Gepubliseer .
MEMORANDUM TO THE PRESIDENT OF THE WORLD FEDERATION OF DEMOCRATIC YOUTH, MR TIAGO VIEIRA
Dear Mr Vieira
We present this memorandum to you to explain why AfriForum Youth has decided not to participate in the 17th World Festival of Youth and Students, as well as to bring certain of our concerns to your immediate attention and to make one request.
To date, AfriForum Youth has not been very vocal on our participation in the 17th World Festival of Youth and Students, despite media reports stating that we have “withdrawn” from the festival. We would like to take this opportunity to provide you with our stance on the matter.
Kyk eNuus.
Lees verder ‘Waarom AfriForum Jeug nie aan die 17′th World Festival of Youth and Students deelneem nie’
Gepubliseer .
Tweehonderd onderwysstudente by Tukkies is woedend omdat hulle almal teruggeroep is om een van hul eksamenvraestelle vir ’n tweede keer te skryf omdat een van Tukkies se personeellede drooggemaak het. Blykbaar het die personeellid die eksamenvraestel voor die datum van die eksamen op die internet gepubliseer.
Lees verder ‘Studente eis hul geld terug’
Gepubliseer .
Een trotse DVD-versamelaar is ek! Ek het flieks, musiekkonserte, dokumentêre, seminare, die hele lot. Die nuutste DVD in my versameling het my egter vieslik ontstel. Dit is ’n Suid-Afrikaanse fliek met die naam Promised Land. Met goeie kamerawerk, kunstige kleurgebruik en ’n neulerige storielyn het die fliek verskeie internasionale toekennings ontvang. Om nie eens te praat van die bekende akteurs nie: Nick Boraine, Yvonne van den Bergh, Tobie Cronje, Ian Roberts…
Promised Land is die storie van ’n jong Afrikaner wat vir die eerste keer in sy lewe met ander Afrikaners kontak maak. Hy het in die buiteland grootgeword en toe sy ma oorlede is moes hy tuiswaarts keer omdat hy grond geërf het. Sy kontak met Afrikaners het sy lewe drasties verander.
Lees verder ‘Is dít wat Afrikaners is?’
Gepubliseer .

Dr. Blade Nzimande
AfriForum Jeug het al met meeste van die jeugleiers in Suid-Afrika te doen gehad. Malema is presies soos ons hom op die kassie ken – ’n anti-wit skatryk ideoloog wat voorgee om vir armes te baklei en hom nie steur aan feite as hy met jou argumenteer nie. Sasco se leiers erken dat moedertaalonderrig bevorder moet word, maar omdat studente tydens apartheid teen Afrikaans betoog het, is dit hulle plig om Afrikaans te haat. Die Jong Kommuniste Liga is nie so rassisties soos die ANC Jeugliga nie. Hulle is bereid om te luister na jou argumente. Hulle ideologie is meer op ekonomiese beginsels as op ras gebaseer.
Lees verder ‘Wat ek geleer het tydens ons uur met Blade Nzimande’
Gepubliseer .
In die afgelope maand is vyf plaasboere in Limpopo vermoor. Dit lyk ook asof die regering nie te erg bekommerd hieroor is nie, want in in dié provinsie is die opgradering van die Peter Mokaba sokkerstadion tans ’n groter prioriteit.
Dit is nou die einste Peter Mokaba wat bekend geword het vir sy slagspreuk: “Kill the Boer, kill the farmer”. Dit is dieselfde Peter Mokaba wat die bestaan van MIV ontken het. Dit is ook dieselfde Peter Mokaba wie se uitlatings deur die Menseregtekommissie as haatspraak bevind is en wat deur Julius Malema as ’n rolmodel beskou word.
Lees verder ‘Kom speel saam by die haatspraakstadion…’