Bladsy 1 van 7123...Laaste »

Outeur Argief vir Cilleste van der Walt

Eietydse legende

Dit is vreemd hoe legendes van ons era nie meer onthou word deur geskiedenisstories soos Racheltjie de Beer of Wolraad Woltemade se verhale nie. Ons is so gekondisioneer om te jaag na die nuutste groot gebeurtenis dat ons geleidelik vergeet van gister se legendes.

Lees verder ‘Eietydse legende’

Misdaad dryf onskuldiges tot oortredings

Dit is verbasend om te sien watter ernstige stappe mense sal neem om hulself te beveilig omdat die beskerming wat die SAPD bied duidelik nie die gemoedsrus kan gee wat nodig is nie.

Ek self is iemand wat daarvan hou om te weet ek is veilig, maar ʼn storie wat vandag in die Beeld verskyn het, het dit so duidelik soos daglig gemaak dat sommige mense glad nie meer veilig voel op kleinhoewes, plase en self ʼn huis in die stad nie.

Lees verder ‘Misdaad dryf onskuldiges tot oortredings’

E-skyfies ʼn moet, maar nie regtig nie?!

Wat wil die Suid-Afrikaanse Nasionale
Padagentskap (Sanral) nou eintlik hê? Dit is die vraag wat op so baie van ons
se lippe sit. Daar is ʼn oor-en-weer gestryery in die media oor of e-skyfies nou
wettig verplig gaan word of nie.

Lees verder ‘E-skyfies ʼn moet, maar nie regtig nie?!’

Naamveranderinge weer in die kollig

Die naamveranderinge in Pretoria het weer
vlam gevat die afgelope paar weke, die nuutste is dat Pretoria se naam nie
verander gaan word nie maar dat daar 27 straatname gaan waai.

Dit is nie die uitkoms waarvoor so baie mense geveg het nie.

Lees verder ‘Naamveranderinge weer in die kollig’

Toet teen tol, veldtog op sosiale media

Die Solidariteit Beweging doen ʼn
beroep op alle Suid-Afrikaners wat nié aan Cosatu se protesoptog kan deelneem
nie, om van vandag tot eerskomende Vrydag op drie maniere teen die beplande
e-tolstelsel beswaar aan te teken.

As jy, soos ek, nie mal is oor
die idee van ʼn fisiese protesoptog nie kan jy steeds jou stem laat hoor deur
Solidariteit se beplande e-tolstelsel beswaar hierdie week.

Lees verder ‘Toet teen tol, veldtog op sosiale media’

‘n Optog met ‘n verskil

 

Kyk Video

Dit is fantasties hoe tegnologie ʼn mens instaatstel om optogte met ʼn splinternuwe hoek aan te pak. En as jy my vra, sal hierdie tipe optogte (of soos ek dit noem, ʼn e-optog) baie meer impak hê en ook baie meer mense raak.

Ek praat spesifiek oor AfriForum se ope brief, wat in die vorm van ʼn video is, wat aan die staatspresident gerig is en op dié organisasie se webblad gepubliseer is om die publiek aan te moedig om solidariteit te betoon oor die eensydige oorvertelling van ons geskiedenis. Ek dink dis ʼn blink idee om ʼn ope brief, in die ware sin daarvan, met alle mense te deel deur ʼn e-optog.

Lees verder ‘‘n Optog met ‘n verskil’

Bladsy 1 van 7123...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube