Gepubliseer .
Volgens statistieke wat die Amerikaanse navorsingsmaatskappy, Gallup, bekend gemaak het, is Swede, Singapoer, Hongkong, Switserland en Kanada tans die vyf lande met die hoogste internettoegang. In al vyf hierdie lande het tussen 86% en 88% van mense internettoegang by die huis.
Al vyf lande toon ook ʼn groot toename in entrepreneurskap en mense wat ekonomiese aktiwiteite vanaf die huis deur middel van die internet bedryf. Finland het onlangs so ver gegaan as om toegang tot die internet tot ʼn basiese reg vir al sy burgers te verklaar. Heelwat vooruitstrewende lande glo dat hoe meer mense goedkoop en vinnige internettoegang het, hoe meer mense die internet sal gebruik om hulself ekonomies te bemagtig, veral oor landsgrense heen. Lees verder ‘Die internet bring groter ekonomiese vryheid en welvaart’
Gepubliseer .
“Arme president Obama” is deesdae ʼn algemene stelling wat in gesprekke tussen liberaliste in die VSA gemaak word. Obama is besig om ʼn baie ongewilde president te raak. Meer as 50% van Amerikaners is ontevrede met sy prestasie as president.
Met die verkiesing van Barack Obama as president van die VSA in 2008 is ʼn euforie oor ʼn nuwe era in Amerikaanse politiek geskep. Die probleem is dat die verwagting groter was as die vermoëns van ʼn slim politikus (Obama) met bitter min politieke ervaring. Lees verder ‘Die mag van die 30% aan jou linkerkant’
Gepubliseer .

Voorbeeld van hoe 'n vrou in Iran gestenig word
Baie mense sal vir jou lag as jy vir hulle sê dat die doodstraf in sommige gevalle in Iran nog toegepas word deur iemand letterlik met klippe dood te gooi. Die debat oor of die doodstraf wettig of onwettig moet wees, is een wat gedurig in talle lande regoor die wêreld gevoer word. Ek dink egter in lande waar die doodstraf wel wettig is, is dit meestal aanvaarde praktyk dat die doodstraf op ʼn “aanvaarbare” wyse toegepas word. Ek sou dink “‘aanvaarbaar”’ sluit die praktyk van steniging uit, maar in Iran is dit steeds ʼn gewilde manier om die doodstraf, veral vir buite-egtelike verhoudings, toe te pas. Lees verder ‘In Iran gooi hulle jou nog met klippe dood’
Gepubliseer .
Die Internasionale Geregshof se uitspraak verlede week dat Kosovo se onafhanklikheidverklaring van Serwië wettig is, het baie separatistegroepe regoor die wêreld laat wonder of dit nou vir hulle makliker gaan wees om ook onafhanklike state te word.
In talle wêrelddele bly minderhede geografies gekonsentreerd in gebiede waar hulle dan die meerderheid uitmaak, soos in Kosovo, waar Albanese sowat 80% van die bevolking uitmaak. Dit laat dus die vraag ontstaan waarom nie meer volkere die roete volg wat Kosovo gevolg het nie. Lees verder ‘Gaan Kosovo die toon aangee vir meer onafhanklikheidsverklarings?’
Gepubliseer .

Mense weet nie meer hoe om briewe te skryf nie. Ek onthou nog hoe ons in die vak Afrikaans op skool geleer het om ‘n formele brief te skryf. Indien jy ‘n brief aan die redakteur van ‘n koerant wou skryf was daar weer ‘n ander formaat.
En toe kom die tegnologie. Vandag lewer mense kommentaar in kort kriptiese frases op Facebook, Twitter en webbladsye sonder dat hul gaan sit en behoorlik dink wat dit is wat hulle wil sê. En ek dink dit is presies waar die probleem inkom. Mense dink nie meer voordat hulle goed sê nie. Hulle lewer net kommentaar op ondeurdagte maniere en baie keer agter die tegnologie-gordyn wat help dat jy gesigloos kan optree. Lees verder ‘Koerante: Laat mense asb weer formele briewe skryf’
Gepubliseer .
Ek het in hierdie rubriek al baie oor Afrika se eindelose probleme gepraat. Die Weste se pogings om Afrika met maatskaplike en finansiële hulp by te staan, het nog net gehelp om verdere verval te stuit, eerder as om vooruitgang te inisieer.
Tog, as jy goed genoeg kyk, sal jy sien dat al hoe meer positiewe data oor Afrika die lig sien. Die Global Peace Index het Afrika die afgelope vier jaar aangewys as die kontinent waar vrede die vinnigste toeneem. Dit is natuurlik omdat Afrika vanaf ʼn baie lae basis (ʼn oorlogs- en geweldsgeteisterde posisie) meer vreedsaam word, maar dit is steeds ʼn baie positiewe teken. Lees verder ‘Is Afrika stil-stil besig om op te staan?’