Bladsy 11 van 14« Eerste...101112...Laaste »

Outeur Argief vir Ilze NieuwoudtBladsy 11 van 14

Geagte eerwaarde mevrou dominee

Mense en hulle titels is een van DAARDIE dinge. Dit is daardie dinge wat jy aanheg om jou sogenaamde waarde te gee in omstandighede waarin jou “waarde” eintlik niks te make het met die spesifieke omstandighede nie. Ek praat nou van die advokate, doktore, dokters en proffies en natuurlik die mevrou-dominees.

Hoekom sal jy nou jouself by die kerk voorstel aan ‘n mede-lidmaat as generaal Le Roux? Ons is nie in die weermag nie meneer! En hoekom moet ons mense in “normale” omstandighede voorstel as professor Van Dyk?

Titels is nie veronderstel om jou waarde te gee nie. Respek – ja, maar dit kan jy bloot met ‘n “meneer” of “mevrou” doen. Ja, in jou spesifieke veld of werksomstandighede waarin die titel pas, is dit baie goed. Dit verg ontsaglike harde werk om hierdie titels te verwerf, maar hoekom moet dit in ander omstandighede onder Jan Alleman se neuse gevryf word?

“Pop idol” vir SA tronke!

gyt_man_behind_bars_203x152 Suid-Afrikaanse tronke is darem ‘n lekker plek! Eers kan die tronkvoëls vrygelaat word wanneer hulle kwansuis met een voet in die graf (of is dit nou die gholfbaan?) staan en nou is daar ook ‘n Suid-Afrikaanse “pop idol”-reeks. So wrintiewaar – die gevangenes kan nou deelneem aan die sogenaamde “Jail Star”-kompetisie.  Dit is blykbaar deel van ‘n nuwe realiteitstelevisiereeks wat op die gevangenis se interne televisiekanaal uitgesaai sal word.

Volgens ‘n berig op SAPA hieroor vandag is die opnames by Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad gedoen en 35 gevangenesse het aan die kompetisie deelgeneem. En die beoordelaars? Twee tronkbewaarders en een gevangene.

Vreemd? Wel, dit IS Suid-Afrika.

Finale vaarwel aan Eskom se Maroga

Vaarwel, Maroga, vaarwel. Wat kan ons meer sê? Dat dit hoog tyd is? Dat ons al lankal gewens het dat dit moet gebeur? Dat ons bitter baie dankbaar is dit HET uiteindelik gebeur?

Maroga hetuiteindelik vandag na meer as’n week se bespiegelinge, bedanking van Eskom-raad se grootkop, en moddergooiery oor rassisme (van alle dinge!) finaal sy goedjies gevat.

Dinge gaan moeilik wees, want sonder iemand aan die stuur van so ‘n groot instansie, kan taai wees. Maar ons kan seker ook maar stry dat daar lanklaas wel iemand was wat wel aan die ware STUUR gestaan het van Eskom. Dit is nou buiten die regering natuurlik wat steeds sy “vinger in die pastei” hou.

Daar is darem hoop – en dit kom nadat die waarnemende hoof van die raad vandag gesê het die vervreemding van Eskom se werknemers sal nou prioriteit geniet. Ek wonder wat dit kan behels? Sal daar nou uiteindelik gekyk word na die manier waarop uiters kundige mense, met jare se ervaring van die bedryf bloot weggejaag word. Ek hoop so. En ek hoop die oplossing kom gou. Want Eskom het sy bitter mense nodig. En ja die mense van Suid-Afrika het vir Eskom baie nodig.

Het ons nog helde?

Ek het vandag met ‘n skok agtergekom dat ons mense nie meer helde het nie. Vra jy hulle om net een Suid-Afrikaanse held te noem en die rede gee vir hoekom hulle so voel – dan kry jy net ‘n frons.  Wat het van Suid-Afrika se helde geword? Het ons eenvoudig nie meer helde nie? Of is die sogenaamde helde wat ons het elke dag net ‘n verdere terleurstelling?

(Luister ook na www.solidariteitradio.co.za se program Tossie Lochner Suid-Afrika waar die tema mans en manlike helde is.)

Ai-ai Eskom. . .

Daar is probleme by Eskom, maar die weet ons al lankal. Nou is daar gerugte en bespiegelings dat ten tye van die Donker Januarie-bom wat verlede jaar in Suid-Afrika met “loadshedding” gebars het, daar talle top poste in Eskom vakant was. Vanoggend het RSG met ‘n woordvoerder van Eskom gepraat en dié het behoorlik water getrap. Op ‘n vraag oor hoekom daar soveel top poste vakant was, was sy antwoord “die leemte is veroorsaak deur die groot internasionale kompetisie vir die nodige kundige mense.” Maar op ‘n vraag oor of regstellende aksie dalk daardie leemte in die kundigheid in Eskom kon gelaat het, was Eskom se antwoord net “nee, ons het eerder gebaat by die implementering van regstellende aksie.”

Hoe maak dit sin? Eers jaag Eskom uiters kundige mense weg, dan is daar ‘n hengse tekort aan kundiges en dan trek hulle net hulle skouers op en glo dat regstellende aksie nie skade gedoen het nie. Ai, ai!

Peperduur karre nodig vir ministers om “hul werk te doen”

Ai-ai! Al die peperduur karre waarmee die ministers nou in alle luuksheid rondrits is nie vermorsing nie. O, nee! Volgens die minister van Staatsdiens en Openbare Administrasie, Richard Baloyi, is die motors bloot “tools to do work.” Die minister het vandag aan die media tydens ‘n konferensie by die parlement gesê dit is nodig vir die ministers om hoogs mobiel te wees sodat hulle hul werk kan verrig. SAPA berig ook vandag dat Baloyi blykbaar gesê het dat die regering ’n verantwoordelikheid het om die nodige minimum hulpbronne aan die ministers beskikbaar te stel om hul werk te kan doen.

Nou wonder ek net wat geld as “minimum hulpbronne”!

Bladsy 11 van 14« Eerste...101112...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube