Gepubliseer .
Doodskampe is wat sommige dit genoem het. Die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog spook vandag nog by talle Suid-Afrikaners, en mense se fassinasie met die gebeure in hierdie kampe was reeds die rede vir die samestelling van tientalle boeke oor hierdie onderwerp.
Belangstellendes kan skaars genoeg kry van hierdie bykans onuitputbare bron van geskiedenis. Waar daar egter in die verlede net op die enkele oorvertellings en dagboekinskrywings van veral vroue in die kampe staatgemaak is vir inligting en familienavorsers in argiewe moes rondsoek in die hoop om net ’n stukkie inligting oor hul voorouers se verbintenis met die kampe te kry, het die internet ’n tyd gelede ’n nuwe wêreld geopen met die samestelling van die British Concentration Camp Database.
Lees verder ‘Webtuiste maak deur oop na geskiedenis’
Gepubliseer .
Rykes doen dit, mense wat geen ander uitkoms het nie doen dit, sommiges doen dit vir veiligheid ander uit noodsaak of vir ‘n leefstyl.
Terwyl een maat in die een stad werk, werk die ander honderde kilometers verder in ‘n ander dorp of stad. As jy gelukkig is, het julle saam ‘n naweekhuis waar die gesin weer bymekaar kan kom. As dit nie moontlik is nie, sien julle mekaar dalk een keer per maand of self minder.
Ek hoor die anderdag van ‘n superryk paartjie wat dit doen. Vroulief en die kinders woon in ‘n eksklusiewe buurt by die see terwyl die man tussen daar en Gauteng rits. Hy is meestal naweke tuis en reken dat die veiligheid wat sy gesin nou geniet veel beter is as wat hulle in die misdaadhoofstad van die land gehad het. Die skole is tip-top, daar is ‘n vriendelike lewenstyl wat daarmee gepaard gaan en ja, die derduisende rande wat aan pendel bestee word, word met graagte opgegee.
Lees verder ‘Pendelhuwelike – daar is meer as wat ons dink…’
Gepubliseer .
Dit was met woede, skok en dan hartseer wat ek vanoggend se Beeld lees waarin Thabang Makwetla (adjunk minister van verdediging en militêre veterane) wat sê “Ek het nog nooit gehoor van wit mense wat behoeftig is nie. Inteendeel, daar is nie so iets nie.”
In watter droomwêreld bly hy? Hy het duidelik nog nie die armoede gesien wat Helpende Hand mee werk nie. Ek het dit al gesien en mnr. Makwetla, met alle respek, jy stuur bittere leuens die wêreld in. Dinge is nie so eenvoudig soos swart en wit, armoede en rykdom nie, goed en sleg nie. As jy moeite gedoen het, sou jy geweet het watter brandende armoede daar onder alle mense in ons land is.
Armoede ken nie kleur nie, mnr. Mawetla. Armoede vra nie vrae nie – hy vat net en hy vat alles. Mense se waardigheid, drome en hoop.
Lees verder ‘“Daar is nie iets soos arm wittes”’
Gepubliseer .
Ek kan my soms verstom oor mense se maniere en dinge. Ek wens party keer dat ek onsigbaar kan wees en bloot sit en “menskyk” – iets soortgelyk aan voëlkyk of wildkyk – sodat ek mense van naderby kan ondersoek. Amper soos ‘n antropoloog wat in stilte observeer en
bevindinge in ‘n klein boekie opskryf en dan ‘n onthulling maak oor die mens en sy gebruike en sy “rites of passage”.
My eerste studiegroep sal ondersoek instel na die “baas”.
Lees verder ‘Loer die aasvoël oor jou skouer?’
Gepubliseer .
Wat ‘n juweel! Ek het hierdie week die geleentheid gehad om met ‘n groepie Afrikaanse tieners as deel van ‘n vakansieprogram te werk. In die sessie wat ons groep aangebied het, het ons probeer om ‘n trots vir Afrikaans by hulle te kweek. Dit is afgeskop met ‘n regte egte Afrikaanse weergawe van die bordspeletjie “30 seconds”. Ons het Suid-Afrikaanse karakters, flieks, musiek en items vir hierdie speletjie gebruik. Op die een kaartjie verskyn daar toe die naam “Wolraad Woltemade”. Baie mense ken die heldeverhaal van die man wat talle mense wat byna verdrink het, gered het op sy perd in die see, maar uiteindelik self toe verdrink het.
Noem dit maar die nuwe generasie of wat jy wil, maar iewers het arme Wolraad se storie plek gemaak vir die storie van Harry Potter en Voldemort. Die tiener verduidelik met alle mag en mening oor hierdie fliekkarakter en was uiteindelik so verstom om te hoor dat dit toe al die pad nie die slegte ou van die Harry Potter-stories is nie.
Lees verder ‘Wanneer Wolraad Woltemade skielik Voldemort word’
Gepubliseer .
Die Gauteng LUR vir vervoer het toe mos gister aangekondig dat 31% van Gauteng se paaie in ‘n swak tot baie swak toestand is. Uit die meer as 4 200 km geteerde pad in die provinsie is net 9% in ‘n baie goeie toestand. Voorts is 27% in ‘n goeie toestand, 33% in ‘n gemiddelde goeie toestand, 20% in ‘n swak toestand en 11% in ‘n baie swak toestand.
Mooi sommetjies! En welgedaan vir die moeite wat hulle daarmee gedoen het, maar goeiste, ons weet mos die paaie is ‘n gemors. Wie het nou wanneer daar by die departement besluit dat daar nou eers iets aan die paaie gedoen moet word? Die LUR sê selfs: “If we had maintained our road network at the ‘very good’ condition level, its asset value would have been R51 billion; so we have witnessed a net asset loss of 23.5 percent in less than five years.”
Lees verder ‘Net nog ‘n gat in die pad’