Gepubliseer .
As die reisgogga jou eers gebyt het is dit moeilik om die kiem af te skud! Tog het jy nie altyd hope geld nodig om te reis na die mooi plekkies in ons land nie. Een van die maniere waarop jy sommer elke week na ‘n ander dorpie kan “reis” is om elke Woensdag om12:00 in te skakel by Wêreldwyd op Woensdag op www.solidariteitradio.co.za.
Elke week pak ons ons tassies en gaan kuier by ‘n ander dorp en sy mense! Kom kuier saam.
Ons het verlede week in George in die Suid-Kaap gaan aanklop. Luister hier na wat in dié skilderagtige dorp aan die gebeur is. (http://www.solidariteitradio.co.za/?p=5160)
Het jy idees vir nog dorpe wat ons kan besoek?
Gepubliseer .
Ek sien vandag op SAPA dat ‘n historiese Suid-Afrikaanse vlag wat deur Nelson Mandela, FW de Klerk en Thabo Mbeki geteken is vandag deur ‘n Suid-Afrikaanse besigheidsman gekoop is. Volgens die artikel is die vlag juis belangrik omdat dit tydens Mandela se inhuldiging in 1994 vanuit ‘n helikopter gehang het.
Baie Afrikaners en ook Suid-Afrikaners voel egter die een met die “nuwe” Suid-Afrikaanse vlag nie. Dit het my laat wonder oor die vlae van ons land wat strek oor meer as 400 jaar. Waarmee voel ons mense dan een en hoekom?
Lees verder ‘Laat jou vlag wapper’
Gepubliseer .
Ek kon nog nooit verstaan hoekom daar in Engels verwys word na ‘n “love child” as ‘n kind buite die eg gebore word nie. So asof kinders wat binne ‘n huwelik (soos wat dit bedoel is) nie uit liefde gebore kan word nie. Maar dit daar gelaat… Ons regering is behoorlik in rep en roer oor almal en wie nog se buite-egtelike verhoudings en die kinders wat daaruit gebore is.
Lees verder ‘Wanneer die klippe eers gegooi word. . .’
Gepubliseer .
Dit is finaal – Mafikeng en Piet Retief is NOG twee plekname wat saam met plekke soos Warmbad, Pietersburg en Nylstroom voortaan net in die volksmond en die geskiedenisboeke sal bly voortbestaan. Die minister van Kuns en Kultuur het vandag haar stempel op die verandering van die twee plekname (sowel as ‘n string ander) geplaas en voortaan sal Mafikeng as Mahikeng bekendstaan terwyl Piet Retief voortaan eMkhondo sal heet.
Lees verder ‘Naamsveranderinge: ‘n Lag in die gesig!’
Gepubliseer .
Die geveg is aan die gang, maar dit weet ons al lankal. Hierdie keer is die Afrikaanse-stryd by Hoërskool Christiana in die Noordwes aan die gang. Dié Afrikaanse skool kom nou in die spervuur van nie-Afrikaanse inwoners van die dorp, omdat hulle wil hê die skool moet ook plekmaak vir Engelse leerders in Engels. Die Young Communist League het die naweek hierdie geveg voortgesit is selfs gesê dat Afrikaanse weggegooi moet word in die hel en dat daar geen plek vir Afrikaans in staatskole is nie.
Lees verder ‘“Gooi Afrikaans weg, gooi dit in die hel”’
Gepubliseer .
As jy ‘n aktuaris, sagteware ingenieur, rekenaarstelselanalis, bioloog of historikus is – kan jy jou sterre dank, want volgens ‘n opname wat onlangs gedoen is staan in jy van die wêreld se “lekkerste” beroepe. Volgens die webwerf www.careercast.com is die ander beroepe wat onder die top 10 bestes gereken word wiskundiges, regsassistente, statiskuste, rekenkundiges en mondhigiëniste.
Daar is natuurlik ook die anderkant van die spektrum. Daardie beroepe wat as die slegstes beskou word. Die top tien op hierdie lys is volgens die opname olieboorwerkers, houtkappers, ysterwerkers, melkboere, sweisers, rommelverwyderaars, taxibestuurders, konstruksiewerkers, meterlesers en posmanne.
Om die volledige lys van 200 beroepe te sien besoek http://www.careercast.com/jobs/content/top-200-jobs-2010-jobs-rated#top-ten-list. (Die beroepe se aanloklikheid word volgens verskeie elemente bepaal naamlik: die fisiese vereistes van die beroep, die gunstigheid van die werksomgewing, die inkomste, stresvlakke wat in die beroep ervaar kan word en die werksgeleenthede in die beroep.)