Gepubliseer .

Op die vooraand van Jacob Zuma se eerste besoek as president aan ʼn arm wit gemeenskap in Pretoria, wys ʼn studie van die voormalige Umsobomvu Youth Fund (UYF) dat gemeenskapsprojekte geen ondersteuning aan arm wittes verleen nie en dat die nasionale en provinsiale jeugkommissie van die regering geen gemeenskapsgebaseerde organisasies kan aandui wat in arm wit gebiede werk nie.
Lees Beeld en Sapa
Lees verder ‘Van sowat 30 000 regeringsprogramme kry arm wittes niks’
Gepubliseer .
Ek praat vandag 12:00 eksklusief op www.solidariteitradio.co.za met Genl. Jannie Geldenhuys, voormalige hoof van die SA Weermag oor die leuen van die slag van Cuito Cuanavale. Die slag word deur sommiges beskryf as die grootste slag in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog. Albei kante maak aanspraak dat hulle gewen het en die media het al foto’s van die ‘dorpie’ gepubliseer. Is die slag nie net ‘n klomp propaganda leuens nie? Solidariteit Radio beloof onthullings in die program. Die program kan ook na die tyd op www.solidariteitradio.co.za geluister word.
Gepubliseer .
Die Kaap is Hollands en oom Koos gaan daar gelem word. Dit is nadat Die Wilgers Hospitaal, in Pretoria, geen Afrikaanse vorm vir hom kon verskaf sodat hy, vir ‘n heupvervanging, daar opgeneem kon word nie. Hy het die vorm self laat vertaal en hulle het geweier om dit te ontvang. By verre die meeste Afrikaners woon in Pretoria en in die ‘opvangsgebied’ van Die Wilgers bly hope Afrikaners.
‘n Beeld spotprent som die situasie op.
Lees verder ‘Oom Koos word in Afrikaans gelem, maar in die Kaap’
Gepubliseer .
Oom Koos van der Merwe het geweier om by die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria opgeneem te word vir ‘n heupvervangingsoperasie omdat die hospitaal se opname vorms net in Engels beskikbaar is. Volgens oom Koos het hulle gesê hulle kan hom net opneem as hy ‘n Engelse vorm onderteken. Dit is glo ‘n besluit van Life se hoofkantoor. Lees Beeld en Rapport. Radio Rosestad vertel die storie.
Sluit aan by Faceboekgroep: Oom Koos en Engelse vorms by die Life-hospitaal
Lees verder ‘Oom Koos en Engelse vorms – gaan sê jou sê vir Life’
Gepubliseer .
Wat gaan aan in Solidariteit? Jy vra nog! Solidariteit gaan nou elke Woensdag om 21:30 op Radio Pretoria die program In Solidariteit aanbied. Dirk Hermann en Jaco Kleynhans sal die aanbieders wees in hierdie program.
In Solidariteit – die program vir saamstaan, hoop, veg en glo. ‘n Program waar ons kwessies kaalvuis pak en waar ons trotse Afrikaners oproep tot aksie.
Lees verder ‘In Solidariteit, program vir saamstaan, hoop, veg en glo nou op Radio Pretoria’
Gepubliseer .
Letterlik honderde der honderde mense het oor die Kerstyd opgestaan en hul sê oor FNB gesê. Binne enkele ure het honderde klagtes FNB getref. Die Facebook-groep het oor die 500 lede in die stilste tyd van die jaar gekry, en ons dienssentrum is oorval met e-posse. Die reaksie was oorweldigend en het ons verwagtinge oortref.
Mense het gesê: “Ons gaan dit nie vat dat daar teen ons op grond van ons ras gediskrimineer word nie en as julle nie luister nie, straf ons julle deur ons rekeninge te sluit.”
Gaan lees gerus weer die reaksie van mense. Dit was ongelooflik.
Wat ons hier beleef het, is die krag van gemeenskapsaktivisme. Dit is ʼn nuwe soort politiek waarvan die volle krag nog nie ontdek is nie. Nuwe tegnologie maak hierdie soort aktivisme net meer effektief. In die veldtog teen FNB het ons die webbladsy, blogs, Facebook, Twitter en e-posse ingespan.
Die resultaat: sukses!
Lees verder ‘FNB – die krag van opstaan’