Gepubliseer .
Klein mensie, my hart is gebreek. Dit is stukkend. Maar dit is niks. Dit is niks teen die vrees van jy en pappa en mamma daardie dag ervaar het nie.
Klein mensie, ek weet julle was bang. Hulle was op julle. Wat het deur jou kop gegaan? Jy was nog so klein, maar klein mensies voel ook vrees aan hulle lyfies. Kon jy in mamma se oë die ontsaglike, bittere bangheid sien? Het jy gehuil, het jy geskree?
Lees verder ‘‘n Briefie vir klein Willemientjie’
Gepubliseer .
In ‘n onderhoud wat met die sanger Louis Brittz en sy vrou Hettie gedoen is, het hulle openhartig vertel hoe hulle vergewe het. Hulle is albei in hul huis in Irene aangeval sowat 15 maande gelede en Hettie is verkrag. Ek kon net in verwondering kyk hoe hulle vergewe. Ek het soveel respek daarvoor, want ek kry skaam om dit te sê maar ek weet eerlikwaar nie hoe ek in daardie omstandighede sou dink, voel en optree nie.
Ek sien nou hoe een van die persone wat by die Lindley-moord op Attie, Wilna en hulle klein dogtertjie Wilmien betrokke was nou gaan skuldig pleit op aanklag van moord. Maar WAT beteken dit nou? Hulle is vermoor. Hy kan nou baie jammer wees, maar dit verander niks aan die wreedheid wat gepleeg is nie.
Lees verder ‘Hoe vergewe jy?’
Gepubliseer .
Dankie tog! Malema het lyk my AL die antwoorde op ons probleme. Net toe ons almal gedink het tienerswangerskappe is ‘n probleem kom hy met sy “wysheid” na vore. Die antwoord? Alle meisies vanaf 12 jaar oud moet voorbehoedpille drink.
Mens! Kan jy dit glo? En hier dog ek Vigs is ‘n probleem? Hier dog ek verkragtings is ‘n probleem? En wat van die feit dat ‘n twaalfjarige nog ‘n KIND is en nie met sulke goed besig gehou moet word nie. Ek onthou toe ek 12 was (ja-ja dit was nie eeue gelede nie). Het die wêreld dan so verander dat 12-jariges moet voorbehoedpille drink? Moet ons nie veel eerder sedelikheid vir ons jongmense leer nie?
Net soos ‘n simpel Verimark-advertensie wil ek sommer sê: “Maar wag daar is NOG!”
Lees verder ‘Malema en sy oplossings’
Gepubliseer .
Is jy ‘n skaamtelose Afrikaner? Of dra jy nog swaar aan die skuldgevoel wat almal op die groep mense pak? Het die tyd nie ryp geword dat ons maar net skaamteloos Afrikaners kan wees nie? Ek wil nie meer jammer voel vir goed waarmee ek niks te doen gehad het nie. Ek wil nie meer skaam voel om te kan sê ek is ‘n Afrikaner nie. Ek wil nie meer hoor hoedat my Afrikanerskap ‘n benadeling van ander se regte is nie. Ek mag hoort! Afrikaners MAG hoort – ons is van AFRIKA! Net soos wat ander kultuurgroepe ook met trots mag sê hulle is Zoeloes, Duitsers, Sotho’s kan Afrikaners nou ook skaamteloos opstaan en uitroep: “Ek IS ‘n Afrikaner!”
Gepubliseer .
Ai,ai,ai, minister! Dit is amper al wat ek kan sê as ek sy uitlatings lees. Die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, het hierdie week sommer weer op die rassisme-trein gespring met sy uitlating dat mense wat die verbeterde matriekuitslae bevraagteken rassisties is.
Hy reken dat die verbetering in die matriekuitslae toon dat die regering besig is om die stelsel reg te ruk.
Lees verder ‘So dit is rassisties om te bevraagteken?’
Gepubliseer .
Ons almal het spoke wat ons net bly jaag. Ek het waarskynlik ‘n hele paar, maar daar is veral een wat my jaag. My man is ‘n paar jaar gelede ontslaan (of “retrench” soos baie dit sommer noem) by ‘n plek waar hy gewerk het. Uit die aard van sy werk (hy is ‘n plaasbestuurder) bly ons op die plaas waar hy werk. Dit beteken dat toe hy op daardie aaklige dag so amper vier jaar gelede hoor hy is sy werk kwyt, moes ons inderhaas ‘n nuwe huis kry. Met baie genade was my man letterlik vir ‘n week sonder werk voordat hy ‘n nuwe werksaanbod (in ‘n ander provinsie as waar ek werk) gekry het.
Ons moes maar pendel oor naweke om bymekaar te kon wees, maar uiteindelik het ons goed anderkant uitgekom.
Lees verder ‘Die nagmerrie wat bly spook’