Bladsy 8 van 11« Eerste...78910...Laaste »

Outeur Argief vir Daleen de JagerBladsy 8 van 11

Dit is Kersfees, mnr Zuma, ek soek nou antwoorde!

Dit kan mos nie meer geïgnoreer word nie! Wat gaan aan in Suid-Afrika? Wat gaan aan met die res van die wêreld dat hulle hulself blind hou vir wat hier gebeur?

‘n Boer van die Louis Trichardt omgewing is Maandagaand met ‘n panga doodgekap voor sy vrou en 13-jarige dogter! Ons arme arme boere. Ek sit hier met ‘n pyn in my hart en trane in my oë dat ons eie mense so uitgemoor word! Lees die berig wat vandag in Beeld verskyn het: klik hier

Ek verneem van Marie Helm van TLU SA Noord, dat die polisie se reaksie op die aanval traag was. Dit het byna twee ure gevat voordat die polisie geaktiveer was om iets te kon doen. Dit terwyl die arme mense deur soveel trauma moes gaan. En soos met die meeste plaasaanvalle was dit die boere wat saamgetrek het om ‘n mede boer te gaan bystaan en die skuldiges te probeer vastrek.

TLU SA se Adjunk-president en sy vrou is ook Maandagaand in hulle huis op hul plaas naby Cullinan aangeval. Gelukkig was Louis Meintjies paraat en kon hy die drie aanvallers inwag, hy het terug geskiet toe hulle op hom begin skiet het. Die probleem is dat baie mense onkant gevang word deur die aanvallers en dan niks vir hulself kan doen nie.

Mnr Zuma, is ek volgende, wat gaan jy as president van hierdie land doen om my te beskerm? Dit is elke Suid-Afrikaner se reg om beskerm te word deur sy regering, net jammer ons word elke uur blootgestel, in plaas daarvan dat ons beskerm word! Dit terwyl daar poste in die polisie oop is, omdat regstellende aksie seëvier!

Dit is Kersfees en ‘n gesin moet hierdie tyd met soveel hartseer en vrees beleef.

Daarom is my gebed nou, mnr Zuma, aan my God, die Enigste Lewende God, dat Hy sy kinders in hierdie land sal beskerm. Dat Hy, die Almagtige, sy kinders in hierdie land sal bemagtig en seën, en dat Hy reg en geregtigheid in hierdie bose, korrupte land en regering sal laat geskied. Amen.

Volg Solidariteit op twitter

Solidariteit tweet nou ook op twitter! Volg ons op twitter, klik hier en dan op ‘follow’.

Skokkende statistiek

Lees die berig wat in vandag se Beeld verskyn het: 

SA jonges sit op tydbom – Beeld

Die hele berig is hier ingevoeg, maar as jy die berig in Beeld self wil lees: klik hier

Alet Rademeyer

Suid-Afrika sit op ’n “maatskaplike tydbom” met sy meer as 3 miljoen mense tussen 18 en 24 jaar oud wat nie werk het of enige onderrig of opleiding kry nie.

Luidens ’n verslag, Responding to the educational needs of post-school youth, wat onlangs verskyn het, is dit nie net ’n onderwysprobleem nie, maar deel “van ’n maatskaplike en ekonomiese ramp”.

“Dit dui nie net op ’n massiewe vermorsing van talent nie, maar ook op die moontlikheid van ernstige ontwrigting.”

In 2007 was 2,8 miljoen van die sowat 6,7 miljoen jongmense tussen 18 en 24 jaar sonder werk of opleiding.

Lees verder ‘Skokkende statistiek’

16 Desember 1838, ‘n Gelofte!

Die slag van Bloedrivier – 16 Desember 1838.

Die gedenkplaat in die middel van die wa-laer op Bloedrivier met die gelofte wat die Voortrekkers onder leiding van Sarel Cilliers afgelê het.

Die gedenkplaat in die middel van die wa-laer op Bloedrivier met die gelofte wat die Voortrekkers onder leiding van Sarel Cilliers afgelê het. (van nuwegeskiedenis.co.za)

Vier jy as Afrikaner vandag Geloftefees of Versoeningsdag?

Kom Afrikaners, trek saam om ons voorvaders se gelofte aan God te herdenk:

“Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n sabbat sal deurbring, en dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee.”

Bloedrivier gedenkterrein

Bloedrivier gedenkterrein. (van geocaching.com)

Werkskepping nie van staatsdiens

Kom nou af op JP Landman se rubriek van 3 Desember in Die Burger: Lees hier

“Elke mens is geregtig op sy eie mening, maar nie op sy eie feite nie!”

“Tussen 1995 en 2008-’09 het die getal staatsamptenare in diens van die nasionale departemente, die nege provinsies en verskeie statutêre liggame afgeneem met omtrent 10% of net meer as 125 000 mense.

Die getalle het gegaan van 1 275 644 tot 1 149 916.

As ’n mens net terugdink aan die blankes wat die staatsdiens verlaat het en die rasionalisasie wat ons rondom tien tuisland-administrasies gehad het, klink die syfers glad nie so vergesog nie.

Een van die tien tuislande, KwaZulu, het na bewering meer amptenare in sy landboudepartement gehad as die ou Republiek Suid-Afrika in sý landboudepartement.

Dit het lekker gegaan.

Daar gaan die intense opinie dat die staatsdiens “verdubbel” of selfs net gegroei het.

Oor die periode waarin die nasionale en provinsiale regerings se indiensneming met 125 000 gedaal het, is 4,3 miljoen werkgeleenthede in Suid-Afrika geskep.

Dit is 44% meer werkgeleenthede, terwyl die nasionale en provinsiale regerings met 10% gekrimp het.

Daar gaan die opinie dat werkskepping in die land van die openbare sektor gekom het.

En daar gaan boonop die gevolgtrekking dat werkskepping sal ly omdat die staat nie meer soveel ekstra mense in diens kan neem nie.

Die eenvoudige waarheid is dat die privaat sektor oorweldigend die skepper van werkgeleenthede is. “

Om te glo is ‘n totale toewyding, nie ‘n halwe een nie

Hoe bepaal jy wat belangrik is? Waar lê jou toewyding?

Ek sidder as ek dink aan die verskonings van mense om hulself te regverdig, eerder as om God se Woord te gehoorsaam. Vir my is dit soos om God te verloën.

Hoe kan jy sê saambly is eintlik nie so erg nie en ons kerke moet daarby aanpas? Hoe kan jy rondslaap voor die huwelik, sê jy’s ‘n Christen, maar jy ontreinig jouself? Hoe durf jy sê die huwelik is nie ‘n instelling van God nie? Hoe kan jy toelaat dat jou kind in ‘n skool is waar hy ander gode gelyk moet stel aan die Drie Enige God waarin jy sê jy glo? Hoe kan jou optrede lynreg teen God se Woord wees?

Glo jy werklik? Want ek is jammer vir jou, maar as jy sê jy glo in God, moet dit met hart en siel en gees wees. As jy jouself beskikbaar stel as kind van God, moet dit totale toewyding wees, in elke aspek van jou lewe.

Jy durf nie sê jy glo, en dan maak jy verskonings vir goed soos drankmisbruik, seks voor die huwelik, saambly en ander sondes nie!

Om te glo in die Drie Enige God, is om geheel en al jou lewe aan hom te wy, elke aspek van jou lewe moet getuig dat Hy die begin en die einde van jou lewe is.
Lees verder ‘Om te glo is ‘n totale toewyding, nie ‘n halwe een nie’

Bladsy 8 van 11« Eerste...78910...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube