Bladsy 3 van 11« Eerste...23410...Laaste »

Outeur Argief vir Daleen de JagerBladsy 3 van 11

‘n Dag in Pretoria Dieretuin

 

Die de Jager’s van die plaas het die afgelope naweek in die stad kom kuier. Ons het Sondagoggend besluit om te gaan kyk hoe dit by die Pretoria Dieretuin lyk.
Lees verder ‘‘n Dag in Pretoria Dieretuin’

Vriend, vriendskap, vriendin – ‘n geskenk

Een van die wonderlikste dinge op aarde is vriendskap. En soms aanvaar ons dit te maklik as vanselfsprekend.

Dan vra ek myself: “Wat is vriendskap?” Die H.A.T definieer vriend as “Persoon met wie iemand vertroulik en intiem omgaan; persoon verbonde aan ʼn ander met bande van liefde, geneentheid en vertroue; iemand wat in tye van moeilikeheid ʼn helpende hand uitsteek.” En dit omsluit seker die totale bedoeling van wat ʼn vriendskap moet wees.

Lees verder ‘Vriend, vriendskap, vriendin – ‘n geskenk’

Bekend en sosiaal, of nie…

As mens eers die moeite doen om te begin soek, sal jy verbaas wees hoeveel van Suid-Afrika se kunstenaars, politici en ander bekendes op die internet teenwoordig is. Wêreldwyd gebruik bekendes reeds ʼn geruime tyd die internet en sosiale media baie suksesvol om hulself te bemark.

Talle bekendes het natuurlik reeds hulle eie webtuistes geskep. Met die koms van die sosiale media het hulle ook op die wa gespring en begin deelneem aan die gekuier op die web.

Groepe, profiele en bladsye op Facebook wat Helen Zille verteenwoordig het meer as 130 000 ondersteuners. Pres. Zuma het ook verskeie Facebook-bladsye en profiele met sowat 17 000 ondersteuners, terwyl prins Mangosuthu Buthelezi ongeveer 1 300 ondersteuners op Facebook het.
Lees verder ‘Bekend en sosiaal, of nie…’

Parow en Juanita, wie is kommin, dalk ʼn paar aanhangers?

Ek lees die berig in Sondag se Rapport oor Juanita en Jack Parow. Natuurlik steun ek Juanita, op grond van haar waardes en beginselvastheid.

Maar die kommentare wat op hierdie berig gelewer is, is wat my bekommerd maak.

Dit is vir my skokkend dat Afrikaners, almal uit dieselfde volk, so teen dit wat goed en reg is kan uitspraak lewer.
Lees verder ‘Parow en Juanita, wie is kommin, dalk ʼn paar aanhangers?’

Kyk waar jy ry!

My hart is sommer vanoggend seer toe ek al die berigte in die koerante lees van die afgelope naweek se motorongelukke!

Dit is so onnodig, gesinne word vernietig omdat ander bestuurders onverantwoordelik bestuur. Die een berig vertel van ʼn bakkie (met 4 insittendes!) wat op ʼn hoofweg ʼn u-draai maak!
Lees verder ‘Kyk waar jy ry!’

Marius Weyers, vernaam, maar skaam…

Met meer toekennings agter sy naam as rolle waarin hy al gespeel het, is Marius Weyers beslis een van Suid-Afrika se top akteurs. Hy het ʼn manier om ʼn rol te vertolk en met sy gehoor te praat. En ja, vandag kan jy hoor wat het gemaak dat Marius Weyers so suksesvol is, waar sy waardes lê en hy deel ook spesiaal met Solidariteit Radio luisteraars, iets wat die algemene publiek nie van hom weet nie.

Klik hier om na my onderhoud met Marius te luister.
Lees verder ‘Marius Weyers, vernaam, maar skaam…’

Bladsy 3 van 11« Eerste...23410...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube