Diegene wat hierdie rubriek volg, het stellig die laaste maande opgemerk dat die rand nogal verstewig het teenoor die euro. Mense in Suid-Afrika is nou al so gewoond aan slegte nuus dat hulle vergeet dat die Europese Unie (EU), die sterkste ekonomiese gebied ter wêreld, ook kniediep in die moeilikheid is.
Lees verder ‘Venster op Europa: Euro: munt of kruis’
Outeur Argief vir Ingrid ScholtzBladsy 12 van 14
“ʼn Wyse staatsman moet nooit sy woord hou as dit teen sy belange is nie.” Hierdie woorde is aan die begin van die sestiende eeu geskryf deur Niccolo Machiavelli in sy boek Die Heerser, waarin hy beskryf hoe politici alles in hulle vermoë doen om mag te kry, te behou en te versterk. Sy naam leef voort in die woord Machiavelliaans wat sinoniem is met gewetenloosheid en geslepenheid.
Identiteit. Globalisering. Vinnige verandering. Onsekerheid. Hierdie onderwerpe raak ons almal, elke dag.
Eerstens, globalisering is al duisende jare aan die gang. Daarsonder was daar nie vandag ʼn Suid-Afrika nie. Die huidige Suid-Afrika is die gevolg van die vestiging van die Nederlandse Verenigde Oost-Indische Compagnie aan die Kaap, die aankoms van slawe uit Asië en Afrika, die interaksie met die inheemse bevolking en die Britse imperialisme.
Lees verder ‘Venster op Europa: Identiteit, globalisering, vinnige verandering en onsekerheid’
“Waar daar baie rykdom is, is daar ook baie armoede.” Hierdie sin is geskryf deur Adam Smith, agtiende-eeuse filosoof en skrywer van die boek Wealth of Nations wat ʼn soort bybel geword het vir almal wat ʼn vrye kapitalistiese ekonomie voorstaan met so min moontlik regeringsinmenging.
Lees verder ‘Venster op Europa’
Die afgelope Saterdag sit ek en my man in ʼn pragtige Middeleeuse saal in die ou Vlaamse stad Brugge en luister na ʼn baie interessante toespraak deur prof. José Cajot van die Universiteit van Leuven.
Dit was ʼn prikkelende vraag wat hy probeer beantwoord het: “Vlaanderen op weg naar een eigen taal – los van Nederland?” Hierdie vraag is interessant genoeg vir Afrikaners om van kennis te neem.
Lees verder ‘Venster op Europa’
Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog was Europa se stede en nywerhede byna heeltemal verwoes. Miljoene mense het gruwelik in konsentrasiekampe of as gevolg van honger of bombardemente omgekom. Die kontinent moes letterlik van die grond af weer opgebou word. Die bandelose nasionalisme van lande soos Duitsland en Italië het Europa in daardie afgrond gestort. Dit is dus nie verbasend dat ʼn aantal Wes-Europese leiers in 1950 byeengekom het om planne te bespreek vir inter-Europese samewerking wat hierdie soort katastrofes in die toekoms moes voorkom nie. Die begin was maar beskeie. In 1951 het ses lande – Nederland, België, Luxemburg, Frankryk, Duitsland en Italië ‒ die Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) gestig.
Lees verder ‘Venster op Europa’
