Hier is ‘n uittreksel van ‘n gesprek wat ek opgeneem het op Solidariteit Radio toe ek met ‘n Absa werknemer gesels het om te hoor hoe hulle eerlikwaar oor Absa se inmenging voel:
Lees verder ‘Absa werknemer op band gevang’
Outeur Argief vir Charl OberholzerBladsy 3 van 23
‘n Blou gedaante spring skielik uit Aladdin se lampie en sê hy kan drie wense maak. Hy wens vir ‘n mooi vrou, ‘n toskaanse villa en om elke dag iets besonders te kan beleef. Die gedaante tol drie keer in die rondte en gee toe vir Aladdin ‘n sak vol geld. Geld is mos nie alles nie, maar as jy nie geld het nie dan het jy nogsteeds niks nie. Die gedaante het gereken die geld gee hom die geleentheid om sy drome te uit te leef.
Lees verder ‘‘n Sak geld maak alles reg’
Ek is gefrustreer, soos baie ander ook seker, dat Absa so uitgesproke is teen die gebruik van meriete in sport. Maar hoekom voel ons hierdie vuur van viesheid aan ons binnekant brand? Ek het gaan dink hoekom die hele Absa debakel my so laat sug van teleurstelling, laat stil raak van frustrasie en laat gloei van irritasie.
1) Absa se bestaan is te danke aan Afrikaners.
2) Absa respekteer nie my as deel van ‘n minderheidsgroep nie.
3) Absa ondersteun geforseerde kwotas in plaas van die bemagtiging van rugby in beide swart en blanke gebiede.
4) Absa meng in met sport, net soos die regerende party se amptenare.
5) Absa ondermyn die gebruik van meriete as kriteria vir sportspanne.
6) Absa soek sy brood aan albei kante gebotter en verwag dat blanke Suid-Afrikaners aanhou toegewings maak.
Gelukkig en geseend is die wat besef hoe afhanklik hulle van God is. Hoe dikwels hoor ons nie hierdie woorde nie en hoe selde neem ons dit ter harte. Hoe maklik plaas ons al ons hoop in die mens en soek ons geluk in plekke waar God nie is nie. Die mens is maar ‘n unieke verksynsel, want selfs met die wete dat ‘n groter Heerser als beheer sal ons steeds ons vertroue in mense plaas sodra ons lewens of omgewing in chaos gedompel word. Ons sal na al ons vriende toe hardloop en self woed om ontslae te raak van die probleem, en sodra ons dit nie regkry nie dan draai ons in verstommende verwagting ons aangesig na God. Maar as ons dan regtig glo, hoekom hardloop ons nooit eerste na Hom toe nie? Nie net is dit van toepassing in ons eie lewe nie, maar ook in die brieer samelewing waar ons ook in ons land met al sy probleme in swaardgevegte betrokke raak.
Lees verder ‘Van afhanklikheid tot skynheiligheid’
My ervaring van die lewe is dat dit ‘n wispelturige wipmandjie is wat wonder bo wonder bo alle waarskynlikheid met ons wipplank speel sonder dat ons ooit werklik afval. Getooi met mooi besittings en skynheiligheid. Die lewe is soos ‘n ongetroude vrou wat deur ‘n middeljarekrisis gaan, altyd oppad erens heen maar selde met ‘n bestemming ingedagte. Of die lewe is soos ‘n stoute kleuter, onvoorspelbaar en hopeloos te besig.
Elkeen sien die lewe deur sy eie skeefgetrekte 3D-brille. Party sien dit as +-80 jaar se slawerny, ander sien dit as ‘n wedloop waar iemand altyd laaste kom en vir sommiges is dit ‘n kronologiese klomp gelukkies. Maar soos Prediker die lewe so goed opsom, alles kom tot niks. Alles is ‘n gejaag na wind.
Lees verder ‘My ervaring van die lewe’
Elkeen ken hartseer. Elkeen ken die weergalm van huil, ‘n kind wat uit keelvolheid skree of die lang entjie pad wat mens moet stap oppad kerk toe vir ‘n familielid se begrafnis. Herinneringe trap spore in mens se lewe, die geskiedenis laat mens altyd glimlag en mens waardeer nie die nou totdat jy daarna kan terugdink nie. Elkeen het ‘n hartseer ballade, elkeen kan ‘n outobiografie saamstel wat sy hartseer ten toon stel. ‘n Uitstalling van die hartskuddende herinneringe wat jou lewe vorm gegee het, dalk ‘n skewe vorm, maar steeds ‘n vorm.
Lees verder ‘Die ballade van ‘n hartseer man’
