Bladsy 1 van 1012310...Laaste »

Outeur Argief vir Flip Buys

Sterk Regsfonds nodig vir die toekoms van die regsorde

Benjamin Franklin het gesê dat die doel van ‘n grondwet is om die burgery teen die goeie bedoelings van ‘n regering te beskerm. Henry Kissinger agreed, by saying that the most fundamental problem of politics… is not the control of wickedness, but the limitation of righteousness”. Karl Popper also posed a very relevant question in this regard, by asking “how do we keep our rulers from ruining us? Die Nobelprysekoom Milton Friedman het tereg gesê dat dit nie help dat ‘n beleid goeie bedoelings het nie, mens moet na die resultate kyk. Lees verder ‘Sterk Regsfonds nodig vir die toekoms van die regsorde’

Ekonomiese vryheid begin met opleiding

Die hoofoorsaak van armoede is dat armes nie aktief aan die ekonomie deelneem nie. In kort – mense is arm wanneer hulle nie ʼn goeie werk het of kan kry nie. Armes het gewoonlik ook nie die kennis en vaardighede om self ʼn suksesvolle besigheid van stapel te stuur nie. Wie nie deelneem aan die ekonomie nie, kry nie die voordele van deelname soos ʼn salaris nie.

Lees verder ‘Ekonomiese vryheid begin met opleiding’

Kammaland of Moerland?

Afrikaanse universiteite ʼn kammaland? Die alternatief is (Chris Barnard se) Moerland!

Die afgelope week is ʼn debat oor Afrikaans op universiteit by Aardklop gehou waaraan ek en prof Adam Habib van die Universiteit van Johannesburg (UJ) deelgeneem het. Die debatsvraag was of Afrikaanse universiteite nie ʼn ‘kammaland’ is nie. Daar is die afgelope dekade oor en oor gepraat oor Afrikaans op universiteitsvlak – met presidente, ministers, rektore, rade, regsgeleerdes, akademici en studente. Van al die beloftes, die gerusstellings en die versekerings, van al die vrugbare samesprekings en van die opwindende proefnemings met nuwe modelle en positiewe regeringsgesprekke in of oor Afrikaans het daar bitter min gekom, behalwe meer en meer Engels. Lees verder ‘Kammaland of Moerland?’

Ma! Pietertjie slaan terug!

Die ANC se skreeuende reaksie op AfriForum se haatspraak-oorwinning laat my dink aan ʼn storietjie uit my kinderjare. Daar het ʼn boelie in die buurt gebly, wat veral op die bure se klein Pietertjie gepik het. Boelie het die arme Pietertjie kort-kort getimmer totdat dié se Pa seker dik vir die storie geword het en vir Pietertjie ʼn paar truuks geleer het. Nie lank daarna nie was dit weer sulke tyd: Boelie jaag vir Pietertjie. Maar die keer het dinge anders verloop, en nie lank daarna nie kom Boelie huil-huil by die huis met ʼn blou oog aangehardloop: “Ma Ma, Pietertjie slaan terug, Pietertjie slaan terug!

Lees verder ‘Ma! Pietertjie slaan terug!’

Vertrouensbreuk kan deur kulturele ooreenkoms herstel word

Die ANC se hantering van die haatspraaksaak dryf die groeiende vertrouensgaping tussen die regerende party en talle Afrikaners op die spits. Die ANC verdraai nou die uitspraak as sou dit hulle struggle-erfenis verbied. Dit is onwaar, en dit is ook nie wat AfriForum vir die hof gevra het nie. AfriForum se saak het gegaan oor Malema se rassistiese opsweping van swartmense teen witmense, Afrikaners en Boere in ʼn land wat reeds deur geweld geteister word. Malema se dreunkrete het nie die ANC-verlede probeer verheerlik nie, maar was daarop gerig om swart teen wit op te stook. Die saak is gemaak nadat alle pogings gefaal het om die probleem met gesprek op te los. As die ANC aan die begin van die krisis opgetree het, sou die regter dit nie nodig geag het om so drastiese uitspraak te maak nie.

Lees verder ‘Vertrouensbreuk kan deur kulturele ooreenkoms herstel word’

Die toekoms van werk

Globalisering, die nuwe ekonomie, tegnologie, werkloosheid – wat hou die toekoms van werk in vir die gemiddelde werknemer?

Die ekonomie is wêreldwyd besig om te verander, en die werksmag daarmee saam. Optimiste voorspel ʼn hemel op aarde waar robotte bykans al die werk doen en mense op ʼn permanente vakansie is. Pessimiste voorspel ʼn hel op aarde waar robotte al die werk doen, en mense permanent werkloos is.
Lees verder ‘Die toekoms van werk’

Bladsy 1 van 1012310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube