Gepubliseer .

Meer as 1 600 verskillende plaasaanvalle is vandag vir meer as 7 ure lank op Solidariteit Radio voorgelees. Dit is skokkende voorvalle van misdaad. Verskeie bekendes soos Marius Weyers, Bok van Blerk, Leanie May en Gerrie Pretorius het ook deelgeneem en name voorgelees. Gaan luister daarna op www.solidariteitradio.co.za.
Gepubliseer .
Ons praat nie van nietighede nie. Ons praat nie van nalatigheid of eenvoudige laksheid nie. Nee, die Suid-Afrikaanse Polisie hou hulle duidelik nie op met die klas van dinge nie. O nee, daar is veel groter dinge soos moord, verkragting, aanranding en diefstal.
Die nuus kom vanoggend toe uit dat daar in die afgelope jaar meer as 500 polisielede ondersoek en SKULDIG bevind is aan die gruweldade. Hoe gebeur dit? En ek is boonop oortuig die probleem is veel, veel groter as hierdie syfer.
Lees verder ‘Polisie skok met misdaad’
Gepubliseer .
Ek het pas op hierdie “pêrels van wysheid” van die ANC Jeugliga se leier, Julius Malema, afgekom op SAPA. ‘n Paar hiervan is aangeteken op die nuusagentskap se “Quotes of the week”. Lyk my daar is heelwat inhoud wat kom van dié jeugleier:
- “I stand by what I say because I’m not a coward… This Mickey Mouse organisation [Sonke Gender Justice Network], even if the court finds us guilty, the court must know it will be very difficult to get an apology from us.” — Malema speaking outside the Equality Court.
Lees verder ‘Malema sê genoeg om ‘n aanhalingsboek vol te maak’
Gepubliseer .
Ek kon dit nie glo toe ek die koerant vanoggend onder oë kry nie. So wrintiewaar! Plase wat so links en regs uitgedeel word is niks nuuts nie. Wat so ruk gelede wel opslae gemaak het, is toe die regering sê dat hulle wel plase wat nie reg benut word nie, of waarvan die boerdery uiteindelik misluk sal terugneem. Wat ʼn slim plan, het ek in die stilligheid gedink. Nie dat dit die groot probleem sou oplos nie, maar ten minste weet die nuwe boere dat hulle nie net sou kon kry en niks daarmee doen nie. Maar helaas vandag is die laaste bietjie hoop in die gebied ook uit my geneem, want die “insig” wat ek gehoop het die regering sou hê hieroor bestaan lyk my nie juis nie. Want “mevrou Boer van die Jaar 2008” wie se plaas van haar afgeneem is omdat sy ʼn “sjebeen” daar bedryf het en die eens spogplaas tot in die afgrond in weg geboer het, kry WEER ʼn plaas. Om te wat, kan ek net wonder! Was die mislukking van een plaas nie genoeg nie? (Lees die volle artikel op Beeld se webwerf by http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/df1ca276cb4d4bf8a9034b5fcb79a0d4/02-09-2009%2001-09/Boer_verloor_haar_spogplaas )
Gepubliseer .
Ek het vanoggend hierdie brief per e-pos ontvang. Dit het my laat regopsit en beslis laat dink. Miskien omdat ek nou ʼn boek lees wat juis oor die lot van vroue en kinders in die Anglo-Boereoorlog gaan laat dit my besef dat hierdie Prof. in baie opsigte reg is:
Dink aan Prof Coetzee se antwoord oor waarom die Afrikaner bo uitkom.
Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was..
Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:
‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die
Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.
Lees verder ‘Ope brief aan die Afrikaner’
Gepubliseer .
Daar is nou reeds 115 mynwerkers vir die jaar op Suid-Afrikaanse myne oorlede. Dus kan daar gereken word dat daar vanjaar min of meer 165 sterftes op ons myne gaan wees. In 2008 was daar 179 sterftes en in 2007 221. Is dit moontlik dat Suid-Afrika uiteindelik iets begin reg doen op die gebied? Elke sterfte is egter nog een te veel. Maar wat is die antwoord uiteindelik?
Luister môre na Solidariteit Radio by www.solidariteitradio.co.za en hoor wat Solidariteit se hoof van beroepsgesondheid en veiligheid, Paul Mardon, hieroor te sê het.