Bladsy 1 van 8123...Laaste »

Outeur Argief vir Daleen de Jager

Marius Weyers, vernaam, maar skaam…

Met meer toekennings agter sy naam as rolle waarin hy al gespeel het, is Marius Weyers beslis een van Suid-Afrika se top akteurs. Hy het ʼn manier om ʼn rol te vertolk en met sy gehoor te praat. En ja, vandag kan jy hoor wat het gemaak dat Marius Weyers so suksesvol is, waar sy waardes lê en hy deel ook spesiaal met Solidariteit Radio luisteraars, iets wat die algemene publiek nie van hom weet nie.

Klik hier om na my onderhoud met Marius te luister.
Lees verder ‘Marius Weyers, vernaam, maar skaam…’

ʼn “Priceless” in elke situasie… of nie.

Na ʼn heerlike gelag en malligheid gisteraand saam met familie, sit ek op my Facebook-profiel die volgende: “Het ʼn paar “priceless” oomblikke beleef vanaand.”

Die kommentaar daarop: Lees verder ‘ʼn “Priceless” in elke situasie… of nie.’

Switserland – berge, mere, kaasfondue en sjokolade

Hierdie week in Feite en Gebruike het ek in Switserland, die land van mere, berge, kaasfondue en sjokolade ʼn draai gaan maak.

Switserland is ʼn klein staat in sentraal Europa en is tradisioneel baie neutraal wat politiek betref, maar hierdie land is ook die tuiste van baie internasionale organisasies.
Lees verder ‘Switserland – berge, mere, kaasfondue en sjokolade’

Feite en gebruike kuier in die Maledive

1193 eilande, net suid van Indië, noord van die Seychelle eilande, met Somalië en Sri-Lanka aan weerskante, so lê hulle soos ʼn pêrelhalssnoer, met wit sand en ʼn nimmereindigende blou see. Feite en gebruike is vandag in hierdie paradys van die Maledive eilande. Hulle sê as jy die eerste, selfs die tweede keer die eilande besoek, is jy in totale verwondering, beleef jy iets wat jy nog nooit ervaar het nie. Luister na die insetsel, klik hier.
Lees verder ‘Feite en gebruike kuier in die Maledive’

Westdene busramp, 25 jaar later

Dit is vanjaar 25 jaar na die Westdene busramp waarin 42 kinders dood is. ‘n Ooggetuie van die ramp, Melinda van Rensburg vertel in ‘n aangrypende onderhoud eerskomende Donderdag, 22 Julie, 12:00 op www.solidariteitradio.co.za hoe sy haar maatjie, Belinda, verloor het. Die program is nie vir sensitiewe persone nie en luisteraars word vooraf gewaarsku dat dit baie hartseer gaan wees. Hier is ‘n kort uittreksel van die onderhoud.

Golf van Meksiko gered van olie

Ek was so bly toe ek vanoggend lees die olielekkasie in die Golf van Meksiko is gestop.
Lees die beriggie hier.

Buiten die miljarde rande wat dit gekos het om die olielek onder beheer te hou, dink ek net aan die miljarde seediertjies, plantlewe en lewende organismes wat daaronder gelei het.

Bladsy 1 van 8123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube