Elke mens kry net een wens, een kans om die wa deur die drif te trek, een leeftyd om nie net geskiedenis te maak nie maar ‘n toekoms ook, een venster van geleentheid om meer van jouself te verwag as wat ander mense ooit sou. As ek so in die verkeer vassit dan dink darem verskriklik baie oor die lewe en al sy betekenisse. En soos mens jouself so sit en opwen oor als wat jy nog die week moet afhandel sak jou kop sommer sonder dat jy dit agterkom. Dit is altyd beter om te besig te wees as om verveeld te wees. Met die warboel waarin ons lewe besef ons bittermin hoe bevoorreg ons is. Ek weet hierdie swanesang is al holrug gery en jy ontvang heel moontlik daagliks sulke soortgelyke opbouende e-posse oor hoe dankbaar jy nou eintlik moet wees. Maar dit dring bittermin deur na ons toe. My ma het altyd gesê ek moet my kos eet want daar is kinders wat honger gaan slaap, ek het altyd by myself gedink, of ek die kos gaan eet of nie, hulle gaan elkgeval honger slaap vanaand.
Lees verder ‘Iemand anders is altyd slegter af as jy’
Outeur Argief vir Charl OberholzerBladsy 2 van 23
Ek is ‘n uitgesproke voorstander van die onderstelling dat jou gedagtes jou rigting en jou kwaliteit van lewe bepaal. Jan Alleman verskil seker, want dit is nie so eenvoudig nie. Maar enkeles waag dit werklik om die formule van vernuwende denke te probeer. Daar is talle wyshede in die Bybel opgesluit en daar is oneindig baie voorbeelde waar God die mens vra om geloof te hê, om te glo in iets wat jy nie sien nie en om te glo dat als wat jy nie kan doen nie, God vir jou sal doen. Met hierdie agtergrond en basiese vertrekpunt wil ek twee dele uit die Bybel aanhaal waarvan ons nie meer langer van kan wegskrum nie.
Lees verder ‘Wees versigtig wat jy dink’
Hoe sou die hart van ‘n Afrikaner dan lyk? As die liggaam bestaan uit voete met gekraakte haakskene en sy hande uit gerimpelde plooie met littekens van eeue oue geskiedenis. As sy rug al gebuk is deur onderdrukking en sy lippe gebars is van die son. Hoe sou die hart dan lyk as hy met elke polsslag nuwe bloed deur die are van ‘n verweerde liggaam moes pomp? … Hy sou oranje en groen wees… Lees verder ‘Hoe sou die hart van ‘n Afrikaner lyk?’
“Reality is not reality, it is only the perception of reality that is reality. It is not the experience that matters, but the label you put on that experience.”
Die mag en invloed om jou eie realiteit te skep is sekerlik een van die magtigste wapens van die 21ste eeu. Die konsep behels die vaardigheid om nie noodwendig die natuurlike realiteit te aanvaar wat jou gedagtes jou voer nie. Maar eerder die kuns te bemeester om jou eie ervaring, wat jy natuurlik verkies, daaraan te koppel. Niemand het eiendomsreg op realiteite nie, niemand het dit gepantenteer nie en nie eers dit behoort aan die regering nie. Dit is ons eie, en dit is ons eie verantwoordelikheid om ons eie realiteit op ‘n positiewe manier te laat manifesteer.
Lees verder ‘Skep eie realiteite’
Woorde verloor naderhand hulle betekenis omdat dit meer as dikwels gebruik word in so oormate dat niemand meer naderhand weet wat is wat nie. Ek het besluit om my eie woordspeletjie te begin en onverwags die bastions van daardie woorde te bel om te hoor wat dit beteken.
Ek het die ANC gebel en die dame gevra wat beteken “transformasie”, dit het haar uit die bloute getref dat sy nie weet nie en stilletjies in die agtergrond kon mens hoor hoe sy haar kollegas vra. Naderhand is haar kollega toe op die foon en hy sê vir my transformasie beteken “to change something”. Ek het sy verduideliking aanvaar nadat hy gesê het dit beteken ook “revolution” en hy het my aangeraai om ‘n woordeboek aan te skaf.
Lees verder ‘Woordspeletjies met die ANC,HNP, Cosatu en YCL’
Ai die kinders darem, meeste van die tyd in die gejaag opsoek na iets om te wys vir al die tyd wat reeds gemors is. Die Afrikaner jeug is vir jou ‘n interessante verskynsel, hy swerf soms identiteitloos deur die lewe totdat hy gekonfronteer word met die vloekwoord genaamd “kultuur”. My ervaring op Tukkies, die Studenteraad, die studenteparlement en sommer met elke enkelopende student wat sy eie werklikhede wil skep, is dat daar ‘n strewe ontstaan om aan iets te behoort waarby jy tuis voel. Nie noodwendig net ‘n sosiale netwerk van kennisse nie maar iets meer, amper soos ‘n trop springbokke wat met instink saamstap vir dieselfde rede.
Lees verder ‘My ervaring van die jeug’
