Solidariteit Blog » Inge Strydom

Onteieningswetgewing sal ons van ons regte as hardwerkende, belastingbetalende landburgers ontneem
Ek kyk gisteraand, tot my groot ontsteltenis, ŉ uitsending van Freek Robinson se Robinson Regstreeks op Kyknet. Tydens gisteraand se program het Robinson met Cornelius Janse van Rensburg van Afrisake en Jeremy Cronin, adjunkminister van openbare werke, oor die nuwe omstrede onteieningswebontwerp gesels.

In sy huidige vorm sal die websontwerp munisipaliteite bekragtig om private eiendom, hetsy dit kapitaal, grond, aandele, eiendom of ŉ motor is, te onteien. Die websontwerp dui egter aan dat dit slegs met die betrokke partye se instemming en met die nodige kompensasie vanaf die regering, sal plaasvind. Dit is ook duidelik in die websontwerp gestipuleer dat die regering slegs eiendom mag onteien waar en wanneer dit in die publiek se belang is.

Janse van Rensburg het in sy kommentaar oor die websontwerp gesê dat die betekenis van die term “publieke belang” nêrens in die websontwerp duidelik omskryf word nie. Daarbenewens bied die websontwerp in sy huidige vorm verskeie uitkomplekke vir die regering om hul plig om aan die betrokke party wie se eiendom onteien word, kompensasie te bied. Die regering kan nou basies op Jan se huis beslag lê en sê dat dit in Piet se belang is om Jan se huis te kry en dan hulle skouers optrek wanneer dit by Jan se kompensasie kom. Cronin se verweer is dat dit in oorleg met die Konstitusie die regering se plig is om die ongelykhede wat deur die verlede veroorsaak is, reg te stel.

Vir ŉ relatief jong, hardwerkende huiseienaar is dit beslis vir my demotiverend om met die vrees te leef dat iemand moontlik eendag aan my deur gaan klop en my uit my eie huis gaan gooi. Te midde van misdaad, werkloosheid en die voortdurende verwyte oor die verlede, is dit werklik ŉ doring in my vlees dat selfs die bietjie sekuriteit wat ŉ mens vir jouself skep (om hard te studeer, ŉ goeie werk te kry en dan eiendom te besit) van jou af weggeneem word.

Ek, my man, my ouers, broer, ooms en tannies, niggies en nefies en vriende betaal elke maand getrou ons belasting. Met elke item wat ons by die supermark koop, betaal ons belasting en dra ons by tot die ekonomie. Elke keer as ons brandstof ingooi of klere koop, betaal ons belasting. Waarom wend die regering nie die biljoene rande wat hulle maandeliks in belasting ontvang, aan om die ongelykhede van die verlede reg te stel nie? Ek weier om nou ook my huis of kar vir die regering te gee. Wat bly daar dan vir my en my gesin oor?

Ongeskrewe reëls in die werkplek kom op basiese maniere neer
Luister as iemand met jou praat. Sê “asseblief” en “dankie”. Moenie agter ander se rûe praat nie. Doen wat van jou verwag word. Behandel ander met respek. Moenie laat wees nie en wees eerlik. Laasgenoemde is die basiese reëls wat die meeste van ons kleintyd deur ons ouers geleer is.

Die bogenoemde eienskappe is myns insiens beginsels wat elke dag in die professionele wêreld toegepas moet word ten einde professioneel op te tree. Tóg word daar wêreldwyd steeds baie navorsing gedoen om te bepaal wat as professionele gedrag beskou word.

’n Opname wat die York Universiteit van Pennsylvania se Sentrum vir Professionele Uitnemendheid in Januarie 2013 gedoen het, toon dat professionele gedrag sekere eienskappe het. Om as professioneel beskou te word, moet werknemers die volgende eienskappe ten toon stel:

- Werk totdat ’n taak heeltemal afgehandel is;

- interpersoonlike vaardighede, insluitend bedagsaamheid;

- ŉ gepaste voorkoms;

- stiptelikheid en om gereeld vir werk op te daag;

- kommunikasievaardighede;

- eerlikheid; en

- gefokusdheid.

Ons ouers leer ons nie om dowe neute goeie maniere nie. Hulle weet goed dat hierdie beginsels eendag broodnodig gaan wees om ŉ sukses van jou lewe in die algemeen en jou beroep in besonder te maak. Ek dink dus nie dis nodig om navorsing te doen oor watter eienskappe nodig is om professioneel in die werkplek op te tree nie. Ons kan net terugdink aan die beginsels wat ons op skool, in die kerk en by die huis geleer het en dit elke dag toepas.

Die natuur – ‘n wonderkuur
Te midde van voortdurende korrupsie, misdaad, bomontploffings en dies meer, kan ŉ mens nie help om bedruk te voel nie. Jy probeer jou bes om positief te bly; om te glo dat dinge eendag beter sal gaan. Die een skokstorie na die ander in die koerant verteer egter woord vir woord jou moed – soos die donker wat ŉ mens stadig maar seker, sonder dat jy dit agterkom, bekruip.

Moeg en moedeloos is ek verlede naweek saam my familie op pad na my neef se troue in die wildtuin. Hoewel die bosveld ŉ sagte plekkie in my hart het, is ek nie juis opgewonde oor die naweek in die wildtuin nie. Ek kan nie help om aan werk te dink nie, en tussendeur dit alles kom daar herinneringe op van iets negatiefs wat weer die week in die nuus was. Dis byna asof ek eers al my negatiewe gedagtes moet sorteer en verwerk voordat ek kan afskakel en die naweek kan geniet.

Ná ongeveer vier ure op die pad, bereik ons uiteindelik die Malelane-hek waar die bruilof gaan plaasvind. Binne tien minute ná ons aankoms, het ons reeds twee van die Groot Vyf raakgesien, naamlik renosters en olifante.

Iemand maak ŉ opmerking wat my diep laat nadink oor die lewe. “Die arme renosters is seker nie eens bewus hoe kwesbaar hulle is nie”. Net daar en dan besef ek weereens dat diere, net soos ons, deur verskeie uitdagings in die gesig gestaar word.

Ons almal is kwesbaar. Ons almal het vrese. Daar is nie ŉ maklike manier om ŉ einde aan al ons vrese te bring nie. Ek kan nie help om te dink dat geld, gierigheid en haat die as is waarom alle kwaad draai nie…

Gelukkig het die Here vir ons iets so pragtig soos die natuur gegee waar ŉ mens rus vir jou siel kan kry. Daar is eenmaal net iets terapeuties aan die doodse stilte van die bosveld vroeg in die môre met die geluid van bosveldvoëls en die beeld van rooibokke op die horison. Dis byna soos ŉ wonderkuur wat die siel se seerste seer genees. Al is dit net tydelik totdat mens weer moet terugklim in jou kar en die wrede wêreld moet aandurf. Gelukkig gee die sielkos wat die natuur ons bied ons weer die emosionele energie om die dag met al sy lief en leed aan te gryp.

ŉ Poeletjie water in ŉ waterlose woestyn
Ek is besig om ŉ “selfhelp”-boekie wat ek sommer so in die gejaag terwyl ek by Spar vir my inkopies betaal het, gegryp het. Die boekie, wat sommer so op die toonbank uitgestal is, is waarskynlik vir vrouens geskryf omdat die omslag ligpienk met ŉ blompatroon is.

Die boekie het my aandag getrek omdat die titel iets soos Voelgoed-boekie heet. Wie wil nou nie goed voel nie? Dalk bevat hierdie boekie daardie een geheim op geluk wat die samelewing vir jare lank al miskyk. Optimisties, opgewonde en tevrede stap ek by die winkel uit.

Tuis maak ek ŉ lekker koppie koffie en gaan sit op ŉ gemaklike stoel, gereed om my in my nuutgevonde “geluk in ŉ boekie” te verlustig. Die eerste paar bladsye is bra vervelig. Ek wonder by myself waarom ek altyd ŉ boek op grond van sy omslag beoordeel en dan koop, sonder om eers seker te maak dit is nie snert nie (dis dalk ŉ groter probleem as wat ek besef).

Tussendeur die bladsye van vervelige motiveringspraatjies, staaltjies en kwinkslae – soos ŉ klein poeletjie water in ŉ waterlose woestyn – blink die belofte van ŉ brokkie wysheid. Sowaar!  “Navorsing toon dat slegs 10% van alle mense hul volle potensiaal bereik. Is dit nie tyd dat jy jou volle potensiaal bereik nie?” My magtig. Hier sit ek juis en wonder of ek besig is om my volle potensiaal te bereik. Ek het boonop gedink dat ek waarskynlik een van min is wat so voel. Ek was klaarblyklik, volgens my nuwe klein, pienk, vierkantige, beste vriendin verkeerd gewees.

Skielik voel ek nie meer verjeugd omdat ek nie alleen in die mismoedige bootjie van twyfel en selfverwyt is nie. Skielik besef ek die magdom talent en moontlikhede wat gemors word omdat mense nie die geleentheid gegun word om hul volle potensiaal te bereik nie. Dit help nie jy voel beter omdat die mense om jou waarskynlik ook nie hul potensiaal bereik het nie. Dis tyd dat ons iets daaromtrent doen! Hou op sê “Ek kan nie” of “Ek sal dit tog nooit regkry nie”. Skryf in vir daardie kursus, lees daardie dik boek of pak daardie projek aan. As 10% van ons dit regkry, kan die res van ons seker ook?

Skielik besef ek waarom die boekie ŉ pienk omslag het. Is dit nie gewoonlik ons fyner geslag wat dink ons is nie goed genoeg nie? As vrouens voel ons minderwaardig en ondergeskik. Ons is so grootgemaak. Ek is geen feminis nie – o nee! Ek wil net my volle potensiaal bereik. Wil jy?

Ontbinding van regeringstrukture dalk nie sleg
Vrot appels vol wurms wat uitmekaar val. Dit is die eerste gedagte wat by my opkom wanneer ek aan die gebeure van die afgelope paar dae dink. Eers kondig die ANC aan dat hy die Limpopo-regering, asook die ANC-jeugliga, se leierskorps wil ontbind. Dan duik daar berigte op waarin die ontbinding van die SABC se raad amptelik aangekondig word. Dit volg nadat verskeie raadslede glo vandeesweek hul bedanking ingedien het.

Ek kan nie help om te dink dat ons land se regeringsstrukture al meer soos ŉ wankelrige tafel is nie. Hoe meer druk op die tafel geplaas word, hoe groter is die kans dat hy inmekaar gaan val.

Hoewel die druk wat die regering uit verskeie oorde ontvang beslis ŉ bydraende faktor tot dié inmekaarstorting is, dink ek die primêre oorsprong van die regeringstrukture se wankelrigheid van binne afkomstig is. Die verkeerde bestuurstegnieke en toenemende korrupsie vervreem getroue werknemers. Dit is boonop ŉ resep vir mislukking. Dit is soos ‘n paar vrot appels wat die hele mandjie appels bederf.

Dalk is dit ŉ goeie ding dat ons land se regeringsstrukture inmekaar tuimel. Sodoende kan die regering se ondersteuners die regering se gebreke raaksien en ook besef hoe dit die samelewing negatief beïnvloed. ŉ Mens moet immers eers afbreek wat swak en gebrekkig is voordat jy ŉ nuwe, beter struktuur kan bou.

Ek is nie ‘n stap-soldaatjie nie…
Ek het hierdie week weereens iets wonderliks besef: Ons het ŉ wonderlike God.

Ek gaan elke weeksdag gewoonlik direk na werk gimnasium toe. Ek het egter besluit om Dinsdagmiddag nie gimnasium toe te gaan nie, aangesien ek moeg was na ŉ lang dag se werk.

ŉ Blok van die huis af, merk ek ŉ middeljarige man en vrou langs die pad op wie se motor sonder brandstof gaan staan het. Hulle albei het langs die motor gaan staan, met ŉ leë kannetjie, al waggende vir iemand om tot hul redding te kom. ŉ Mens kan nie hul armsalige klere en die plooie van swaarkry om hul oë miskyk nie.

Ek gee as ŉ reël nie eintlik vir bedelaars geld nie aangesien die kans goed is dat hulle die geld vir drank of dwelms gaan gebruik. Ek skenk eerder geld aan ŉ liefdadigheidsorganisasie; sodoende weet ek die kans is skraler dat die geld vermors gaan word. Deesdae kan ŉ mens ook nie meer stilhou om iemand te help wat langs die pad ŉ probleem het nie aangesien dit net sowel ŉ lokval kan wees en mens van jou motor, of nog erger - jou lewe geroof kan word.

Die paartjie is beslis ŉ hartseer prentjie. Hulle staan daar, hulpeloos langs die pad met ŉ kannetjie terwyl die blink, luukse karre ongeërgd verby hulle jaag. Die man, wat veronderstel is om die trotse voorsiener te wees, is gedwing om sy trots in sy sak te steek ten einde homself en sy gesin uit hul verknorsing te bevry.

Soos al die ander mense, ry ek eers verby en maak asof ek dit nie raakgesien het nie. ŉ Paar honderd meter verder sien ek egter in my geestesoog die moedelose, wanhopige paartjie wat sonder ŉ sent in hul sakke, hulpeloos langs die pad staan.

Iets binne my sê vir my dat ek moet omdraai en hierdie mense moet help. Wat as die Here my gestuur het om hierdie mense te help en ek ignoreer dit eenvoudig? Wat as ek sowaar hulle enigste redding is?

Ek ry stadig oor die klipperige sand en hou so paar meter van die paartjie af stil. Die man sien my raak, en kom nader gestap. “Goeie middag meneer, ek sien julle het brandstof nodig. Kan ek julle help?” vra ek. “Ja, asseblief maar ons het nie enige geld nie. Ons kom nou juis van ŉ werksonderhoud af. Ek moet my vrou en kleintjie by die huis kry,” sê die man terwyl hy skamerig sy kop sak.

Ek bied aan om die kannetjie vol brandstof te gaan maak by die naaste vulstasie, wat toevallig net om die draai is. Die man bedank my met groot waardering in sy sagte, blou oë. Aan sy linkerhand sien ek sy trouring blink in die laatmiddag-son. Ek besef weereens dat hierdie man, soos baie ander daarbuite, vir sy vrou en kind se welstand verantwoordelik is maar nie finansieel in staat is nie.

Na ŉ paar minute neem ek die vol kannetjie brandstof vir die gestrande paartjie. Hulle staan nogsteeds langs die motor, alleen. Niemand het intussen stilgehou en gevra of hulle hulp nodig het nie. “Baie dankie, nou kan ons darem huis toe gaan,” sê die man toe hy die kannetjie by my neem. Ek knik en groet die man.

Op pad huis toe voel ek skielik ŉ gevoel van dankbaarheid oor my spoel. ŉ Gevoel van dankbaarheid omdat ek instaat was om die man en vrou te help, maar ook ŉ gevoel van dankbaarheid omdat die Here my gekies het om tot iemand anders se redding te kom.

Die hele ervaring het my ŉ waardevolle lewensles geleer: Die Here bring mense en gebeurtenisse oor ons pad met ŉ spesifieke doel in oog. Elke klein gebeurtenis in ons lewens is ŉ legkaartsukkie wat uiteindelik deel uitmaak van ŉ groter prentjie. Legkaartstukke maak nie op hul eie sin nie en is nie noodwendig mooi prente op hul eie nie, maar wanneer ŉ mens dit saamvoeg vorm dit die pragtigste prente. Eers wanneer dit klaar is, verstaan ons waarom elke legkaartsuk so kosbaar is.

Mag die Here elkeen van julle as legkaartstuk in sy pragtige prent gebruik en mag elke gebeurtenis of persoon wat oor jou pad kom, bydra tot ŉ pragtige prent van jou lewe.

Sit neer die klip, minister Xingwana
Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en gestremdes se onlangse uitlating aan die Australiese Uitsaaikorporasie (ABC) dat jong Afrikanermans grootgemaak word om te glo dat hulle vroue en kinders “besit”, het groot ongelukkigheid onder Afrikaners veroorsaak.

Hierdie uitlating, wat ek as uiters bevooroordeeld en ongegrond beskou, het beslis met rede negatiewe reaksie ontlok. Ek was onder die indruk dat ons regering juis teen bevooroordeeldheid jeens mense van verskillende rasse gekant is. Gestel die situasie was andersom en ŉ wit regeringsamptenaar het gesê swart mans behandel hulle vroue sleg. Watter reaksie sou dit nie onder swart regereringslui ontlok het nie? Die amptenaar sou beslis ŉ waarskuwing gekry het, of trouens, sy werk verloor het.

Hoewel almal in rep en roer is oor die minister se uitlatings en talle mense al hul ongelukkigheid in die media uitgedruk het, voorspel ek dat hierdie uitlating ŉ stille dood gaan sterf. Net soos wat die grootskaalse korrupsie in Xingwana se departement ook ŉ stille dood gaan sterf.

Dit bring my by die punt wat ek eintlik wil maak. Minister Xingwana, ek rig die volgende boodskap aan u: Verwyder eers die wurms in u departement wat lekker aan die staatskas-appel vreet voordat u die Afrikaner-man as ŉ wurm wil uitmaak!

As ek Xingwana was, het ek eerder die klip waarmee sy Afrikaner-mans gooi, neergesit. Ons almal bly immers in huise van glas. Ja, daar is groot uitdagings in ons land wat die botsing van kulture betref. Die laaste ding wat egter gaan help om die konflik op te los is om stereotipes te verkondig; veral as jy die minister van ŉ korrupte departement is wat die hardverdiende belastinggeld van (onder meer) wit mans mors op duur, luukse kantoormeubels en massiewe salarisse aan onbekwame mense!

Hoe kan ek ‘n verskil maak?
Diegene wat gereeld die geselsprogram Kwêla kyk, sal weet dat die aanbieder, Coenie de Villiers, altyd die program met die volgende sinnetjie afsluit: “Maak ŉ verskil”.

Dit het my laat wonder: Hoe kan ŉ mens ŉ verskil maak in ŉ land soos Suid-Afrika met sy talle uitdagings? Is dit enigsins moontlik om nog iets vir iemand anders te beteken? Hoe skep jy hoop as korrupsie en geweld aan die orde van die dag is? Daar is boonop so baie mense wat deur die huidige ekonomiese en politiese kragte opgefrommel word, kompleet soos ŉ masjien met staal tande wat alles wat in sy pad is, vermorsel.

Ek besef toe egter: Ons hoef nie elke dag soos superhelde op te tree en groot probleme op te los nie om ŉ verskil te maak nie. Deur bloot vir iemand te glimlag, ŉ bejaarde oor die straat te help of iets heeltemal onselfsugtig vir iemand anders te doen, kan jy ŉ verskil maak. Deur bedagsaam teenoor jou medemens te wees of positiwiteit uit te straal, kan jy ook ŉ verskil maak.

Jy gaan beslis nie alleen die wêreld se probleme kan oplos nie, maar jy mag dalk iemand anders se probleme wat vir hom die wêreld moeilik maak ŉ bietjie aangenamer maak.

Wat het van respek geword?
Deur Inge Strydom

Die gruwelike en onmenslike verkragting van en moord op Anene Booysen (17) van Bredasdorp in die Wes-Kaap het onlangs die Suid-Afrikaanse samelewing in bitterheid, walging en skok gedompel. Beraders en gesaghebbendes van ooral in Suid-Afrika het hul misnoë uitgespreek en het ook daarop gewys dat sosiale en maatskaplike verval beslis ŉ bydraende faktor tot die gruwelike misdade teen vroue is. Gemeenskappe het gesoebat en gesmeek dat daar iets gedoen moet word om arm gemeenskappe op te hef sodat hierdie wandade uit die weg geruim kan word.

Met die bitterheid wat die Sondagverkragter by ons agtergelaat het steeds op die oppervlak waarneembaar, moet die samelewewing dus nou die wrede moord en verkragting van nog ŉ tienermeisie verwerk. In ŉ ander geval is Carmen van der Westhuizen (38) in haar en haar gesin se huis deur ŉ tuinier verkrag en vermoor terwyl haar man die kinders by die skool gaan haal het.

Dit blyk egter dat die probleem van verkragting heelwat groter is as wat die deursnee mens besef. Jarelange navorsing wat deur die Mediese Navorsingsraad se gender- en gesondheid-navorsingseenheid gedoen is, toon dat een uit elke vyf vrouens wat verkrag word, ook deur hul aanvaller vermoor word. ’n Studie wat die eenheid in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gedoen het, het ook getoon:

• Altesaam 27% (uit 1 387) van die mans het erken hulle het al ’n vrou of meisie verkrag, en byna 50% van dié groep het gesê hulle het dit al meer as een keer gedoen.

• Altesame 7,7% het al meer as tien keer verkrag.

• Boonop het 8,9% al aan ’n groepsverkragting deelgeneem en die meeste was dronk.

Verkragting is egter nie net tot Suid-Afrika beperk nie. In lande soos Turkye is die verkragting en mishandeling van vroue byna aan die orde van die dag. In haar artikel It Always Happened at Night: The Truth About Domestic Violence skryf Hannah Skvarla dat ongeveer 11 miljoen vrouens bo die ouderdom van 15 in Turkye fisies of seksueel deur hul mans of kêrels aangerand is.

Dit laat my wonder; het dit ŉ wêreldwye tendens geword om vroue soos diere te mishandel en te misbruik? Ons moet egter nie uit die oog laat nie dat daar wonderlike mans daar buite is wat hulle vroue op die hande dra. Daar is natuurlik ook mans wat verbaal en fisies deur hulle vroue mishandel word. Goeie mans wat net die beste vir hulle vroue wil hê.

Daar is geen eenvoudige oplossing vir die probleem nie. Die samelewing en magstrukture sal moet saamstaan om misdade soos verkragting en aanranding die nek om te draai. Al wat ek wel weet is dat ŉ persoon wat iemand anders verkrag of aanrand geen respek vir daardie persoon, vir homself of vir die samelewing in geheel het nie. Ek dink persoonlik dus dat die antwoord op die probleem in een vraag geformuleer kan word: Wat het van respek geword?

Hoe kan jy verhoed dat jy die volgende slagoffer word?

- Wees gewapen. Om gewapen te wees beteken nie noodwendig dat jy ŉ geweer by jou moet dra nie. Daar is baie ander produkte, soos pepersproei, ŉ eenvoudige oopvoumes of skokstok, op die mark wat jy kan gebruik om jouself te beskerm.

- Wees paraat as jy buite is. Moet nie alleen in verlate strate of stegies loop nie. Loop regop en met selfvertroue. Verkragters slaan veral toe op vroue wat lyk asof hulle ingedagte is en nie bewus is van wat om hulle aangaan nie.

- Weet altyd presies waar jy is sodat jy maklik opgespoor kan word wanneer jy iemand om hulp vra.

- Moenie alleen saam met iemand wat jy nie ken nie in ŉ hysbak klim nie.

- Die meeste vroue word aangeval wanneer hulle in hulle motors probeer klim. Maak daarom seker dat jy jou sleutels reeds in jou hand het wanneer jy op pad na jou kar is sodat jy vinnig kan inklim en die deure kan sluit.

- Maak seker die hoofingang van jou huis is goed belig sodat aanvallers nie wegkruipplek het nie.

- Maak altyd seker jou gordyne is toe wanneer dit donker word sodat jy nie dopgehou kan word nie.

- Vra altyd “Wie is daar?” voordat jy die deur vir iemand oopmaak.

-  Maak altyd dubbeld seker dat al die deure gesluit is, veral wanneer jy alleen tuis is.

- Vroue moet verkieslik nie alleen tuis bly wanneer daar vreemde mense by die huis werk nie.

- Vroue wat alleen by die huis is, moet altyd sorg dat iemand wat naby aan haar woon weet dat sy alleen is. Kry die selfoonnommer van ŉ buurman en hou dit byderhand. Indien julle ŉ buurtwag in jul omgewing het, laat weet hulle dat jy alleen by die huis is en hou ook hulle telefoonnommer byderhand.

Bronne:

www.news24.co.za

www.hellogiggles.com

www.womensweb.ca

ANC: “Hou op om ons verkeerd te bewys”
Asof die implementering van die Wet op die Beskerming van Inligting nie erg genoeg is nie, beplan die ANC sy volgende aanval – hierdie keer op die howe. Die regering is glo moeg daarvoor dat die howe by sy besluite inmeng. Daarbenewens voel die ANC dat die regbank nog nie volkome getransformeer is nie.

Bogenoemde is een van die resolusies wat in die ANC se beleidsdokumente vervat word. Dié dokument is pas vrygestel en bevat ook ondermeer planne om die hoeveelheid provinsies in Suid-Afrika voor 2019 te verminder en te versterk. Die ANC eis in die beleidsdokument dat daar geen bevooroordeeldheid moet wees tydens hofsake waar die regering oor die vingers getik word nie. Ek kan egter nie help om te wonder hoe daar in die eerste plek “bevooroordeeldheid” in die hof kan wees nie. Daar word mos streng by wetgewing gehou, of hoe? As die regering nie oor die vermoë beskik om die teenkanting wat sy idees en besluite ontvang, uit die weg te ruim deur die nodige feite, voorstellings en bewyse nie, dan beteken dit tog dat daar fout is met hulle besluite, of hoe? Indien die regering van die howe verwag om sy besluite voetstoots te steun, dan begin die politieke klimaat in Suid-Afrika al meer vir my die kleur van depotisme te kry met die ANC wat die finale sê wil hê, ongeag of hulle reg of verkeerd is.

Sonder die nodige waghonde sal dinge meer hand uitruk as wat dit reeds het. Belastingbetalers sal vir alke bakatel moet opdok. Die armes sal net armer word en die rykes net ryker. Suid-Afrikaners gaan net toenemend vertroue in hul regering verloor, soos wat ook die geval in Egipte is aangesien president Muhammed Morsi die land se wetgewing manipuleer om sy eie belange te kan bevorder.

Ek dink ons het beslis rede tot kommer indien die ANC slaag in sy jongste pogings om volle beheer oor die land te kry. Sonder die onpartydigheid van die howe sien ek groot opdraandes vir ons land se demokrasie.