Bladsy 2 van 1112310...Laaste »

Outeur Argief vir Daleen de JagerBladsy 2 van 11

Japan

Met die afgelope week se trauma en vrees wat in Japan heers nadat ‘n aardbewing en tsoenami Vrydag die noord en ooskus van die land getref het, het ek besluit om ietsie oor Japan te skryf.

Japan is geleë in Oos Asië en lê tussen die Stille Oseaan en die See van Japan. As jy nie geweet het nie, Japan beteken die land van die opkomende son.
Lees verder ‘Japan’

Regering misbruik wat hul het

Toe ek vanoggend Ben Freeth se artikel in Beeld lees, laat dit my wonder of daar dan glad nie straf of oplossing vir sulke misdrywe en agteruitgang soos in Zimbabwe is nie? Maar ek raak ook bekommerd as ek luister na die trant van Suid-Afrika se regering en nuwe grondonteieningwette.
My pa is ʼn boer, gaan hy dieselfde paadjie as Ben Freeth loop?
Lees verder ‘Regering misbruik wat hul het’

Wonder…

Terug by die werk in die nuwe jaar sit ek vandag en wonder wat die jaar alles gaan inhou? Hoe sal ons tog nou weet, ons het mos ‘n Groter Hand wat ons pad in 2011 reeds vir ons uitgelê het.
Lees verder ‘Wonder…’

Die arme kinders van vandag

As ek nog een artikel lees waar dwase grootmense kinders mishandel, misbruik en seermaak gaan ek naar word. Wat gaan aan met hierdie mense? Kinders is die toekoms van ons land. Kinders is ons vreugde. Dis kinders wat ons nog reguit laat dink met hulle onskuldigheid.
Lees verder ‘Die arme kinders van vandag’

Kwaad!!!

Ek sit vanoggend met ‘n vreeslike kwaad in my! ‘n Rilling van magteloosheid, van woede, vreeslike emosies. Wat moet ons doen, hoe moet ons dit doen, hoe gaan ons keer dat nog so ‘n duiwelsaanval plaasvind? Ek het beslis nie die antwoorde nie, maar my hart huil oor die pragtige gesin wat so wreed, so brutaal vermoor is. En hulle is nie die enigstes nie, daar is elke dag gesinne wat uitmekaar geskeur word deur wrede moorde op plase en op ons mense regoor die land.

Lees die berig in Beeld vandag.

Hier is die vermeende moordenaars, wrede plaasaanvallers:

(Foto: Jana van der Merwe, Beeld)

Pasop… jou tweet kan gevolge hê.

Jy sou reken dat jou profiel op Twitter of Facebook jou persoonlike saak is en dat jy maar jou gevoelens daar aan jou vriende kan bekendmaak. Wees egter baie versigtig wat jy kommunikeer op jou sosiale media profiele, dit kan gevolge hê wat jy dalk nie sou verwag nie.

Daar is die afgelope tyd reeds ʼn paar dissiplinêre sake waar werknemers negatiewe kommentaar op Facebook oor hulle werkgewers kwytgeraak het, omdat hulle dink die gebruik van sosiale media is hulle persoonlike saak.
Lees verder ‘Pasop… jou tweet kan gevolge hê.’

Bladsy 2 van 1112310...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube