Die sterkste ondersteuners van ʼn saak is baie maal die grootste bedreiging vir die sukses van hul eie saak, omdat hulle gewoonlik self hul goeie saak met swak redenasies bederf. Hierdie verskynsel het baie waarnemers al opmerkings laat maak soos: “As dit nie vir Christene was nie, was ek ook een”. Al is sulke reaksies net so swak soos die een waarop reageer word, help dit nogtans nie die saak waaroor dit gaan nie.
Lees verder ‘Moenie ons goeie saak met swak redenasies bederf nie’
Outeur Argief vir Flip BuysBladsy 3 van 10
Dit lyk of die ANC alles in die stryd werp om Suid-Afrika te laat misluk. Dis asof iemand of iets boosaardig hulle daagliks aansê om die verkeerde dinge te doen, en asof hulle hierdie bose mag dan soos robotte gehoorsaam in ʼn verbete poging om die land en sy mense oor die afgrond te stoot. Miskien is daar ʼn geheime vyfde kolom of derde mag, wat maak asof hulle die ANC steun, amper soos Gusai moes maak of hy aan Absolom se kant was maar eintlik Agitofel se goeie raad moes verydel.
Lees verder ‘Agitofel se raad vir die ANC’
Kom ons vat ons geskiedenis terug! Dit is die oproep wat Flip Buys gedoen het tydens die openingsaand van Tree Aan!, Deon Opperman se musiekblyspel oor die Grensoorlog wat deur Solidariteit ondersteun word.
Ons salueer met hierdie musiekblyspel ʼn geslag jongmanne wat vir bykans drie dekades die gevaar van ons huise af weggehou het sodat ons in vryheid en veiligheid kon lewe.
Solidariteit beoog om vroeg volgende jaar ’n Afrikaanse afstandsgegronde hoëronderwysinstelling te begin wat gemik is op loopbaangerigte opleiding.
Dit gaan op die vlak van universiteite van tegnologie funksioneer en gaan naskoolse opleiding landwyd deur ’n telematiese stelsel aanbied. ’n Projekspan bestaande uit kundiges op die gebied van hoër onderwys werk die afgelope drie jaar al daaraan. Die naam gaan eersdaags bekend gemaak word, maar private hoëronderwysinstellings mag weens wetlike redes nie ’n universiteit of technikon genoem word nie.
Oorspronklik gepubliseer in Beeld.
Lees verder ‘’n Wenkans vir Afrikaanse jeug’
Flip Buys bespreek twee moontlike toekomsverhale vir die Afrikaner, een van uitsterwing en een van herlewing. Die verhale speel ʼn honderd jaar in die toekoms af. Waar een vertel hoekom die Afrikaner verdwyn het, gaan die tweede een oor hoe die Afrikaner herleef en suksesvol oorleef het. Die verhale is veralgemeen en vereenvoudig om dit so kort moontlik te hou.
Lees verder ‘Twee toekomsbeelde van ondergang en herlewing van die Afrikaner’
Gaan China die Christendom red?
Daar is ‘n direkte verband tussen die opkoms en val van beskawings en die Geloof wat dit dryf.
Dit is die mening van die Hoofrabbi van die Statebond, Lord Jonathan Sacks. Lees sy insiggewende artikel oor die vraag of China die Christendom gaan red.
Lees verder ‘Gaan China die Christendom red?’


