Gepubliseer .
Die opskrif van ’n nuusberig in vandeesweek se Nederlandse media lui: “Tong vasgevries aan lamppaal”. Nederland is in die greep van ʼn golf Siberiese koue en dit is blykbaar tradisie onder jong seuns hier om dan lamppale te soen, met allerhande amper lagwekkende gevolge. Die nooddienste werk oortyd.
Wat verder ook vasgevries is, is die wissels op die treinspore. Die kwaai sneeustorm van verlede Vrydag wat oor Nederland getrek het, het nie alleen gelei tot lang verkeersknope nie, maar ook tot absolute chaos in die treinverkeer.
Lees verder ‘Koue feite’
Gepubliseer .
Verlede week het daar in Nederland twee dinge gebeur waarvan alle Afrikaanssprekendes moet kennis neem. Eerstens het die Nederlandse provinsie Friesland aparte status insake onderwys gekry en verder het die Europese Komitee van Deskundiges Nederland kom besoek om vas te stel of dié land inderdaad sy minderheids- en streektale beskerm.
Lees verder ‘Beskerming vir ʼn taal’
Gepubliseer .
Die Republikeinse voorverkiesings in Amerika en die partykongres van die Nederlandse Christen-Demokrate, die Christen-Democratisch Appèl (CDA), het op die oog af niks met mekaar te doen nie. Die twee gebeurtenisse werp egter ‘n interessante lig op die verskille tussen Amerika en Europa as dit kom by godsdiens en politiek.
Dit is ook van belang vir Solidariteit se lede, aangesien hierdie organisasie se struktuur en waardes nader aan die Europese model staan as aan die Amerikaanse een.
In die algemeen kan ‘n mens sê dat godsdiens in Amerika (en Suid-Afrika) ‘n baie groter rol in die daaglikse lewe speel as in Europa. Laasgenoemde se kerke loop leeg en die samelewing is grootliks gesekulariseer.
Lees verder ‘Twee strome, een soeke’
Gepubliseer .
Margaret Thatcher se lewe is nou verfilm met die gesiene Amerikaanse aktrise Meryl Streep in die hoofrol. Dit het veral in Europa gelei tot ’n interessante debat oor haar beleid. Juis noudat die vryemarkstelsel en die kapitalisme hulle in ’n diep krisis bevind, is dit weer baie aktueel.
Thatcher het Brittanje van 1979 tot 1990 as eerste en tot nou toe enigste vroulike premier geregeer. Haar optrede en beleid roep tot vandag toe sterk negatiewe sowel as positiewe reaksies op. Dat haar skaduwee lank en steeds invloedryk is, staan egter soos ’n paal bo water.
Lees verder ‘Ystervrou se skadu’
Gepubliseer .
Die afgelope vier jaar word daar jaarliks in Parys ’n tweedaagse konferensie gehou, “Nuwe wêreld, nuwe kapitalisme”. By die jongste byeenkoms was dit duidelik dat daar in daardie vier jaar ingrypende veranderings plaasgevind het op die wêreldtoneel, aldus De Volkskrant.
Afgevaardigdes van regerings uit Afrika, Latyns-Amerika of die Midde-Ooste reis deesdae minder na Europa. Hulle gaan eerder na China of Brasilië.
En vermanende verklarings van die Europese Unie (EU) oor die gebrek aan demokrasie of die skending van menseregte in daardie lande word skouerophalend aangehoor.
Daardie onverskilligheid weerspieël duidelik hoedat Europa se invloed op die internasionale speelveld afgeneem het.
Lees verder ‘Van harte Europees?’
Gepubliseer .
“Ons Nederlanders het ʼn reg op slegte weer,” het die kop van ʼn artikel gelui wat verlede week in die Nederlandse koerant, De Volkskrant, verskyn het.
In die meeste lande, maar vir seker in Nederland, is die weer voortdurend ʼn onderwerp van bespreking. Almal is “deskundiges” en almal is alte lief daarvoor om te raai of die somer warm of die winter buitensporig koud gaan wees.
En as die weerman of -vrou op TV dit waag om reën te voorspel en dit reën toevallig nie in die Nederlandse “Putsonderwater” nie, dan reën dit wel klagtes in De Bilt, waar die KNMI (Het Koninklijk Nederlands Metereologisch Instituut) geleë is. As slegte weer dus voorspel is, dan móét dit eenvoudig kom. Lees verder ‘Die reg op slegte weer’