Solidariteit Blog » Cilleste van der Walt

Katjie van die baan op die pad
ŉ Mens se gemoed kan in ŉ oogwink verander, vat nou maar byvoorbeeld, jy ry rustig in jou kar, die musiek blêr en jy sing heerlik saam. Eweskielik is daar ŉ imbesiel wat verby jou jaag en reg voor jou indruk sonder om jou genoeg spasie te los sodat jy veilig kan rem vir die stopstraat wat daarvoor wag. Net daar is jou oggend omgekrap en skreeu jy vloekwoorde wat nie by jou geaardheid pas nie, omdat jy kan sien hoe die persoon wat verby jou gejaag het jou net so geskel het in die veiligheid van sy eie motor.

Hoe vinnig spring ons nie deesdae op ons perdjies oor mense wat kammakastig nie kan bestuur nie. Ek dink dit het baie te doen met die hoë pas en stresvolle omgewings waarin ons woon en werk deesdae. Alles is ŉ gejaag en as die ou voor jou nie kan aanvoel jy ry aspris op sy agterstewe sodat hy moet padgee nie verloor jy jou humeur.

In ŉ onlangste M-studie is daar beweer dat padwoede nie regtig voorgekom het voor 1999 nie. Nou wat het intussen gebeur? Hoekom is padwoede deesdae al so erg dat taxi-bestuurders uit hulle taxi’s klim en mense fisies aanrand of hoekom talle ander padgebruikers hulle koppeverloor en sommer sal begin skiet op iemand wat volgens hulle nie “reg” bestuur nie? Ek weet nie…

In Suid-Afrika is daar geen daadwerklike oplossing beraam of eers oorweeg vir hierdie groot probleem op ons paaie nie. Daarbenewens is min navorsing tot dusver gedoen oor die voorkoms van padwoede. Hopelik is die toename in media-fokus op padwoede genoeg om te wys hoe groot hierdie probleem werklik uitkring.

Riglyne om aggressie te voorkom is nie genoeg nie.

Toets een, twee, drie
Spelling is iets wat baie mense te ligtelik opneem en ek het hierdie week ŉ berig gelees wat bewys dat hierdie traak my nie-houding met spelling self deurgesyfer het tot in die departement van onderwys.

Niemand is perfek as dit kom by spelling nie, foutjies glips soms deur, ons is almal net mens, maar as jy ŉ vraestel vir ŉ hele provinsie opstel doen ŉ mens mos ekstra moeite om seker te maak dat die spelling vir ŉ Engels-eerstetaalvraestel korrek is, of praat ek nou los en vas?

Dit is ŉ absolute skande, hoe moet ons kinders ŉ kwaliteit opvoeding ontvang as die departement van onderwys foute maak op die vraestelle? Daarbenewens is die jeug deel van ons toekoms, kwaliteit opleiding is dus ononderhandelbaar vir ŉ beter toekoms.

Lees gerus die berig.

We kennot spell properlie in this test

Buks Viljoen

Honderd spel- en ander foute in ’n Engelse taaltoets en die meegaande antwoordstel.

Dít is die situasie wat gr. 7-leerlinge van die Nkangala-distrik (Middelburg/eMalahleni) onlangs moes hanteer toe hulle ’n taak vir Engels (eerste taal) moes voltooi.

Die opdrag is glo deur taalspe­sialiste van Mpumalanga se onderwysdepartement opgestel.

Sommer op die dekblad van die opdrag is daar ’n berekeningsfout waar aangedui word die vraestel tel 70 punte pleks van 75.

In die inleiding is die eerste spelfoute, twee van hulle in een woord. Die eerste sin lui: “Read all the intrutions carefully.” Die tweede: “Answere on the answer sheet provide.”

Die eerste afdeling van die taak is ’n begripstoets oor bye. Een vraag handel oor die doen en late van iemand wat nie in die begripstoets genoem word nie.

In die memorandum word antwoorde vir vraag 6 gegee, maar daar is nie ’n vraag 6 nie.

“Dis ’n skande dat sulke swak vraestelle die lig sien,” het James Masango, DA-onderwyswoordvoerder in Mpumalanga, gesê. “Dit lyk asof die opsteller ongeletterd is.”

Hoofde van model C-skole in Mpumalanga het gesê hulle weier om die opdragte wat die departement opstel, te gebruik.

Volgens Jasper Zwane, onderwyswoordvoerder, is dit “onrusbarend” dat so ’n vraestel uitgereik is en is ’n ondersoek gelas.

ŉ Direkte lyn
Ek het verlede naweek myself ŉ papie gelag vir een van my vriendinne wat sukkel met die Engelsman se taal, soos ek ook maar soms doen om eerlik te wees. Die braaigeselsies het op een of ander manier uitgedraai op jou ergste voet-in-die-mond oomblik.

Voor my vriendin die storie begin vertel, herinner sy ons net aan die feit dat sy vreeslik sukkel met Engels.

“Ons maak beurte by die werk om te open met gebed op ŉ Maandag en die gevreesde dag het toe so ook vir my aangebreek. Ek moet bid, in Engels. Ek begin toe maar met die algemene dinge wat ek weet hoe om te sê… thank you God for the new week, thank you for our health… en so gaan ek aan met die gebed. Ek was so dankbaar dat ek die gebed kon afsluit dat ek heeltemal vergeet het wat amen in Engels is… en sê toe maar uit desperaatheid, GOODBYE GOD”.

So lekker soos wat ek vir haar gelag het, so lekker het dit my laat dink aan wat gebed eintlik is. Dit is ons direkte lyn met God, dit is veronderstel om ŉ tweerigtinggesprek met God te wees soos ŉ telefoonoproep.

Jy sê nie net dankie vir alles wat God jou gee nie, jy bespreek jou lewe met God en

vra hom vrae en soveel meer. Sy het eintlik die regte woorde gebruik om die gebed met ons almagtige God af te sluit.

Onmenslik
Meeste mense sal ŉ baba as ŉ klein wonderwerkie beskryf. Ouers koester gewoonlik hulle kinders en kan nie uitgepraat raak oor alles wat hulle kindertjies vermag nie, van die eerste tree of ŉ goue medalje vir die 60m, al is hulle nou maar eers in graad1.

Dit gaan my verstand te bowe dat ŉ ma, volgens beriggewing, kan toekyk hoe haar man haar kind so ernstig mishandel dat die kind aan sy besering beswyk. Wat egter ŉ bitter smaak in my mond los is die feit dat die man en vrou onderskeidelik 13 jaar en 10 jaar tronkstraf gekry het. Dit is volgens my nie ŉ groot genoeg straf vir al die lyding waardeur die baba moes gaan nie.

Hoe is ŉ mens so onmenslik teenoor jou eie kind?

Baba, Wade se beserings:

- 22 ribfrakture;

- gebreekte voorarms;

- ’n geswolle brein wat veroorsaak het dat die nate in sy skedel deur die brein oopgedruk is;

- ’n kneusing aan die linkerlong, wat dui op ’n ernstige hou op die borskas;

- vingermerke en kneusplekke op sy gesig, bors en nek; en

- merke onder sy voete.

Regter Cynthia Pretorius het gesê die beskuldigdes kon nie enige verduideliking gee hoe die baba dié beserings opgedoen het nie.

Hier volg ŉ Beeld artikel oor die saak se uitspraak.

Baba: Ma sit 10 j.

ŉ Vrou wat toegelaat het dat haar kêrel hul twee maande oue baba doodmartel, is gister saam met hom tronk toe gestuur.

Marissa Rudman (36) het ná vonnisoplegging met haar hande in boeie na haar voormalige geliefde, Nolan Schoeman (32), gedraai en hom verskree.

Regter Cynthia Pretorius het albei vroeër in die hooggeregshof in Pretoria aan moord op hul baba, Wade, skuldig bevind.

Wade is op 7 April 2009 in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria dood. Hy is van 26 Maart tot 4 April 2009 aangerand.

Pretorius het Rudman tot tien jaar tronkstraf gevonnis en Schoeman het 13 jaar tronkstraf gekry. Twee jaar moet daarvan afgetrek word omdat Schoeman, wat voorheen ’n persoonlike fiksheidsafrigter was, reeds twee en ’n half jaar agter tralies was as verhoorafwagtende.

Rudman, wat intussen in Kaapstad gewoon het, was tot gister op borgtog.

Pretorius het gesê ’n onskuldige baba is gemartel en doodgemaak deur mense wat hom moes koester.

“Daar was niemand om te getuig oor sy gehuil en lyding nie, behalwe die dokters. Die erns van die misdaad moet meer gewig dra as die beskuldigdes se belange.”

Dat hulle geen werk, geld en vervoer gehad het by Wade se geboorte nie en dwelms gebruik het, word in ag geneem.

Schoeman het getuig hy was die laaste twee weke van Wade se lewe selfs méér onder die invloed van dwelms. Hy het toegegee dat hy verantwoordelik kon gewees het vir die baba se beserings.

Pretorius het gesê daar moet tussen die beskuldigdes se vonnisse onderskei word omdat Rudman toegelaat het dat Schoeman die baba in so ’n mate aanrand dat hy aan “verskriklike beserings” dood is.

Sy het gesê sy verstaan nie Rudman se gevoelens van berou nie omdat sy volhou sy het nie die baba se beserings gesien nie. Ná die baba se dood het Rudman se optrede op geen berou gedui nie. Sy het nog twee jaar saam met die persoon gewoon wat sy as haar baba se moordenaar beskou het.

Rudman, wat ’n BCom-graad het, het Schoeman by ’n kroeg ontmoet en hom dieselfde aand genooi om by haar in te trek.

Pretorius het Rudman se aansoek om te appelleer teen haar vonnis later gistermiddag van die hand gewys.

Sy het ook die staat se aansoek om te appelleer vir ’n swaarder straf teen Rudman se vonnis van die hand gewys.

Vandag is Nasionale Melktertdag!
Wie sou kon raai dat vandag, 27 Februarie, Nasionale Melktertdag is? Ek was vanoggend aangenaam verras om uit te vind dat daar ŉ hele dag spesiaal vir melktert is. Dit beteken die dieet kan wag want daar is ŉ baie goeie rede waarom ek melktert MOET eet vandag.

Ek smul nou juis aan nog ŉ ou stukkie melktert en wonder waar het melktert deel geword van ons kultuur? En hoekom ons nie nog meer dae soos hierdie informele Nasionale Melktertdag hou nie? Die moontlikhede is oneindig, ŉ dag vir sjokolade, ŉ dag vir inkopies, ŉ dag vir kaas en wyn of selfs ŉ dag wat jy vir jou kollega middagete moet koop.

Melktert het blykbaar sterk Duitse trekke en is heel moontlik verwerk deur Afrikaners tot die nagereg soos ons hom ken. Facebook is aan’t gons oor Melktertdag en dit is duidelik dat melkterte selfs geheime familieresepte kan wees, met ŉ wonderbestanddeel wat ŉ groot verskil kan maak in die smaak. Gaan loer gerus op http://www.facebook.com/#!/solidariteit na mense se kommentare oor hulle gunsteling melktert.

Hoe gemaak op ŉ dag soos vandag
Motivering is ŉ eienaardigeding. Jy kan dit nie ruik, aanraak of proe nie maar jy weet as jou motivering weg is. Veral op ŉ oggend soos vanoggend, wat die gebied oortrek is met wolke en ŉ reënbuitjie sak elke nou en dan uit.

Hoe op deesaarde gaan jy lus wees vir werk, die afspraak met jou vriende of ouers of daardie inkopielys wat gedoen moet word. Met motivering is die spreekwoord, jy kan die perd tot by die water bring maar jy kan hom nie maak drink nie, ideaal. Slegs jy kan jou self motiveer, daar is baie hulpmiddele en raad maar die taak bly steeds joune om gemotiveerd te wees.

Hier is ŉ paar wenke om die spreekwoordelike “ongemotiveerde perd tot by die water te bring”.

Maak die beste van jou omstandighede.

Wees dankbaar vir die goeie dinge in jou lewe.

Laat ander se prestasies jou inspireer.

Skakel die negatiewe dinge in jou lewe uit.

Waardeer die wonderwerke rondom jou.

Erken jou prestasies.

Aanvaar verantwoordelikheid vir jou gedagtes.

Saai geluk rondom jou.

Bou aan jou selfbeeld.

Moenie dat omstandighede jou pootjie nie.

Leer uit jou slegte ervarings.

Aanvaar verantwoordelikheid vir jou gevoelens.

Wees doelgerig.

Lag meer.

Fokus op die voordele wat jou doelwitte inhou.

Begrawe die strydbyl.

Leer positiewe gewoontes aan.

Moenie jaloers wees op ander nie.

Deel jou suksesgeheim met ander.

Wees trots op jou oorwinnings.

Dink gereeld oor wat jy geleer het.

Om(gee)
Gister het soos ŉ normale dag verloop, werk, oefen en dan huis toe om kos te maak vir die honger magies by die huis. Bars by die huisdeur in met baie meer items as wat enige mens veronderstel is om te dra omdat ek te lui is om twee keer van die kar af na die huis te loop (dis ver en ek het geoefen).

Op die kalender teen die yskas sien ek toe raak, terwyl ek die kos uithaal vir aandete, “Katte se tweede inspuiting”, ek spring gretig in die kar om die veearts oop te vang vir die twee klein katjies se inspuiting. Daar aangekom met die twee woelwaters net om uit te vind dat ek ŉ hele week te vroeg is vir die “regte” datum, maar besluit om elk geval gou te loer of hulle al meer weeg as voorheen.

Die veearts het Axel, die mannetjies kat, een kyk gegee en gesê daar is iets nie lekker nie en daar kos die konsultasie en die medikasie my op eenslag meer as wat ek vir die kat betaal het en ek moes nie in die eerste plek eers daar gewees het nie.

Ek was vir ŉ oomblik omgekrap en toe besef ek wat ŉ mens alles bereid is om te gee (of betaal in hierdie geval) vir dit wat/wie jy lief het. Liefde het geen perke of prys nie. Dit is so maklik om hard te word in ons rotresies-lewe dat dit nodig is om soms terug te staan en te kyk of jy nog bereid is om te gee sonder om iets terug te verwag. Met gee bedoel ek selfs jou tyd aan iemand of iets af te staan, want tyd is deesdae meer kosbaar as geld.

“Here, gee ons ‘n hart vir die onbeholpe swakkes wat nie hulle weg in ons wêreld kan vind nie. Gee ons die moed om op te kom vir diegene wat nie vir hulleself kan praat nie.”

Ek is skoon van my taal af… (baie verbaas)
Daar was onlangs weer ŉ herrie in die media oor onderrig in jou moedertaal wat my oog gevang het. Moedertaalonderrig word vreeslik sterk aangemoedig, maar drukgroepe soos die Higher Education Transformation Network (HETN) kap terug teen instellings of organisasies wat dit op hulle self neem om hierdie droom wel te verwesenlik. Hoe is dit dan nou? Verstaan hulle nie dat daar moedertale anders as hulle sŉ is nie, of is hulle net eenvoudig eensydig?

As jy ŉ droom of idee soos moedertaalonderrig in Suid-Afrika ŉ werklikheid wil maak, gaan iemand die inisiatief moet neem om dit in plek te stel en as dit suksesvol is behoort dit motivering/aanmoediging te wees vir ander Suid-Afrikaners om dieselfde te doen vir hulle moedertaal.

Die HETN beweer dat swart mense uitgesluit word deur seker instansies waar Afrikaans die onderrigtaal is. As alle onderriginstellings Engels was sou dit uitsluiting gewees het, ’n instelling wat Afrikaans as onderrigtaal gebruik maak dit juis moontlik vir ’n sekere sektor van die Suid-Afrikaanse samelewing om onderrig in hul taal te kry. Waarom dan ŉ instelling kap oor die onderrigtaal eerder as om te kyk hoe dit gedoen kan word vir alle moedertale?

Dr. Le Cordeur , verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch en voorsitter van die ATR, skryf kulturele diversiteit het met die eeuwisseling as ’n sleutelbegrip na vore getree. ’n Unesco-verslag beklemtoon die belangrike rol van taal om gestalte aan kulturele diversiteit te gee.

In dié opsig is dit belangrik om daarop te let dat taal nie net ’n middel tot kommunikasie is nie; dit verteenwoordig ’n rykdom aan kulturele goedere en is ’n draer van identiteit, waardes en wêreldmenings.

Sedert Suid-Afrika in 1994 ’n demokrasie geword het, is ’n veeltaligheidstaalbeleid aanvaar wat erkenning gee aan 11 amptelike tale: Engels, Afrikaans, Xhosa, Zoeloe, Ndebele, Swazi, Tswana, Sotho, Pedi, Venda en Tsonga.

Hierdie taalbeleid het beoog om die status van Suid-Afrika se inheemse tale te verhoog teen die agtergrond van die diskriminerende taalbeleide van die verlede. Gevolglik stel artikel 6 [2] van ons Grondwet dit dat: “Gesien die historiese inkorting van die gebruik en status van die inheemse tale van ons mense, moet die staat praktiese en daadwerklike maatreëls tref om die status van dié tale te verhoog en hul gebruik te bevorder.”

Die Grondwet stel dit ook duidelik dat alle tale geregtig is op gelyke behandeling: “Alle amptelike tale (moet) gelykheid van aansien geniet en billik behandel word.”

Ons tale moet as bates bestuur word en die nodige taalinfrastruktuur moet uitgebou word.

Van uitstel kom afstel
Die woorde ‘van uitstel kom afstel’ is iets wat meeste male gebeur wanneer jy jou pligte los vir later. Almal het al daardie dae ervaar wat jy net mooi niks lus het om die take te doen wat vir jou wag nie. My onlangse ervaring  van uitstel het gebeur terwyl ek eintlik baie produktief moes begin pak sodat ek kan trek aan die einde van die maand.

Daar is net soveel ure wat ŉ mens by die huis het na ŉ dag se werk en nou moet ek nog pak, “ag toemaar”, dink ek by myself “ek sal moreaand nie so moeg wees nie dan pak ek ekstra baie goed”. As ek myself dan weer kry, raak ek aan die slaap op die bank.

Uitstel plaas nie net meer druk op jouself nie, jy frustreer tien-teen-een die mense rondom jou ook. Die mense om my is seker al moeg gehoor hoe ek REGTIG vanaand moet klaar pak, en dan stel ek dit weereens uit.

Uitstel kan vir verskeie redes gebeur, die vrees van mislukking of miskien die  amperse onvermoë om op dreef te kom totdat die sperdatum in jou nek blaas.  Een van die meer komplekse oorsake is ’n onderliggende sielkundige patroon: As jy jou eie doelwit onbewustelik saboteer omdat jy eintlik wil bly waar jy is (vanweë die sekondêre wins wat dit vir jou inhou). Ander redes kan bloot wees dat jy moeilik prioriteite bepaal, jy het te veel hooi op jou vurk en pleks daarvan dat jy afskaal en fokus op die belangrike, stel jy uit.’n Negatiewe denkpatroon kan jou ook van koers gooi.

In die Sarie tydskrif het hulle die volgende wenke vir uitstellers voorgestel:

* Vra: Wat is die eerste ding wat ek moet doen? Fokus net daarop. Die volgende stap sal duidelik word. Selfs al doen jy iets kleins, dit sal momentum kry. Dus: Maak daardie oproep, of kry hulp, of sit net en wees eerlik oor wat jy wil hê.

* Moenie alles op een slag probeer doen nie, want ’n week later is jy straks weer terug by die begin.

* Bepaal wat jy op jou eie kan vermag, en wat nie. Vra ’n vertroueling se hulp om jou te monitor; iemand aan wie jy rekenskap moet gee van jou vordering.

* Maak dit vir jouself makliker. Kyk wat is die struikelblokke. In watter omstandighede stel jy altyd uit? Watter verskonings maak jy? En watter oplossings is daar?

* Stel vir jouself doelwitte, maar moenie dit verwar met take nie. Mense het oneindige lyste met take wat hulle soms só oorweldig dat hulle voel hulle kom nêrens nie. Die doelwit moet jou motiveer as jy nie lus het vir die taak nie. Stel vir jouself ook klein doelwitte tussenin.

* Stel vir jouself ’n redelike sperdatum.

* Beloon jouself as jy die kleiner doelwitte langs die pad bereik.

* As jy nie die resultaat bereik waarvoor jy gemik het nie, beteken dit nie jy het misluk nie. Jy hoef ook nie oor te begin nie. Beoordeel jou vordering, gee jouself erkenning vir wat jy wel gedoen het en neem dit dan verder.

* Die projek wat jy die langste uitstel, is dikwels die een wat jou die meeste dreineer – en gewoonlik die een wat die grootste verskil sal maak as dit klaar is. Moenie jouself bluf deur heeltyd besig te bly met onbenullige takies wat nie veel beteken nie – kom uit by daardie belangrike taak.

* Gee jouself minder om te doen, en jy het ’n beter kans om dit klaar te maak. Jy gaan goed voel oor jouself omdat jy tot die einde volhard het.

Cruy-cruy uit
Ons almal het geweet die dag wat Riaan Cruywagen aftree sal aanbreek, maar dit het wrintiewaar gelyk of sy loopbaan die afgelope paar jaar baie spoed begin optel het en dat daardie dag nog ver in die toekoms is.

Die nuwe generasie jongmense, net soos wat tannie Miems steeds getrou op haar wiegstoel voor die televisie sit en wag vir die nuus om sewe om die aantreklike Riaan te sien, dink ook nou hy is cool.

Loer na ŉ paar van Riaan Cruywagen se videos wat hom gewild gemaak het onder die jonges van vandag:

Be awesome instead with Riaan Cruywagen. Klik hier.

The 33rd Annual Loerie Awards TV ad Promo. Klik hier.

ŉ Terugblik op Riaan se loopbaan. Klik hier.

Benewens die die feit dat Riaan ŉ treffer onder jonk en oud is, was hy ŉ aanwins vir Afrikaans en Afrikaanse-uitsendings van die nuus. Hy het, vandat ek kan onthou, die mooiste Afrikaanse uitspraak gehad en as hy ŉ naam in ŉ ander taal, hetsy Duits, Zoeloe of Russies, moes lees het hy steeds die uitspraak perfek gedoen.

Volgens Beeld was hy verlede week die gewildste onderwerp op Twitter in Suid-Afrika en later die week het omtrent 700 mense op die Facebook-groep “Riaan Cruywagen se laaste uitsending” aangedui hulle sal na sy swanesang kyk.

Cruywagen se laaste aand as nuusleser is Maandag 26 November. Cruywagen het dié datum gekies omdat dit op dié dag presies 37 jaar sal wees nadat hy by die SAUK begin werk het.

Hy het steeds die teks van daardie eerste uitsending en gaan ook sy laaste uitsending se teks hou.