Bladsy 10 van 10« Eerste...8910

Outeur Argief vir Flip BuysBladsy 10 van 10

Stukkende gesinne maak ’n land stukkend

Daar is beslis ’n direkte verband tussen Suid-Afrika se grootste knelpunte en die grootskaalse verbrokkeling van huwelike en gesinne in ons land. Net een derde van kinders in ons land word byvoorbeeld in ’n “normale” gesin met albei biologiese ouers groot.  ’n Opskrif soos “die einde van die gesin” sou dus nie ’n oordrywing wees van hierdie verskynsel wat so ’n verpletterende invloed op ons land se meer as 18 miljoen kinders het nie. Hulle is die grootste slagoffers van die gesinskrisis in ons land. In kort- die tradisionele huishouding van ’n getroude paar met kinders word ’n minderheidsleefstyl.

Laai die aanbieding af: Fokus op die SA gesin

Lees verder ‘Stukkende gesinne maak ’n land stukkend’

Ideologiese donkerbrille het al baie skape laat doodgaan

Eendag lank, lank gelede, was daar ʼn verskriklike droogte in die Groot Marico. Al die boere se diere het gevrek, behalwe oom Kaspaas se skape. Dié was spekvetter as ooit. Die Goewerment stuur toe die droogte-inspekteur om oom Kaspaas se wonderwerk te gaan bestudeer. Hy spring op sy fiets, kompleet met pap-emmertjie, koffiebottel met mieliestronk prop, en pak die langpad aan terwyl hy net dooie skape rondom hom sien lê.

Tragies. Maar sowaar, toe hy by oom Kaspaas se plaas kom, val hy byna van sy fiets af van skone verbasing, want orals sien hy spekvet skape… met groen donkerbrille op! Oom Kaspaas se plan was eenvoudig: die groen donkerbrille laat alles – selfs die droogste grasstoppels – heerlik groen lyk, en sy skape vreet dan heeldag lustig tot hulle knuppeldik is!

Lees verder ‘Ideologiese donkerbrille het al baie skape laat doodgaan’

Rome is nie in een dag afgebrand nie

ʼn Antwoord op Max du Preez se vorige artikel in die Beeld-bylaag By

Max du Preez skryf in verlede week se By dat die nuwe struggle die behoud van die letter en gees van die Grondwet moet wees.

Natuurlik is die beskerming van die Grondwet uiters noodsaaklik. Die vertrapping van eiendomsreg in die Zimbabwiese grondwet is die beste bewys van wat met ʼn land gebeur as sy grondwet misken word.

Maar is die beskerming van ʼn grondwet genoeg om die sukses van ʼn land, sy burgers en sy kultuurgemeenskappe te verseker? Nee, beslis nie. Die beskerming van die grondwet is ʼn noodsaaklike, maar nie voldoende voorwaarde vir sukses nie.

Die ANC het in net vyftien jaar ʼn werkende land met probleme getransformeer tot ʼn verswakkende staat met bykans onoplosbare krisisse. Dit het hulle demokraties en (met uitsonderings) binne die Grondwet gedoen.

Lees verder ‘Rome is nie in een dag afgebrand nie’

Bladsy 10 van 10« Eerste...8910



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube