ sosialis is, is sy ook ten gunste van linkse idees soos belasting op koolstofvrystelling. Sy ondersteun ook groter immigrasie na Australië en is pro-aborsie. Die volgende paar maande sal die storie van Australië se eerste ateïstiese eersteministerskap vertel.

Ander internasionale nuus van die week:

Rusland: Die Russiese minister van buitelandse sake het met woede gereageer nadat die Amerikaanse Departement van Justisie aangekondig het dat 11 persone in die VSA in hegtenis geneem is op aanklagte dat hulle namens Rusland as spioene in die VSA opgetree het.

Mexiko: Die stryd teen dwelmkartelle in Mexiko is die afgelope week ŉ groot slag toegedien toe die voormalige leier van die PRI (Institusionele Revolusionêre Party), Rodolfo Torre, in ŉ sluipmoordaanval vermoor is. Torre sou binnekort as goewerneurskandidaat in ŉ verkiesing gestaan het en was die voorloper. Daar word vermoed dat hy deur ŉ lid van ŉ dwelmkartel vermoor is.

Israel: Die Israelse minister van buitelandse sake het die afgelope week die moontlikheid van die totstandkoming van ŉ aparte Palestynse staat teen 2012 verwerp en aangedui dat dit baie langer sal neem om ŉ ooreenkoms met die Palestyne te bereik.

Sorry for this ugly English
Sorry but today I need to write this little letter in my simple English. I’m so worried that I may get legal action against me for not writing my blogs in the universal language of English.

Se dinges!!!

Van wanneer af doen mens dinge in Engels net omdat jy bang is om hofsake teen jou te kry indien jy dit nie so doen nie. Die Universiteit van Stellenbosch het homself as ‘n bangbroek, lafhartige instelling bewys toe sy rektor,  Prof. Russel Botman, gister gesê het dat die US kursusse ook in Engels aanbied omdat hulle bang is om hofsake teen hulle te kry.

Met beide die Universiteite van Kaapstad en Wes-Kaap wat minder as 50 kilometer vanaf Stellenbosch geleë is en die meeste kursusse wel in Engels aanbied maak dit geen sin hoe die US kan sê dat mense die universiteit sal hof toe sleep omdat hulle nie kursusse in Engels aanbied nie.

Die probleem by die US is Russel Botman. Botman het ‘n probleem met Afrikaans. Ek het al gehoor dat hy en sy vrou hul eie kinders in Engels grootmaak. G’n wonder dus dat hy belaglike verskonings uitdink om die US se verengelsing te probeer regverdig nie.