Bladsy 1 van 7123...Laaste »

Outeur Argief vir Dirk Hermann

Die Kampus: Monumentaal!

 

Op Monumentkoppie, sowat 3 km van Solidariteit se hoofkantoor af, staan die Voortrekkermonument – ’n indrukwekkende gebou wat die verlede herdenk. Op friese word die Groot Trek uitgebeeld; op ’n muur van herinnering die name van diegene wat in diens van die Weermag gesneuwel het. ’n Multimediasentrum vertel die verhaal van die Afrikaner se geskiedenis oor die afgelope eeu. Die terrein se gewyde atmosfeer word beklemtoon deur beelde, skilderye, gedigte en historiese items.

Lees verder ‘Die Kampus: Monumentaal!’

Tree aan!

Bot oor die oorlog. Dit is hoe ek ʼn goeie vriend van my wat op die Grens was, kan beskryf. Hy praat nie daaroor nie. Daar is ʼn klomp emosies wat nou al meer as 20 jaar binne hom opbou. Dit is soos ʼn kookpot, maar hy hou die deksel nog dig sodat die pot nie oorkook nie.

Lees verder ‘Tree aan!’

Tree Aan nou in die staatsteater

Die nuwe Afrikaanse musiekblyspel Tree Aan! wys tans in die staatsteater. Dit gaan oor die Grensoorlog en is uitstekend. Solidariteit-lede kry 15% afslag!

Besoek www.treeaan.co.za en gebruik die kodewoord ‘soltree’ vir jou afslag.

Tree Aan! – Dit was die dae toe ons troepies was

Hoekom ʼn musiekblyspel oor die Grensoorlog?

Deon Opperman antwoord:

Twee jaar gelede het ek die Boereoorlog-musiekblyspel Ons vir jou in die Staatsteater aangebied. Ek is deur baie mense aangeval omdat ek ʼn musiekblyspel oor daardie oorlog juis op “hierdie tyd” (soos hulle dit gestel het) aangebied het, en daardie kritiek deur mense wat nog nie eers die stuk gesien het nie! My posisie was soos volg: Hierdie is my volk se geskiedenis en as ons nie die reg het om ons verlede te onthou nie, hoe sal ons weet wie ons nou is en hoe sal ons ons toekoms kan droom? Die uiteinde van die saak was dat 45 000 mense Ons vir jou gaan sien het.

Lees verder ‘Tree Aan! – Dit was die dae toe ons troepies was’

Helen, pasop vir die rek wat kan breek

ʼn Rek kan maar net sover strek voor dit breek.

 Ek hou met groot belangstelling die politieke partye se veldtogte vir die komende plaaslike verkiesings dop. Wat my die meeste interesseer is die veldtog van Helen Zille en die DA. ʼn Fyn en goedgeoliede veldtog. Die DA het twee vaste magbasisse, die bruin en die wit stem. Hul verkiesingsrek is daaraan vasgemaak.

  Lees verder ‘Helen, pasop vir die rek wat kan breek’

Vakbondleiers van alle rasse vra dat omstrede wysigingswet teruggetrek word

 

Bruin, Indiër, wit en swart vakbondleiers het vandag met ʼn verenigde stem versoek dat die voorgestelde wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming teruggetrek word. Die vakbonde het ook voorgestel dat die bewoording aangepas word sodat werkgewers volgens hul oordeel kan besluit of hulle die nasionale, provinsiale of streeksdemografie gaan gebruik.

Terugvoer op 702/Cape Talk en SAfm. Kyk eNuus.

Lees ook: Manyi geniet dit om te plunder.

Lees verder ‘Vakbondleiers van alle rasse vra dat omstrede wysigingswet teruggetrek word’

Bladsy 1 van 7123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube