Gepubliseer .
Een gelukkige persoon wat voor Vrydag, 29 Januarie Solidariteit op Twitter begin volg sal ‘n luukse koffietafelboek oor die lewe van Generaal Koos de la Rey ontvang. Die wenner sal in volgende week se Soldeer bekend gemaak word.
Kliek hier om Solidariteit op Twitter te volg.
Klik hier om in te teken op Soldeer, die beste elektroniese nuusbrief in die land.
Gepubliseer .
Vrydag hoor ek ene mnr Jan Venter en sy vrou is aangeval op hulle plaas naby Middelburg op die Stofberg-pad. Mnr Venter is doodgeskiet. En sedertdien lees ek elke dag van nog gruwelmoorde, alles op wittes, en dis net die gevalle waarvan ons in die media lees. Weer vanoggend in Beeld: Lees die artikel.
Wat staan ons te doen?
Gepubliseer .
My reaksie op Pieter du Toit se rubriek in Beeld vanoggend. Om sy rubriek te lees, klik hier.
Ag liewe Pieter, gaan bly jy dan gerieflik in ‘n area tussen 100 000′e van ‘n ander ras as jy en ons kyk hoe goed jy doen.
Jy is reg, die peiling wys defnitief dat ons Afrikaners gatvol is, nie noodwendig net vir ander rasse in ons land nie, maar oor die feit dat die ander rasse wat regeer ‘n totale gemors maak daarvan! ‘n Pragtige land in sy rommel in regeer! Ry jy net bietjie Vrystaat toe, of Natal toe, nee, moenie die tolpad vat nie, ry met jou oulike massa se regering se paaie en moenie kla nie, jou belastinggeld word vir partytjies en sekuriteit gebruik, nie om die paaie waarop jy as landsburger moet ry, te onderhou nie, ook nie om jou as landsburger te beskerm nie.
Jy maak ‘n fout, Beeld-lesers hunker nie terug na die ou dae nie, hulle hunker na ordentlike dienste waarvoor hulle betaal, ‘n veilige omgewing om in te woon, en na alles anders wat ons korrupte regering hulle nie bied nie! Jy moet tog nie dink jou kamstige positiewe mening gaan jou beskerm as twee of drie van ‘n ander ras jou martel, opkap met ‘n byl of aanval met ‘n panga nie (in die laaste week het ek al van twee sulke aanvalle gehoor, seker daar is elke dag 100′e)! Sterkte Pieter, bly jy en jou navolgers dan maar lekker tussen die massa hoor! Jy wil weet hoekom die Afrikaner nie eerder deel wil wees van die soeke na ‘n oplossing nie, hoe lank wil jy nog soek vir ‘n oplossing? Suid-Afrika se rasse, rassehaat en geskiedenis is so kompleks dat die oplossing nooit bereik sal word nie, dieselfde probleme gaan altyd opduik.
Jy reken: ons moet ons saam met ‘die honger, arm en vertrapte massa skaar wat deur die ANC misbruik word”?
Lees verder ‘Skaam kry ek nou vir Pieter du Toit’
Gepubliseer .
Wit personeel van FNB wat uitgesluit is van ʼn FirstRand swart ekonomiese bemagtigingstrust sal voortaan, deur ʼn alternatiewe beursskema, tot dieselfde voordele toegang hê as wat die swart bemagtigingstrust aan swart werknemers bied.
Die uitvoerende hoof van FNB, Michael Jordaan, en die adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, het ná samesprekings aangekondig dat daar ʼn skikking tussen die partye bereik is. ʼn Dispuut tussen Solidariteit en FNB het ontstaan nadat die bank in hulle nuusbrief Treetalk alle personeel uitgenooi het om aansoek te doen vir ʼn beurs, maar ook gesê het dat slegs swart personeel kwalifiseer.
Lees verder. Klik hier.
Ooreenkoms tussen Solidariteit en FNB
Solidariteit en FNB kom op die volgende punte ooreen:
1. ʼn Dispuut het ontstaan tussen Solidariteit en FNB oor die FirstRand Trust se beursskema.
Lees verder ‘FNB en Solidariteit skik oor beurse vir slegs swart personeel’
Gepubliseer .
Maak seker jy volg Solidariteit op Facebook en twitter. So bly jy op hoogte van sake waarmee Solidariteit besig is.
Om ons te volg op twitter.com, klik hier.
Om betrokke te raak by ons Facebook aksies, klik hier.