Bladsy 3 van 14« Eerste...23410...Laaste »

Outeur Argief vir Ilze NieuwoudtBladsy 3 van 14

Solidariteit Helpende Hand versprei duisende loopbaangidse landswyd

Deur Inge Verwey

Solidariteit Helpende Hand het sedert Junie laas jaar ’n asemrowende 7000 beroepsleiding-gidse by Afrikaanse skole regoor Suid-Afrika versprei. Die doel van die beroepsleiding-gids is om jongmense oor skaars en kritieke vaardighede in Suid-Afrika in te lig. Die druk van gidse is moontlik gemaak deur die Dagbreek Trust.
Lees verder ‘Solidariteit Helpende Hand versprei duisende loopbaangidse landswyd’

Meer en meer studente deur Solidariteit Helpende Hand gehelp

Deur Inge Verwey

Solidariteit Helpende Hand het verlede jaar gesorg dat ongeveer 465 studente se droom om te studeer nie verlore gaan nie. Dié syfer toon ʼn merkwaardige groei in vergelyking met die 129 studente wat in 2009 ʼn beurslening ontvang het, meen dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. Die organisasie beoog om hierdie jaar selfs meer studente finansieël met hul studies by te staan.
Lees verder ‘Meer en meer studente deur Solidariteit Helpende Hand gehelp’

Lyk my polisie is net vir BBP’s

Net toe ons gedink het ons gewone Suid-Afrikaners verdien ook om beskerm te word, tref die harde Suid-Afrikaanse realiteit ons in die gesig. Nee-wat! As jy nie ‘n BBP (Baie Belangrike Persoon) is in die regering of so iets nie, dan moet jy dalk maar elders aanklop, want nuwe syfers deur die Instituut van Rasseverhoudings het vandag onthul dat sowat 10% van lede in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) tans getaak is om BBP’s te beskerm, regeringsgeboue, spoorweë en hawens en ander toegangspunte te polisieer.

Kan jy glo? 10%? Uit die sowat 190 199 SAPD-lede werk sowat 15 836 nou in hierdie sektor van die polisie.
Lees verder ‘Lyk my polisie is net vir BBP’s’

Groot Vyf word gou-gou Groot Vier 1/2

Ek hoor ‘n kenner vandag wat sê dat ons binnekort nie meer ‘n Groot Vyf gaan oorhê nie. Ons het reeds net ‘n Groot Vier-en-’n-half!

Verlede jaar is 333 renosters in ons land gestroop vir hul horings! En intussen word gemeen dat die vraag na renosters op veilings nou soveel gedaal het, want dit kos net te veel om ‘n renoster aan te koop en te beskerm dat dit eenvoudig net nie meer bekostigbaar is nie. Hierdie week is vyf stropers in die Kruger-wildtuin doodgeskiet nadat hulle deur veldwagters aangekeer is. So wreed as wat die dood is, so laat dit my mos wonder of dit nie is wat hierdie ouens verdien nie. Die stropers en die grootkoppe agter hierdie wrede moorde (want dit is niks anders as moord nie!) moet die swaarste straf moontlik kry, want ek is bevrees dat as dinge aangaan soos nou sal ons kinders se kinders dalk net in boeke van renosters kan leer.
Lees verder ‘Groot Vyf word gou-gou Groot Vier 1/2′

Wil almal werklik dokters word?

Elke jaar wanneer die matriekuitslae uitkom, gryp ek baie gretig na die koerante om al die matrieks wat stringe onderskeidings gekry het se stories te lees. Ek lees dit elke jaar getrou want ek wil sien watter idee van realiteit hierdie jaar se matrikulante het. En keer op keer word my teorie reg bewys – dit lyk my almal wil dokters, rekenmeesters en ingenieurs word! Is dit dan moontlik dat al die slimkoppe in die hele land werklik dieselfde belangstellings het? Of word baie van hierdie beroepskeuses gemaak op grond van die presitge wat daaraan gekoppel word?
Lees verder ‘Wil almal werklik dokters word?’

Onindiensneembare matrikulante kan gou deel van donker werkloosheidstatistiek word

Slegs vier uit elke tien matrikulante wat direk ná matriek die arbeidsmark betree, sal werk kry – die res sal waarskynlik deel van die donker werkloosheidstatistiek van Suid-Afrika word, het die vakbond Solidariteit gewaarsku.

Lees verder ‘Onindiensneembare matrikulante kan gou deel van donker werkloosheidstatistiek word’

Bladsy 3 van 14« Eerste...23410...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube