Bladsy 1 van 7123...Laaste »

Outeur Argief vir Eugene Brink

‘n Uitnodiging aan Piet Croucamp: Leer Afrikaners ken

In gister se Rapport stel Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, en dr. Piet Croucamp, politieke wetenskaplike van die Universiteit van Johannesburg, beide hul kante in ‘n koerantkolom oor die ANC-konferensie waartydens die “vervreemding van die Afrikaanse gemeenskap” bespreek is. Die twee here het vroeër in laas week ook swaarde gekruis tydens ‘n radioprogram en beide het in daardie program sowel as gister gebiedende punte gemaak. Wat my egter onthuts het is Croucamp se tirade teenoor Afrikaners en die uitleef van hul identiteit. Ek moet by voorbaat sê dat ek groot respek vir Piet het, by hom vir twee jaar klas gekry het en hom as ‘n waardevolle stem in Suid-Afrika se politieke kommentaar ag. Sy sieninge is meetsal konsekwent en regverdig, maar sy kommentaar in gister se artikel is vol teenstrydighede terwyl Afrikaners huidjie en muidjie en baie ondiplomaties oor die kole gehaal word. Ek het nog nooit eers in City Press of dergelike swart koerante sulke skerp kritiek op Afrikaners soos Croucamp s’n gelees nie. Ek kan dit daarom nie onbeantwoord laat nie.
Lees verder ‘‘n Uitnodiging aan Piet Croucamp: Leer Afrikaners ken’

Die ANC, Hollande en die ‘dom ekonomie’

“It’s the economy, stupid.”

Met hierdie uiters eenvoudige volksmond-slagspreuk het oudpres. Bill Clinton die kiesers se harte gewen in 1992 se verkiesing in ‘n tyd toe die Amerikaanse ekonomie gesteier het na afloop van die Koue Oorlog. Dit is ook die vernaamste kwessie in vanjaar se Amerikaanse en Franse verkiesings.
Lees verder ‘Die ANC, Hollande en die ‘dom ekonomie’’

Dade praat nog altyd harder as woorde

Met Vryheidsdag agter die rug is dit altyd goed om bestek op te neem oor die stand van die land, asook van vryheid as ‘n deug wat dit onderlê. Voorspoed kan, altans myns insiens, nie losgemaak word van vryheid nie. As mens na die ANC-hoës se uitsprake rakende die 27ste April 1994 luister, is dit gekleur met ‘n gespog wat ver verwyderd van die regte situasie in die land is. Andere maak weer stellings oor hoe die Afrikaner se vryheid tot die maksimum ingeperk is, en maak asof als letterlik uitmekaar val, Suid-Afrika reeds soos Somalië of die Demokratiese Republiek van die Kongo is, en ons net wag op ‘n volksmoord of dood weens hongersnood.
Lees verder ‘Dade praat nog altyd harder as woorde’

Engels handig, maar nié ‘n wêreldtaal

As ‘n Suid-Afrikaner (en Afrikaner) is ek op my onlangse wittebrood in Bali, Indonesië, wreed ontnugter oor die posisie van Engels. As die (hoof)taal van die Internet en feitlik elke funksie in Suid-Afrika en met heelwat van die internasionale handel en vermaak wat daarin geskied, kan jy vergewe word om bloot aan te neem almal in die buiteland is dit magtig. Talle gebeurtenisse het bewys niks kan verder van die waarheid af wees nie, maar ek is buitendien bly ek kan dit darem goed verstaan, praat en skryf. Afrikaans het my ook boonop goed te pas gekom, in sommige gevalle meer as Engels!
Lees verder ‘Engels handig, maar nié ‘n wêreldtaal’

‘n Ideologiese blik op Solidariteit (en Cosatu)

Onlangs het ‘n getroue leser van hierdie blogruimte, ‘n ene Ozone Blue, het my in kommentaar gevra om te verduidelik waar Solidariteit in terme van ekonomiese denkrigtings staan. Dit het egter nie regstreeks betrekking op my eie inskrywing (wat oor die staatsrede gehandel het) gehad nie en ek het aanvanklik geweier om dit te beantwoord. Met wysheid agterna het ek tog besef dit sal van hulp wees om tog Solidariteit se ideologie so wyd moontlik, dog bondig, uit te stippel siende dat ek reeds baie navrae hieroor gehad het. Ek moet my skrywe kwalifiseer as straks nie 100% verteenwoordigend van Solidariteit se ideologie nie, maar gee tog die vernaamste pilare daarvaan weer.
Lees verder ‘‘n Ideologiese blik op Solidariteit (en Cosatu)’

Die staatsrede: Konteks en vooruitskouing

Ek wil my verstout deur te sê hierdie jaar se staatsrede gaan net so vervelig soos vorige jare s’n wees. Pres. Jacob Zuma gaan (weer) beloftes aan die nasie maak wat nie deur die staat of ANC nagekom kan word nie. Korrupsie, lui amptenary en veral onderwysers, werkskepping, die gaping tussen ryk en arm en tussen die onderskeie rasse, en die lot van die armes (en die staat se vermoë om hul lot te verbeter) sal weer aan die bod kom.
Lees verder ‘Die staatsrede: Konteks en vooruitskouing’

Bladsy 1 van 7123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube